Woorde

Die Gedig

Ek sal opstaan
Ek sal opstaan en na my vader gaan;
opstaan uit my vodde en my vuil;
opstaan en onder die volle maan
wat geel streep oor die vleiland, gaan en huil
aan sy breë skouer, en hóm saggies vra
om alles te vergeet, en te vergewe
die jongkrag van my hoon wat hy moes dra;
dat ek weer soos ‘n kindjie klein die lewe
vol sonskyn voel, die vreugde van my werk
in die wingerd waar pers die swaar korrels hang;
dat ek weer voel my hande jonk en sterk,
die voorjaarskoelte saggies teen my wang –
Voorwaar, onmiddellik na my vader sal
en moet ek gaan, en aan sy voete val.

Soms skiet daar woorde in jou gedagtes wat eintlik niks met die assosiasie van berig te doene het nie..

Hoekom ek aan hierdie gedig van WEG Louw gedink het met die berig van die vrou wat ‘n huis gekry het so op die voorstoep(by wyse van spreke) van Mnr. Zuma – weet ek nie. Perdalks die woorde ‘vodde en vuil’ . Sy wat sê sy’s gered uit ‘n modderhuis deur die EFF – soos berig terwyl haar dogtertjie in ‘n pienk rokkie speel met die kakebeen van ‘n skaap.

Advertisements

5 comments on “Die Gedig

  1. newsferret
    Mei 1, 2014

    Ja, wat sal ons sê.

    Like

  2. scrapydo
    Mei 1, 2014

    Ek ken nie die agtergrond van die huis-storie nie maar die pienk rokkie en skaapkop-kakebeen sien ek duidelik in my gedagte!

    Like

    • woordarmoede
      Mei 1, 2014

      Die vrou in die modderhuis is volgens my ‘n politieke asprisgeit vanaf Julius Malema se Eff party – die allervreeslikste kontras – pienk rokkie en skaapkakebeen – maar hulle het darem skaapvleis gehad wat deesdae ‘n luukse raak , en alles is benut tot die kakebeen as speelding.

      Like

      • scrapydo
        Mei 1, 2014

        Mmmm, klink maar tipies! Wonder of skap dalk maar langs die pad geslag is!(Sal seker maar wees)

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 1, 2014 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: