Woorde

Die vrou met die oorgrootkamerjas

Wat het my wakkergemaak ..drie uur in die môre?

Ek sit . Swaai my bene uit die bed. Dik Buks die brak   is huppelend bly. Ons sluip soos diewe in die nag ganglangs. Slof slof in  donker met pantoffels regs by links en links by regs. Voete skoon uit koers uit .

Skakel die alarmpiep af.

Skuifdeur oop, Buks bestorm die donker nag. Ek tel vir die bejaarde Lillykat op  druk haar by die deur uit..sy kerm en raas met my  –

Met die kombuis lig wat wreed lig maak oorweeg ek sommer daar en dan ‘n nagliggie vir die kombuis . Dié wat ek met kinders se kleinbabatyd by die muur ingeprop het  .

Leo loer deur die kombuisvenster  met bruinhonde oë wat vra ‘is dit al weer die seisoen?’ Hy geniet die vroegoggend happie slobberend.

Ek google. Ek gaan kuier op my Pinterest blad. Tik ‘sleepness’ by die soek blokkie in..kyk na menige slim gedagte oor slaaploosheid van grappies tot religieus(geestelik klink so effe onvanpas) .Loer by Facebook in. Beantwoord die vraag gedweë “What’s on your mind?’ so asof hul nou enigsins omgee wat ek  in die oggendure bedink .

Ek hoor die Koerantman. Wonder wat sal die man maak as ek uitstorm en hom innooi vir ‘n beker warm koffie- seker nooit weer koerant kom aflewer nie.

Ek dink en wonder oor die motor met die lig wat  sy baan verlig , hier by ons hoekhuis verby. Oppad waarheen ?

Wonder wat sal my kinders doen as ek hul bel.. met ‘n “Nee Ma is okei, ek wou maar net bietjie gesels!” nes die een ou Tannie(een van Kinta se pasiënte) wat lankgelede haar groot eensaamheid verlig het deur Saterdag laataand my te bel , te vertel van al haar wel en weë. Knaend. Nou het ek empatie met haar insomnia.

Die vrou staan stram op.

Sloffend met pantoffels  aan – die keer regs by regs en links by links.

Slof , slof , slof.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

6 comments on “Die vrou met die oorgrootkamerjas

  1. newsferret
    Mei 1, 2014

    Môre, en ag hoe bemoedigend ek is nie al een wat aan die uiters vroeg donker oggend sindroom ly nie :)

    Like

    • woordarmoede
      Mei 1, 2014

      Wintertyd is die nagte te lank vir ou skarniere .. en ou blase Ha Ha … en ‘n swangerkind loer darem ook in so via fbook.

      Like

  2. scrapydo
    Mei 1, 2014

    LeLekker storie hierdie!kker storie man!

    Liked by 1 person

  3. scrapydo
    Mei 1, 2014

    Oeps die rekenaar was bietjie deurmekaar. Dit moet wees:
    Lekker storie man

    Like

    • woordarmoede
      Mei 1, 2014

      Wanneer die winter begin.. begin die insomnia sy blyplek verskuif na die huis op die hoek..kompleet soos die pes wat in die donker wandel –

      Like

      • scrapydo
        Mei 1, 2014

        Ja, die lewe is maar gedurig besig om te “beweeg”

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 1, 2014 by in insomnia.

Blog Stats

  • 16,972 hits
%d bloggers like this: