Woorde

Politieke wasgoed – Moedersdag

Ek en Anna Moabi het toe maar ons linker duime vir mekaar gewys. Die merk.

Sy het gestem. Ek het nie gevra waar nie. Haar Petrus studente kind wat dink hy het nou alle wysheid in pag met sy eerstejaar op NWU, het ook gestem. Anna is bitter verontwaardig , seker ook maar gehoop haar invloed sal dalk by Petrus inslag vind.

” Ma Doepie, daai tjind van my het met dai stout mannetjie se rooi berret en tshirt hier gekom!”

“..en ek het hom gesê ek gan nie in my wasmasjien dai tshirt was nie…aikona, hy kan maar self met die hand was”

Jongman Petrus wou glo weet waar het sy Moeder Annah haar kruis gekruis sy het so oor haar skouer vir hom gekyk en kort en kragtig verklaar “dai een is my secret” Slim Annah Slim ..seker ook nie lus vir rusie in die huis en dit oor Politiek nie..

Gisteroggend vra ek uit oor haar Moedersdag. Poenkie het ‘n mooi kaartjie gemaak en sy blom oor die oulike kind maar Petrus het mos deesdae ‘n vriendin by name Melba. Melba kry eerder tjoklits as sy Moeder Annah.  Vertel Annah Sondag het hulle op TV kerk geluister en die Moruti het oor Moedersdag gepraat. Hoe dankbaar was hy teenoor sy Ma wat ook ‘n huiswerker was wat  die kos wat sy by haar Mevrou ontvang het eerder huis toe gebring het as om dit daar te eet. Die kos verdeel het tussen hulle. Die Moruti het mooi gepraat oor liefde en waardering en opoffering . Daar word Petrus van Annah so diep geraak oor die mooie woorde en hy bars in trane uit.

“Ma, Doepie hy huilll vrieslik!” Hy bieg en hy is jammer oor alles van die strykyster wat hy gebreek het en sommer oor sy dikbekgeite…

“.. en die tjind het dadelik shop toe gegaan en koek vir my gaan koop, net jammer dit was bietjie min!”

Ai Annah!!

9 comments on “Politieke wasgoed – Moedersdag

  1. Net Ek
    Mei 13, 2014

    “…dai stout mannetjie se rooi berret en tshirt…”

    Hoe lekker glimlag ek nou!

    Ja dis die ding, mens se kinders word groot en volg hulle eie koppe, dis eintlik sommer hartseer! En darem het Annah koek gekry, al was dit te min! ;-)

    Like

  2. scrapydo
    Mei 13, 2014

    Ek en “my” Lina het ook altyd heerlik oor ons kinders se grootword gkuier. Ons het dieselfe gevoel en harte gehad. Kinders het saam gestudeer ook. Die kinders eer steeds hul moeder vandag

    Liked by 1 person

  3. Zeppie
    Mei 13, 2014

    Jinne ek wil nou sien hoe gaan Mnr Julius in die parlement sit met sy rooi suit en al

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 13, 2014

      oe ek kan nie wag nie hy gaan meer uitgejaag word as Koos van der Merwe ..daai Julius besit nie takt nie nog minder finesse..

      Like

  4. coetzee2014
    Mei 13, 2014

    Ek dink daardie Julius sal mooi kyk hoe hom moet gedra, want hy is ´n volgende president.

    Like

  5. perdebytjie
    Mei 18, 2014

    Voortvarendheid van die jeug…dalk skaam hy hom ook later in sy lewe oor hy vir die rooi berette gestem het.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 18, 2014

      Soms verwonder ek my oor opruiende invloed op jeug ..en dit nogals studente wat tog veronderstel is om van beter te weet ..maar dit is mos politiek …

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Mei 13, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 503 hits