Woorde

Anna gaan haar stem laat hoor..

Gister met die huistoegaan vra  en noem ek   ” Anna jy moet gaan stem nê..”

Anna stop in haar nommer 6 skoene  en verklaar plegtig – “dit gaan gedoen word”.    Rukkie terug toe hul vir meer as ‘n week sonder water en elektrisiteit moes oorleef was daardie nommer 6 voete vurig ..tot vir die uwe vertel die Hoofman oor honderd moet weet ..hulle gaan nie vir hom stem nie .. hul gaan glad nie stem nie , hul gaan toitoi..

Die ritme is herstel . Water is herstel. Elektrisiteit is weer aangeskakel maar toe sy eenmiddag by haar huis kom  het haar Hophuis se muur met die ‘crack’ heeltemal meegegee.

Groot ontsteltenis. Die TV (persent  van haar boetie Simon) moertoe. Die Roomdevider (van ander ouma wat sy persent gekry het) moertoe die glase uitgestal(wat sy bestel het oor die pos) moertoe..die hangkas ..die bed… alles wat aan daardie ‘crackmuur” se kant was moertoe.. Grootogig vertel sy dit was oraait maar haar Poenkie-kind in die huis!! Poenkie mag nie by bure  daardie dag gaan speel  het nie. Poenkie moes haarself toesluit. Poenkie mag heeldag TV kyk… en die ontsettende angs van Poenkie het sy die muurval oorleef?

Dankbaar om almal mee te deel – Poenkie was genadiglik ongehoorsaam. Sy het heelhuids by die bure gesit en TV kyk . Anna, vra toe vir my ” ..nou hoe moet ek nou maak ? Ek’s bly die kind is heel  maar sy’t nie ore gehad ook nie”

Ek het Anna verwys na die wyse Salomo..

Met die stemmery betrekking- Anna is vreeslik verontwaardig want haar Petruskind  gaan vir daai stouttjend stem wat geen respekte vir grootmense het nie..glo oor hy vir Petrus adinfinitum werk belowe..

Wel ek wou darem nie vir Anna haar geheim vra nie..met dié dat sy vir my vertel dat sy nog nie heeltemal kan besluit nie “ek moet nog my kop laat gaan” verklaar sy so terloops maar sy dink “dit sal ANC wees”.

 

Advertisements

3 comments on “Anna gaan haar stem laat hoor..

  1. Son
    Mei 6, 2014

    “dit sal ANC wees”. Dit sal jammer wees. Ai.

    Like

    • woordarmoede
      Mei 6, 2014

      Daar is in wese hul gevoel dat hul altyd moet dankbaar wees al is daar hoeveel minusse- ag en die uwe moet ook nog selwers ‘haar kop laat gaan”

      Like

  2. scrapydo
    Mei 7, 2014

    Ai, dis maar moeilik as jy lojaal moet bly en tog nie regtig kan nie. Ek sien daardie klein meneertjie het baie advertensie op nuus hier gekry! Wonder hoeveel hul betaal het daarvoor?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 6, 2014 by in Nuut ..splinternuut.

Blog Stats

  • 16,972 hits
%d bloggers like this: