Woorde

My straat

Hierdie huis  met die groen dak -( die dak se  kleur het eintlik  niks met die algemene geestesgesondheid van die inwoners te doene nie)  – is geleë op ‘n hoek.

As jy nou so onder die  boom se blare deurloer sien jy ‘n flertsie van die een straat.

herfsboom tuin

Die straat het nie eintlik vreeslik besienswaardighede nie..buiten die Rissiepit bewoners oorkant ons huis. Hul hou graag ‘n  groot braaidag as die Blou Bulle speel en die BlouBulvlag  word  dan gehys en wapper saggies  in die wind.                   Die wapperende vlag is nogal vir my mooi, al is ek in murg en been ‘n Cheetah ondersteuner.

Sulke dae kry die straat lewe. Daar word motors by die Rissiepitte geparkeer, die kattebakke word sommer oopgelaat  nadat die versterkings uitgelaai en aangedra is – en jy hoor op die wieke van die wind ” Country Rose take me Homeeee”    Afhangend van die spel se verloop , sal daar ‘n gejuig opgaan óf daar sal ‘n geskree hoorbaar wees. Dan hoor mens die Rissiepitte het heelwat te veel rissie op die tong ..die woorde brand hoër as die vuur buite of die lawaaiwater!

Neffens hulle is die murasie. Dit was eens ‘n dubbelverdiepinghuis, met inwoners wat gekom en gegaan het. Lank na die laaste inwoners gegaan het , het daar eendag ‘n veldbrand ontstaan en alles afgebrand dat die huis met mure en leë oë daar staan. Ruigtes tussen die Dennebome het verskyn  . Eendag verskyn daar toe van oral sulke mooie motors. Hulle parkeer . Klein  fyn bruidjies klim uit trek die mooie rokkies tot bo die  kniekoppe.   Versigtig versigtig klim bruide en  die optog oor die woesterny .  So het dit toe bekend geraak die Fotografiese mekka so neffens die Rissiepitte… en dit hier in ons straat.

11022013067

Onder hierdie boom deur is die ander straat.  Destyds toe ons hier kom nesskop het , was daar motorhekke. Menige dag het iemand by die een hek ingestap ‘n rympie afgerits van vrou in hospitaal en kinders sonder kos  en kan ek nou nie help nie, nadat hy nou geholpe uitstap ..loop hy om die hoek na ons volgende ingang . Dan voel die uwe so verontwaardig dat hy/sy my nou wraggies nie kan onthou van een hoek tot by volgende hoek nie..want hy rits dieselfde  rympie af van die vrou se siekte en die hongerkinders.

Hy is so meegevoer  met sy vertelling  ek laat hom maar begaan en wag dat hy ‘n fout maak in sy vertelling.                                                                                                Nee wat, moet hom darem toegee sy geheue is puik. Ek het hom darem daaraan herinner , van die huis met die twee ingange.. toe kry ek darem ‘n seën oor my uitgespreek. Wat ek in alle opregtheid waardeer.

 

Dit was nou die opdragblog  /bloguitdaging via …..Rondomtraliedraai.

 

Advertisements

6 comments on “My straat

  1. rondomtaliedraai
    April 29, 2014

    Klink darem al te veel na ‘n jollige(een of twee lé) straat daar by julle

    Like

    • woordarmoede
      April 29, 2014

      Man en dan bly daar nog Dominees ook aan onderpunt van dese straat. Die rissiepitte het van spyskaart verander .. hul gebruik nie meer so baie kruie nie..

      Like

  2. newsferret
    April 29, 2014

    Weereens puik op gedis.

    Like

    • woordarmoede
      April 29, 2014

      Dankie News, ek mis die wel en weë van die onstuimige Rissiepitte met die blou bakkie.. Vertel ons van jou straat, sien uit na die fotos.

      Like

  3. Toortsie
    Oktober 19, 2016

    Jy vertel so lekker.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on April 29, 2014 by in Bloguitdaging.

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: