Woorde

Bewysstuk Nommer 1 dd. ?

Bewysstuk nommer een   gaan  glo oorhandig word -die datum nog nie vasgestel nie. Hy dreig hy gaan ‘n opname maak toegelig met selfoon fotos  .

Hy luister glo gereeld daarna  en het tot die slotsom gekom dat die patroon en klank het verander.

Van wroegende klanke het dit nou na flappergeluide verander….

Snork.

Hiermee bieg ek , ek snork. Ek snork my soms self wakker indien die horende oor bo is…of ek word ru uit my drome uitgeruk met ‘n “Vrou, draai tog om , jy snork !” Dan volg so kruie woordjie..

Ek het gaan Google, meeste vrouens kla oor die snorkende man en die spotprentjies  wys ewig die man wat die skurk in die verhaal is. Hy weet dit net nie maar hy snork ook .. leefbaar. Lankterug toe hy nog indiens van die Langarm van die gereg was, het  hy gekners, dit was erger as erg. Glo stresverwant.

Laat ek nou mooi verduidelik ..die oorsaak is ‘n skewe neusseptum.

snork2Niemand het my neusgebreek nie … ons 4 bloedjies is almal met skewe neusseptums gebore. Dit het ons almal ook  een na die ander agterna uitgevind by die Neus-keel-oor- mens. So kry oorerwing darem die skuld.  Ag en met die ouderdom en die walletjie onder die ken ..kan dalk ook moontlike rede wees vir my musikale snork-aria.

snorkNee hy voel nie dieselfde oor my snork nie, ek het bloot hierdie geplaas so as ‘n romantiese troos. ‘n Kussing.

Mag jy jou dag vrolik en vriendelik betree sonder ‘n minagtende snork !

 

 

 

 

Advertisements

36 comments on “Bewysstuk Nommer 1 dd. ?

  1. melouisef
    Mei 15, 2014

    Ek dink die meeste mense snork maar hulle is netnie bewus daarvan nie?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 15, 2014

      Hang ook af wie raak eerste aan die slaap ..ha ha , eenkeer in hospitaal het ‘n Nurse my kom wakker maak , die mede pasiënte in die saal kon nie slaap van my gesnork nie.. is maar ‘n verleentheid.

      Like

  2. newsferret
    Mei 15, 2014

    Lag ek lekker!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 15, 2014

      Ek het darem my bewysstukke ook op die tafel toegelig met skematiese voorstelling ..ha ha ..

      Like

  3. Net Ek
    Mei 15, 2014

    Ek moet sê, my man snork so erg dit klink soms of hy versmoor. Ek is seker ek moet ook snork(?), maar hy slaap heerlik en ek staan elke oggend moeg op. Dis seker maar een van daai dinge?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 15, 2014

      Dalk lei hy aan slaap apnee ..maak tog eers seker , daardie versmoor laat my dink .

      Like

      • Net Ek
        Mei 15, 2014

        Nee jong, hoor is mos maar min by my man! Ek het hom al selfs met die dood gedreig as hy nie gaan nie!

        Maar hy gaan rerig plan moet maak, ek is soms bevrees hy gaan nie weer asemhaal nie!

        Like

  4. Net Ek
    Mei 15, 2014

    O ja, wou nog sê, mal oor jou Tyler stukkie! Ek volg hom ook op tumblr. So romantiese siel….

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 15, 2014

      Ek kan onthou jy hou van die Tyler ..dink uit Litnet se dae wat ek onthou.Wat my erg pla is oor daardie notatjie (ek weet dit is vir die effek) so opgefrommel was..oe iewers het iemand vies geraak vir die snorker!!

      Like

  5. Skeletor
    Mei 15, 2014

    Nou die aand wakker geword myself, en so verboureerd myself gevra wanneer het ek langs Darth Vader in die bed geklim…

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 15, 2014

      Weet nou nie waar is my antwoord heen nie, maar dink ek het gesê dit moet darem wrede ontnugtering wees ..as jy agterkom daardie veraf gerommel behoort aan jou..ai tog . Moet sê ek dink lugbesoedeling maak ons hier ekstra groot snorkers.

      Like

  6. Zeppie
    Mei 15, 2014

    Ek het ook ‘n skewe rektum….ag genugtig bedoel septum

    Moet juis gaan vir operasie…kan net nie sover kom om die datum vas te maak daarvoor nie…ja ok ek is bang

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 15, 2014

      Oeg ek en my Geliefde het nou baie lekker gelag vir die gatslag wat jou getref het !! Ha ha.

