Woorde

Drukgang

Gisteroggend oppad hek toe was  dit  opvallend  -die lug wat so skoon was. Hier benede in Vaaldriehoek is so iets uitsonderliks en  opvallend. Teenstellend met vanoggend waar die Pampoenhuis se skerpbuitelig blou vertoon deur rook wat laag stikkend en stinkend  hang.

…en die reuk van gekneusde Kakiebos,(gisteroggend)dit was vir my vreemd. Snaaks dat die reuk soveel herinnering kan meebring. Sorgelose dae al met die grondpaadjie mielieland toe,  met Pa se koffie .

Ons het soos diere in drukgang gestaan – geduldig ons beurt afgewag. Geen gemor soos in koswinkel rye.

Voor ons die jong mense met ‘n kleuter ..met twee name . As dit ‘n waarskuwingsroep is- een naam  en liefdevol – die ander een… Hy tel stokkies op en krap patroontjies in die grond.  Ons almal kyk na die kleutersketse . Koppe hang. Gesigte hang. Hy vrolik . Blink helder oë. TOE vervies ek my vir die Ma

“Kom hier na Mamma toe, kom die spinnekop gaan jou byt!”  en hy hardloop blitsig terug van sy vrolike sketse . Dalk moet ek bly wees die waarskuwing /bedreiging is moontlike spinnekoppe… nietemin hou ek nie van kinders wat bang gemaak word nie en dan staan hul nog openlik  en lieg vir die kind.. Gmf!  Speels-speels gebruik die peuter   die stokkie en piets-piets sy pa so boudlangs. Ons het ook daaroor gewonder , net soos ek lank terug gewonder het as klein kindertjies ‘n pop se boude vuurwarm pak gee.

As ek nou bangmaak stories moes gebruik – soms is politiek iets wat jou ‘n draaimaag gee. Al belowe hul jou die son en die maan en die sterre en dan hoop jy want die hoop beskaam nie.

lyn kirsten MillerWerk van Kirsten Miller.

 

 

Advertisements

3 comments on “Drukgang

  1. scrapydo
    Mei 8, 2014

    Bang-maak stories bly kinders altyd by. Ouers besef nie regtig watter skade dit doen nie. Hoe het die stemmery toe afgeloop?

    Like

    • woordarmoede
      Mei 8, 2014

      Rustig ..so uur gestaan en my duim lyk of ek dit in ‘n deur vasgeslaan het.. en toe gaan koffie drink en wraggies glad nie politiek gesels nie- kan jy nou meer!

      Like

      • scrapydo
        Mei 8, 2014

        Dis vreemd! Maar wat kan mens egter se van politiek as daar niks is om te se nie!

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 8, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: