Woorde

Naamgewing

As ek nou ‘n dure les geleer het is dit nou!

  1. Moenie jou ou blogs sluit /tydelik/permanent  of om welke rede nie.
  2. Moenie passwords vergeet nie. WordPress onthou daar was iemand met sulke passwords. Dan skommel daardie blokkie sy kop vir jou knaend..en jy vorder niks verder as jou naam se intik …
  3. Moenie dink jy kan skielik jou naam gebruik of jou ou gebruikte epos adres gebruik nie..WANT
  4. WordPress vertel vir jou knaend ‘sorry’ jy mag nie- jy kan nie – hulle gaan nie dit toelaat nie..
  5. Hoe verduidelik jy nou aan ‘n klomp siele jy kan glad nie dink daar kan nog iemand wees met die naam en van, wat skielik besluit het om maar weer ‘n poging aan te wend!
  6. Ek moes toe maar weer ‘n naam uitdink.
  7. Net om agter te kom ek moet my woordeboek nadersleep – kompleet soos ‘n babynames boek – en ‘n webnaam en ‘n blognaam en kiekies soek vir avatars .
  8. Het gedink hierdie klomp Engelse met die min Afrikaanssprekende bloggers.. gebruik seker nie so baie Afrikaanse woorde nie..
  9. TOE is die keuse so wyd soos die Heer se genade… en soms vertel hulle sorry dit bestaan reeds of sorry dit kan nie gebruik word nie..sou graag wou weet hoekom nie..

Nietemin hiermede wend ek ‘n poging aan en ek begin amptelik, en behoede my as ek nou weer die blog sluit.. sal maar dat my gesin dit sluit na my heengaan .

14 comments on “Naamgewing

  1. Toortsie
    April 28, 2014

    Welkom!!!! :) welkom welkom welkom!

    Like

    • woordarmoede
      April 28, 2014

      Dankie tog… jy’s hier, siende dat jy nou weet ek is nou nie eintlik blog boffin nie- net uitwisser- waar lees ek al die mense se blogs? Kan nie onthou daardie skakel van die voorblad ?

      Like

      • Toortsie
        April 28, 2014

        Moenie worrie nie, ek het ook een nag in ‘n oomblik van waansin my blog uitgewis. Nou het ek blogmaats, en daar is net een reël: NIEMAND mag die blog uitwis nie, want dan wis jy ook die ander s’n uit.
        As jy in jou instrumentpaneel of beheerpaneel kyk, onderaan, is daar die nuutste inskrywings, ook top blogs en top skrywes.

        Like

      • Toortsie
        April 28, 2014
  2. newsferret
    April 28, 2014

    Ja, so ‘n gesluitery bring net problems soos min.

    Like

  3. Korrelkop Kahuna
    April 28, 2014

    Uit bloggers se reaksies oor die jare wil dit vir my voorkom asof Woordpes tegnies gesproke nogal een van die moeiliker platvorms is om baas te raak, hoewel ek dit nog nooit so ervaar het nie, seker omdat ek hier begin het voor ek selfs ‘n Facebook rekening gehad het. Desnieteenstaande dink ek steeds dit is van heel beste platforms beskikbaar en sal ek bogpraat weer op WP kom pleeg as daar ‘n volgende keer is.

    Liked by 1 person

    • woordarmoede
      April 28, 2014

      Ek praat sekerlik namens ander ook.. hoop die ‘volgende keer’ breek gou aan.

      Like

  4. melouisef
    April 28, 2014

    😁

    Like

  5. scrapydo
    April 29, 2014

    BAIE WELKOM! Ek is so bly as daar n “nuwe” ou blogger opdaag. Hoop dat jy gelukkig hier gaan wees. Dit vat maar tyd om weer te begin en op te bou

    Like

  6. coetzee2014
    April 28, 2016

    Baie bly jy is weer hier!

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 28, 2016

      Nou nie eintlik soos in volle swang nie..ek raak voor op die wa, nooi tot siele uit om te kuier en te lees , ek herlees ook , soms verbaas hoe gou vergeet ‘n mens van gebeure.

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on April 28, 2014 by in Nuut ..splinternuut.

Blog Stats

  • 36 520 hits