Woorde

Sondag praatjies

.. luister  na die voorlesing. Skielik onthou ek, met die lees van die driedubbele tou breek nie maklik nie’  iewers het Skoonpa(oorl) iets daaroor gepraat/vertel so  lank terug,  nou is die bittere spyt van  kan nie meer onthou waaroor en hoekom hy daaroor gesels het nie..

Eet saam met almal om tafels. ( ‘Siele voedsel? Samesyn? )   Maaltyd geurig opgedis. Jy luister en jy vertel  en vra vrae  en antwoord vrae en lag  en vang so hier en daar die kruks van ‘n grappie en jy sukkel om te hoor . Al die klanke ..die musiek…en jy dink in jou eie konserwatiewe engte ..daardie boogie musiek rym nie.Sabbatdag?. Jy hou haar dop , toe-oog sit sy, fyn  glimlag om die mond, liggies wikkel sy so in haar stoel die ritme perfek met haar lyf op die maat van die boogie van die jaar her.. en jy dink, ag wat! Soveel innerlike vreugde so toe-oog se genot  wat maak dit ook saak – almal hou ook nie van Engeltjie musiek (harp) of van Bach nie. Wat maak dit tog saak.

Sy maak haar oë oop,. Ons twee kyk vir mekaar. Sy knik met   haar oog vir my.  Sagte glimlag om haar mond. Ag ek sou so graag langs haar wou sit en uitvra oor die vlietende onthou van die ritme. Die knik wat ‘n spontane glimlag laat oopbreek op my gesig. So spyt ek het nie toe maar opgestaan  en langs haar gaan sit nie.

Jy lees van skandes, skades,ellendes – in koerant en skielik  –

O my aardse ou hemelkie..

Ek lees oor Philip de Vos.. ek hou van hom . Baie. Ek geniet hom. Baie. Al is ek nie een van die 1000 op sy vriendelys op Facebook nie of een van die 20 wat hy ken op die lys, nie . Hy sal ook nie in sy lewensbestaan weet wie is die uwe nie. Dit is wat so lekker is… daardie sonder komplikasies, sonder voorgee  – ek geniet die man. Ek verkneuker my aan sy skryfwerk en natuurlik Piet Grobler wat sy verse illustreer , ag hoe hemels.

Toe lees ek Keina Swart se Boekevat.  Iemand wat so skryf oor Kinders en boeke..beweeg volgens my na aan die Hemeltrans. en Louna Gericke (jammer al wat ons deel is ‘n Familie van) en ek is weereens spyt.. hoekom het ek nie met my kinders gesels oor boeke wat hul gelees het nie. Wat hul geniet het nie..wat hulle getref het nie. Waarvan hul gehou het nie?

Spyt..die een met die kort beentjies  . Ewig verdomp kom hy ,maar ewig  te laat.

 

dink

Advertisements

11 comments on “Sondag praatjies

  1. perdebytjie
    Mei 19, 2014

    Mooi geskryf!

    Like

  2. scrapydo
    Mei 19, 2014

    Dit is hoe dit met baie dinge gaan. Spyt kom altyd te laat! Sou beslis graag meer wou geweet het van beide my ouers se jongmens lewens. Nou is daar net n paar fotos wat die verhaal moet vertel – sonder woorde!Ons het hier in ons biblioteek elke Vrydagmiddag n skryf sessie. Dit gaan oor kort beskrywings oor jou eie lewe en gewoontes. Dis my derde jaar wat ek dit bywoon, ek het al n goeie versameling van vertellings. Ons stel elke jaar n eie boekie saam met tema om te druk.Het nou al drie boekies gedruk en gebind..

    Liked by 1 person

  3. Zeppie
    Mei 19, 2014

    Ons probeer almal die ritme van die lewe se musiek volg

    Like

  4. coetzee2014
    Augustus 27, 2014

    Die meeste van ons is spyt dat ons nie meer van ons oupas en oumas gevra en geluister het nie. Selfs van ons ouers. Daar is soveel verlore. Tragies. Dit is dalk waar die blogs effe kan help, om iets van ons lewens vir die nageslag te bewaar. Of hulle ooit daarin gaan belangstel, is ‘n ander vraag?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 27, 2014

      Hulle gaan aan ons lippe hang , ek belowe jou.. ons kommunikeer makliker met kinders en jongmense. My grootouers en selfs my Ouers het nie altyd so gemaklik met ons gesels nie. Daar was altyd so ruimte van respek teenoor grootmense wat ons nie binnebeweeg het nie..Danie, is dit jy wat my goed lees uit United Arabia? Aarde ek het gewonder wie lees Afrikaans en kon my nie indink hoe lyk my blogs oorvertaal in daardie vreemde skrif nie…

      Like

      • coetzee2014
        Augustus 31, 2014

        Seker maar ek wat daar van Dubai gelees het. My 2 oumas het redelik lank by ons in die huis gewoon en mens moes hulle ondervindinge neergeskryf het. Gelukkig het my oudste broer heelwat daarvan gedoen. Julle moet maar self die dinge neerskryf.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 18, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: