Woorde

Liewe Mia

Mia,

Ek wou eintlik al lankal vir jou ‘n briefie skryf.  Ek loop al dae met woorde rond wat ek vir jou wil vertel.

Hierdie een is net ‘n nota. Kort ou briefie om jou te vertel die ouma inwording is nog steeds besig om te regs en aweregs met sagte pienk wol . ‘n Mussie. Jy’s mos ‘n Winterbaba. Ek probeer die ribgedeelte darem op te vrolik met glinsterpienkwol. So feetjierig.

Nou ja Mia jou Ma het vir my die kiekie gestuur, ek hoop jy gaan ook so heerlike humorsin hê soos jou Ma. Sy kan nogal pittig wees al verduur sy deesdae vreeslik sooibrand.

Ons gesels weer .. Kyk net hoe skrik die Blou Cookiemonster vir jou Mamma se maag…

woudie preg fotocrop..en dit is jou BMW .. jou eerste kar, ongelukkig gaan jy maar moet verlief neem met taxi ry.

Liefde van

Ouma Dirkie (in wording)

Advertisements

12 comments on “Liewe Mia

  1. rondomtaliedraai
    Mei 4, 2014

    Ek kan nie wag nie!

    Like

    • woordarmoede
      Mei 4, 2014

      Ek rapporteer daagliks aan die meddempie ..weet jy jou Ma doen dit en dat en doerie- toe dink ek sal maar moet skryf , sy kan dit anderdag klank as sy skooltoe gaan.

      Like

      • rondomtaliedraai
        Mei 7, 2014

        Dis darem baie lekker om ‘n Ouma soos jy te hê… hoop jy verloor nie die plot langs die pad nie… *koes*

        Like

  2. newsferret
    Mei 4, 2014

    Jislaaik pittig – jy is die kroon van pittig!

    Like

    • woordarmoede
      Mei 4, 2014

      Ha ha … sy’t haar voorgeneem om vreeeslik vriendelik met haar kind te wees, sodat sy aanmekaar lag- sy(Kinta) was so ernstige baba- iets moes vrek snaaks wees om haar aan die lag te kon kry..het definitief verbeter sy lag baie ..ook maar as iets snaaks is!

      Like

  3. Toortsie
    Mei 5, 2014

    Ouma Dirkie. Die wonderlikste, lekkerste ding wat bestaan!
    Iemand vertel my: “As hy geweet het kleinkinders is so lekker, het hy hulle eerste gehad!” :)

    Like

  4. scrapydo
    Mei 5, 2014

    Ag dis te grys! Lekker om so geselsend te skryf aan die outjie in wording

    Like

    • woordarmoede
      Mei 5, 2014

      scrapydo .. ek het dit by my oorl Pa afgekyk..hy het altyd vir my broer weermag toe briewe gestuur so asof dit sy(boeta) hond is wat alles vertel wat op die plaas gebeur.

      Like

      • scrapydo
        Mei 5, 2014

        Ag maar dis te lekker. Ek het in begin van die jaar n eie blog begin vir Trompie. Ek hou nogal daarvan om te skryf gesien deur Trompie se oe. Gee vir my n heel ander manier om gebeure weer te gee.

        Like

  5. perdebytjie
    Mei 18, 2014

    Haai Dirkie,dis goeie nuus!Ek het ook hier aangeland.Kan nou saamlees en jou volg.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 18, 2014

      Ag ek dans ‘n riel oor al die bekendes.. jong ek het hier ‘n blog lank terug .. ek kan nie op die ding in nie want ek het my password verloor vergeet ..het nou al hoeveel keer probeer, nou volg ek my Dirk13 blog ..net om intussen te kyk hoe op dees aarde ek dit weer kan herstel of inlyf… oor die klein ou babetjie – ag ons is so bly en dankbaar saam met Kinta.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 4, 2014 by in Briewe,Uncategorized.

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: