Woorde

www

Wat sou ek tog gedoen het sonder die daaglikse koerant ?

Soms kry ek , as ek niks uit my breinselle kan grawe daar iets te lese waarvan ek ‘n nota maak en op hierdie spasie  plak.

Ek lees  vanoggend by Stephan Joubert  –

“Moet ook nie alles glo wat jy hier raaklees nie.” (internet en google en al sy trawante)

“Plaas ‘n wag voor jou vingers as jy tik. “

“En kyk weg van goor goed wat ook in die www wêreld rondsweef.”

Daardie ‘plaas ‘n wag voor jou vingers as jy tik’  .. net die gedagte hoeveel skryfsels swewe in die kuber rond wat ek kwyt geraak het, ai toggie. Dit is darem nou nie lelike aanvalle per sms nie…behalwe miskien toe ek eenkeer my vriendin se sms terug antwoord na paar dae se verloop en ek stuur vir haar’n vraag- antwoord ” Hoe gaan dit met jou mislikke x-skoonseun?” (daar is regverdiging vir daardie vraag ek belowe jou ) en ek kry ‘n terug antwoord ..’ek dink hierdie boodskap was vir iemand anders bedoel’… en ek sien die nommer is van die kerk af… Hmm.   Die wag was nie voor my vingers nie  , ter versagting beide nommers verskil amper nie..Verder – my uitlating ..onverskoonbaar, hoe verduidelik jy en regverdig jy dit nou dáár aan dié een wat by dáárdie plek werk…

Die waarskuwing kyk tog weg van die goorgoed wat in die www wêreld rondsweef  het my aan die boekie laat dink. Lank terug voorgelees vir klein dagkindertjies. Deesdae is daar tot akriwiteitsboeke beskikbaar met die naam.         Hoe ek dit weet ? Ek koop boeke vir Mia.

goorgomgaai

Mooi dag.

Advertisements

3 comments on “www

  1. scrapydo
    Mei 22, 2014

    Goorgomgaai is n lekker woord om te se. Dit voel en proe sommer reg vir so iemand.

    Like

  2. ddupl3ss1s
    Mei 22, 2014

    Mens ry so lekker op die g klank as jy dit voorlees – klink darem mooier benaming as die ‘pes wat in donker wandel’ ..ek wonder wat is aan die gang met my, deesdae spring Bybelse verwysings sommer so uit die niet in paslikke spasies.!! Flenters en Tina wonder ook…Dankie vir die saamlees Scrapydo.

    Like

  3. perdebytjie
    Mei 22, 2014

    Is die Goorgomgaai-stories darem positief?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 22, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: