Woorde

Vrydag die tweede

Met  publieke vakansiedae wat kom en gaan  moes ek darem net seker maak gister was nie Saterdag  en vandag is nie perdalks Sondag nie en  wel Vrydag. Vrydag die tweede Mei 2014.

Is dit net ek wat wonder oor Me Da-leier se kleredrag keuses? Sy’s nog viets gebou , soos oorle Ma sou sê, sy sukkel sekerlik nie in aantrekhokkies met klere wat om die heupe pas en bolangs span nie. Het sy een of ander aantrek ghoeroe wat vir haar raad gee – vandag as jy nou ‘jaloersbokkie’ sing moet jy dié uitrustingkie aantrek . Die A-lyn bostukkie. Ek onthou nog , dink dit was hoogmode so in die 1970 jare – maar alles wat was word is. My onkunde sal seker vertolk word ,  maar daardie aardbolletjies so neffens die DA letters! Of is dit iets anders?  Ag nou ja , ek moet haar dit toegee , sy kan skuifel en hop en heupswaai , wat ek lankal nie meer agter my strykplank op maat van …(en toe soek ek nou ‘n gepaste wysie), kan doen nie  – laat dit maar daar.

Weet jy waar staan geskryf : “Hulle sal van hul swaarde ploegskare smee en van hulle spiese snoeiskêre.'” Vanoggend gelees by Stephan Joubert se “Goeie Nuus” in Beeld. . Ek weet mens moet in geheel lees en nie net lukraak tekste aanwend nie, nietemin die wat sou wou  kan gerus Jesaja gaan lees.

My almanak se woorde vir hierdie dag .. ” When I hear someone sigh, ” Life is hard”, I am always tempted to ask, “Compared to what?” amper sug ek ..

So al lesend van Bybel tot Beeld en mooiwoordjie almanakke , eindig ek my Potjiekos met die Avatar wat ek gekies het. Kai Pannen se werk.

avatar kai pannen

Ek hou van haar . Die vrou in die avatar. Die woorde ophang aan wasgoeddraad. Dit wat skoon is kan hergebruik word. Daar kom mos tye van skaarste en armoede ..so bly dit is woorde wat sy ophang  – nou nie dat ek in my lewe my mond as  wasgoedpennetjie houer sou gebruik nie.

Woordryke naweek aan almal wat hou van lees, groetnis.

 

Advertisements

14 comments on “Vrydag die tweede

  1. rondomtaliedraai
    Mei 2, 2014

    Ek volg jou maar kry nie kennis van jou blog nie … Sug ek is so moeg gesukkel

    Like

    • woordarmoede
      Mei 2, 2014

      as jy inteken met epos? Of anders moet jy net follow druk en maar in jou reader lees. Ek sit dit op my Fbook -skakel , vir die wat wou lees wat daar lees- liewe ouers praat ek my nou weer in sinsnedes vas..

      Like

      • rondomtaliedraai
        Mei 3, 2014

        Ek follow jou maar kry geen eposse nie nou lees ek maar van FB af

        Like

      • woordarmoede
        Mei 3, 2014

        ek wonder of ander ook die probleem het wat as followers by my ingeteken het? Ai tog …

        Like

      • rondomtaliedraai
        Mei 3, 2014

        My sus is hier en Tryna en ander bloggers en ek kry altyd ‘n epossie maar joune is die enigste een wat ek mis

        Like

      • woordarmoede
        Mei 3, 2014

        Hoe moet ek nou voel..!! snik! ..is jou sus scrapydo? hoekom dink ek so..?

        Like

      • rondomtaliedraai
        Mei 4, 2014

        Jip hehehehe Ek kry altyd skaam oor die een ‘p’ maar daar is reeds ‘n ander Scrappydo … Met die blogs kuier ons lekker elke dag

        Like

      • woordarmoede
        Mei 4, 2014

        Al die mooi fotos.. wat jul deel is darem besonders..

        Like

      • rondomtaliedraai
        Mei 4, 2014

        Sy is baie meer handig as ek Ek is die jongste en die ander 2 kan brei en scap en kwilt en alles … ek het altyd my skouers opgetrek en gesê waarom sal ek dit doen as ek iemand het om dit vir my te doen.

        Ek het darem begin met die foto’s Sy kry maar swaar met die Rand wat so treurig is Haar eniste kins/seun woon daar en daarom het sy ook daarheen getrek

        Like

      • woordarmoede
        Mei 4, 2014

        Dit moet lekker wees om ‘n sus te hê . ekke so tussen drie broers, Ag ek neem aan sy maak vir jou ‘n kwilt – dit is darem wonderlik. Ek leer van regs en aweregs sedert ek vir Mia ‘n kepsie brei.. en dan gesels ek maar so met die een onder die ribbetjie..

        Like

      • rondomtaliedraai
        Mei 4, 2014

        Ek het al twee.

        Jong daai kleine dingetjie gaan darem erg bederf word.

        Like

  2. scrapydo
    Mei 2, 2014

    Lekker gelees! So bly om jou te gevind het, Kameel en Toorts skryf ook lekker lees stukke. Ek moet my Afrikaans aan die gang hou.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 2, 2014 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: