Woorde

Liewe Mia

Mia,

Sondag is dit Moedersdag. Dit is nou die dag wat kinders nou vir hul ma ontbyt in die bed bring of vir haar ‘n sjokoladekoek bak  of as jy nou kleurkryt kan vashou ..dan teken jy jou eerste kunswerk spesiaal om dankie te sê vir Mamma omdat jy vir haar lief is en oor omgee. Ouma verkies nog altyd daardie selfgemaakte geskenke.  Ek hoop maar so in die stilligheid jou Ma bak vir my ‘n koek!

Sommige pappas gaan winkel toe en koop van parfuum tot juwele of boeke of iets – net om dankie te sê vir die ma  omdat sy menige dag waardig die wa deur die drif getrek het. (oor hierdie uitdrukking sal Ouma jou maar eendag meer vertel – as ek en jy ons idiome gaan afrits.)

Mia, ek het gister na jou 4d-skandering kiekies gekyk. Ek sien mamma se ken en haar mond..hoewel Mamma voel dit is nie haar mond nie. Daardie voete en slanke vingers ? Ai ai.

Ek het nou vir jou ‘n kiekie hier op my blog  van mamma – sy was so twee jaar oud. Ek het gewonder of jy ook die liefde vir honde gaan erf so genetiese storie. Sy en Jof was verskriklik groot maats . Ek het al so suutjies gewonder oor daardie veterhondjies by julle huis-  het jy geweet hul dra ook deesdae jersiekies as hul vroegoggend saam met jou Mamma kom werk -koulike ou goedjies ..

Sien jy , jou ken lyk net so soos die van jou Mamma kleintyd.

woudie en JofLiefde groete, ons gesels weer

Ouma -o gits – amper Ouma Dirkie

Advertisements

7 comments on “Liewe Mia

  1. scrapydo
    Mei 9, 2014

    Dis nou te pragtig. Ek dink sy sal beslis van woefe hou. Dankie vir jou interessante vertelling!

    Like

  2. Toortsie
    Mei 11, 2014

    Ouma, hier wag lekker tye vir julle tweetjies.♡

    Like

  3. Louwie
    Mei 11, 2014

    Nou is jy weer hier met ons, en sy amper. Laat weet as sy aankom en wys fotos. Met so `n oulike ma is sy sekerlik bestem om ook pragtig te wees.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 11, 2014

      Ek het heelwat gryshare bygekry met hierdie swangerskap… sy is nou 7 maande swanger. Ons glo dat alles sal goed verloop, oeg en ek val soos ‘n klip in ‘n dam vir klein kindertjies ons sien baie uit na die klein mensie, sal laat weet. Dankie vir die lees Louwie.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 9, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: