Woorde

Woordloos

Sewe en twintig jaar lank. Dit is so lank ons hulle ken.

By hulle kan jy huil en kla en soms net mor.

Jou bekommernisse deel.

..en ek kan wraggies nie onthou van ongeduld nie. Altyd rustig .Kalm. Jou praat aangehoor.   Menige dag het ek gedink aan my Skoonma se woorde ” mens respekteer dié een –  hy is ‘n Genant van die Here” en altyd so agterna haar ou Oom wat gesê het “God bewaar die een wat met mense boer” met die dat boerdery  ook maar distels  oplewer.

..en nou weet ons nie hoe troos jy twee mense wat soveel hartseer en smart saam met hulle familie beleef nie.

JY dink aan hulle, jy verseker hulle van jou gedagtes jou gebede soos al hul kennisse

Nou moet hul die pad loop van afskeid .

Ek onthou my Pa (oorl) se woorde “moenie huil nie, moenie teen die dood vaskyk nie, onthou kyk verder daar is lewe daarna ” nietemin bly hartseer so intens dat genesing soms nie in woorde te vinde is nie.

kerslig* Opgedra aan Carol en Ds Jan

Advertisements

One comment on “Woordloos

  1. scrapydo
    Mei 12, 2014

    Dit bly steeds hartseer as daar afskeid geneem word. Geliefdes bly steeds in mens se gedagtes voortleef

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 12, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: