Woorde

Hallou D1rki3

Ek het nou heeltemal moed opgegee. Jy met die  Avatar :

avatar (2)..jy was eens op ‘n tyd my blog.  Het toe wraggies my password vergeet . Het verskeie pogings aangewend om dit te herstel ‘n nuwe een te kry  om die vorige een (wat ek vergeet het) te vervang… nee wat daardie wordpress inteken blokkie skud sy kop male sonder tal  as ek nuwe  password intik of ou een wat ek gedink het is die regte een..

Maar moet asseblief nie dink ek is nie meer helder van gedagte nie, met die dat ek nou met jou begin geselsies maak nie  – ek het uit desperaatheid maar jou begin follow. Liewe vaderland nou klink dit  eers erg. My alter ego. Genadiglik antwoord jy my nie terug nie!!

Al plesier wat ek nou uit jou suurstof-tekort-avant-garde-bekkie-avatar put – ek kan darem weer lees wat ek lank terug geskryf het, mens vergeet mos maar.

Sit nou maar in jou eensaamheid op my blogrol  D1rki3 .

 

16 comments on “Hallou D1rki3

    • ddupl3ss1s
      Mei 19, 2014

      Vuurklip , ek het ook al daardie een probeer.. ek het uitgelog uit my huidige blog, daar ingeteken met my destyds se username en die password wat ek gebruik het .. skommel die ding soos dobbelsteen al vra ek vir reset van password – niks .. Nee wat jong iewers weet ek ek het privacy stelling aangebring, Ek dink ek het in stupidgeit my eie blog vir myself ontoeganglik gemaak.. dit is die ergste !! Ag wat , ek kan darem daar lees- vrek snaaks , klink so bietjie af, die ou koppie!!

      Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 19, 2014

      wou nog noem ..as ek my ou gebruikersnaam intik en verlore password aanvra gooi dit elke keer my huidige gebruikersnaam outomaties in blokkie.. ek het maar vrede gemaak, sal maar nie weer so blaps begaan.
      Dankie vir jou hulp.

      Like

      • vuurklip
        Mei 19, 2014

        Dalk moet jy eers afteken voor jy dir lost pw probeer?

        Like

  1. perdebytjie
    Mei 19, 2014

    Wees getroos,jou kop makeer niks nie.Ons het te veel goed om te onthou..verskillende kodes vir alles..en as jy jou maklike kode iewers wil intik,seg hulle dis te eenvoudig :cry:

    Like

  2. scrapydo
    Mei 19, 2014

    Ooooo dit klink so bekend! Ek het n spesiale boekie met al my passwords in- hy is nou al propvol- tog kry ek darem my goed inge=log as dit nodig is. My seun het al geraas omdat dit alles neergeskryf is. Vir my is dit egter nodig want ek onthou nie meer wat die eerstes was toe ek begin het met blog nie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 20, 2014

      nou sit ek met twee blokke van blogs om my enkel.. ek weet nie wat moet ek met hulle doen nie .. wie trou met wie en dan nog my litnet s’n wat ek moet gaan haal doer uit die ellende uit.. weet jy ek verstom my toe ek weer van my ou blogs lees , klink so onwerklik en tog bekend.

      Like

      • scrapydo
        Mei 20, 2014

        Ek het ook in die begin twee verskillende blogs gehad en toe google+ sy opwagting maak kon ek niks met hul doen nie. Hul bly se ek mag nie dieselfde e-mail adres gebruik nie! Ander e-mail gemaak en steeds nie dit gebruik nie

        Like

      • ddupl3ss1s
        Mei 20, 2014

        Presies .. ek voel al soos oortreder – so spioenerig , miskien moet ek al begin blog oor ” Die ou vrou in die hoekhuis met die soveelste epos adres!!”

        Like

      • scrapydo
        Mei 22, 2014

        Ha ha dis nou n storie van tant Dorie! Ek hou niks daarvan om so orals n adres te moet he en los nie

        Like

  3. colonialist
    Mei 20, 2014

    Hoogs frustrerend!
    Alhoewel, nie so sleg nie as jy dit nog kan lees.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 20, 2014

      Vuurklip het my darem gehelp ..nou sit ek met 2 blogs..vinkel en koljander !! Verstommend as mens jaar gelede se goed nou lees…

      Like

      • colonialist
        Mei 20, 2014

        Is dit die aftekening wat die raaisel opgelos het?

        Like

      • ddupl3ss1s
        Mei 20, 2014

        ..ja en ek het toe maar die password gewysig na selfde een van nuwe blog, dalk het ek fout gemaak met vorige password..iewers was ‘n vingerfout!

        Like

  4. Lewies Mymer
    Mei 20, 2014

    Soort van goodbye aan die oue en hallo aan die nuwe.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 20, 2014

      Vuurklip is die slim een , ek is gehelp en nou sit ek met 2 blogs .. liewe aarde , het al gedink ek moet by die een skinder oor die ander ou vrou.. nou klink ek werklik na ‘n gevalle studie!

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Mei 19, 2014 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 520 hits