      Like

      • Zeppie
        Mei 16, 2014

        En ek bedoel operasie vir die septum…
        Hehehe

        Like

      • ddupl3ss1s
        Mei 16, 2014

        Geliefde hier se stout vraag gaan ek wraggies nie hier herhaal nie..kan net bloos!! Jollie naweek vir julle .

        Like

  7. Zeppie
    Mei 15, 2014

    Hoe kry ‘n mens die rate thingy by die kommentare

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 15, 2014

      Jy gaan by jou Dashboard kliek Settings daarna sal jy op die settings ‘n keuse goeters kry kyk daar is Ratings. As jy ratings geopen het kan jy dit aktiveer en kies bo aan of onder elke nuwe blogpos. en onthou die safe te druk na veranderings. Laat weet as jy nie regkom.

      Like

      • Zeppie
        Mei 16, 2014

        Ok gaan kyk om dit te stel

        Like

  8. Son
    Mei 15, 2014

    Dit help nogal as mens daai fancy medisinale (by gebrek aan beter woord) kussing koop. Ek slaap op een en snork niks meer nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 15, 2014

      Ek het ook daardie harde kussing wat so vreemde wigvorm het .. nee wat ek snork met my skewe neusseptum en al…!!

      Like

  9. lewies9037
    Mei 15, 2014

    Ek dink die jare wat so aanstap is ook ‘n factor, ewe skielik is ek ook ‘n snorker, Vroukie het ‘n baie hoorbare video bewys daarvan!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 15, 2014

      Ag Lewies ek hoop werklik nie my Geliefde doen dit aan my nie… ek sal nooit daaroor kom nie, dink net so oopbekkie met byklanke!! So bly is nie net ek wat 60+ is nie ..ek sal dit tog hier noem – versagtende omstandighede!

      Like

  10. coetzee2014
    Mei 15, 2014

    Op die skottel TV, is daar ´n gewilde program deur dr Oz. So ´n week of wat gelede het hy gewys van so ´n plakker oor die neus, daar waar die probleem is. Wonder of dit werk? Ag waardeer maar die een wat so snork. My snorker is nou al ´n week weg en dit is nie lekker nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 15, 2014

      Ek sien hul het allerhande patente vir snorkers.. nee wat jong my skewe neusbeen moet maar snork en fluit . Dit is waar mens kan naderhand nie aan die slaap raak met die gerustellende mede snorker nie.

      Like

  11. toortsie
    Mei 15, 2014

    Ek het myself al baie keer wakker gesnork. En ek is vroulik. Oorgewig. Hooikoors.
    Lekker slaap.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 16, 2014

      nee ek dink nie jy’s oorgewig nie..ag wat as ek nou afmaer gaan ek geneig wees tot pruimedant voorkoms ..

      Like

  12. scrapydo
    Mei 16, 2014

    Het darem nou lekker snork-stories gesit en lees! Kan ook nogal snorkstories vertel. My man kon heerlik op sy rug le en balke saag. Stamp in sy sy en”draai op jy sy” het gehelp tot hy weer terug op sy rug draai! Ek self neem so tussen 12 en 1 n Nanny nap. Kan my nogals wakker snork as ek net so lekker wegraak.(Ek sit in my lazyboy met my voete in die lug om my uiltjie te knip)

    Like

  13. perdebytjie
    Mei 18, 2014

    Ek snork myself gereeld wakker…gee my lang dun ariese haaksnawel die skuld..regte boomklimkoker.Ek wonder of mense met wye neusgate ook snork.

    Like

  14. kerneelsie
    Mei 18, 2014

    Ek het so ruk gelede ‘n mondstukkie gekoop om te keer dat almal in die gastehuise waar ek oornag, my uitsmyt die volgende oggend. Die eerste oggend na ek my mondstukkie probeer het, word ek wakker met die mondstuk skoonveld. Eers toe ek my draai in die badkamer maak, en die windjie wat ek los geluidloos agter uit kom, het ek besef waar my mondstukkie is.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Mei 18, 2014

      Ag weet jy , jy is so verdomp stout Kerneelsie… neem aan ontsmettingsmiddel sou niks gehelp het nie…

      Like

    • coetzee2014
      Mei 18, 2014

      Dit begin nou lekker raak hier. Kyk nou net, tot Kerneelsie, het ‘n draai kom maak. Ek wil amper sê Litnet kan maar gaan of bly soos hy is.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 15, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: