Woorde

Liewe Mia

Mia,     ek wil gou vertel , het jy geweet as Mamma  weer hier kom werk dan gaan jy hier kuier. ‘n Eie kamer , net vir jou.  Dit sal eers Augustusmaand wees , maar ons is geduldig.

Ek en  Oupa het gedink dit is ‘n goeie plan om  vir jou hulle ou antieke(!) bedjie  te herstel. Jou Tannie Ria en Oupa het in hierdie bedjie as babas geslaap. Groot Oupa du Plessis het dit self vervaardig. Gedeeltes van doerie jare se ysterkatels gebruik en  hierdie Oupa het hier verander en daar gewysig tot die soos ‘n volwaardige kot lyk. Ysterkateltjiekot. Die ou verf is afgeskuur en weer geverf ..loodvrye verf.

mia se kamer 3 dit is soos  jou bed in jou eie kamer lyk. Die laken  van flennie , hierdie Ouma se eerste poging, gie gie!!

mia se kamer 4Jy’t darem al speeldingetjie , ons is nog besig om Mamma se kleintyd popbedjie te verf.

Hierdie is nou nie jou dooprokkie nie, Mamma s’n.  Joune moet ek glo nog hekel. Ai al die voorskrifte, kraletjies  hier en daar en  dit se kleur en dat se patroon …!

mia se kamer 5Die rokkie is al 32 jaar oud, die dat mot en sy trawante gaan kou het aan die rokkie…

Jy moet nou lekker swem in jou eie natuurlik verhitte swembad, dit raak nou koud hier..

Liefde

Amperse Ouma en Oupa (hy sê dit was vreeslik lekker om die bedjie vir jou reg te kon maak)

32 comments on “Liewe Mia

  1. Net Ek
    Mei 23, 2014

    Ag en hoekom sal ek nou wil sit en grens? Genade, mens sal sweer ek raak oud!

    Daar is darem niks lekkerder om sulke pienk voetjies te soen nie!

    Ek is MAL oor die ysterkateltjiekot! Ek sal graag ook so een wil hê, sal maar net my boeke in dit pak! Of iets.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 23, 2014

      Jong ek het ook mos deesdae die waterige oge probleem, maar ek is darem al menopausel.. ha ha . Die matrasgrootte is die van camping cot. die bedjie staan op sy ou ysterkateltjie pote, , Doepie het net mat vervang met laaghout. kopgedeeltes het hy self verander met yster.

      Like

      • Olga
        Mei 23, 2014

        Die wateroge is omdat die brille vuil is man. Poets dit weer blink en die ogies is droog. ;)

        Liked by 1 person

      • Net Ek
        Mei 23, 2014

        O dis darem erg oulik en slim hoor!

        Darem het jy ‘n verskoning vir jou waterige oge! Ek huil vir enige iets! Dis soms nogal erg lastig man!

        Like

      • ddupl3ss1s
        Mei 23, 2014

        ..al wat ek my aan troos deesdae is Kinta op dieselfde vlak, sy kla as die Mossie mooi fluit raak sy bewoë ! Sy’t oordosis hormone waaraan ek ‘n tekort het, lol

        Like

      • Net Ek
        Mei 23, 2014

        Hahaha, moontlik my probeem ook! Ek het onlangs Faan se Trein gekyk, en het binne die eerste 5 minute al begin huil! Teen die tyd “time” die manne in my huis my al om te sien hoe lank voor ek begin huil as ons fliek kyk! Simpel goed!

        Like

  2. rondomtaliedraai
    Mei 23, 2014

    Ag nee wat Ouma dit ltyk darem al te koud… waar is al die lekker dik kombersies en snoesige beddegoed. Die wind gaan die stomme kind van die katel af waai? :) ;) :)

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 23, 2014

      Nee man Tina, die bedjie word oopkant teen muur gedraai. as die bed langs die Ma se bed staan is die oopkant aan haar kant..slim Oupa Doep gewees. Die Kombersies sal eers uitgehaal en oorgegooi word wanneer die mensie haar slaap hier slaap,en dit is darem winter flennie laken. Nou kan jy mooi sien hoe die ou ysterkateltjie gelyk het..

      Like

  3. Olga
    Mei 23, 2014

    Dis pragtig Dirkie. My kinders sal elke keer as hulle die dooprokkie waarin hulle alvier gedoop was, stry oor wie die rokkie gaan kry. Maar, hulle probeer nog lank nie eers vir die baba wie die ou rokkie (gekoop, desjare by Lamb’s) sal dra nie. Lol Rondomtalie, die bersies sal nie gelukkig wees in daardie katelkotjie sonder die ou pienkvoetjies wat dit moet warm hou nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 23, 2014

      Ek is spyt ek het nie die dooprokkie destyds beter verpak nie, ek het dit gehekel terwyl my man met een of ander maande weg se Polisiekursus was.Kinta is vintage bedinges.. moet gedurig voorbeelde hekel (patroontjies)

      Like

      • Olga
        Mei 23, 2014

        Ek hoop jy post darem soms van die hekelwerkies.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Mei 23, 2014

        Oeg nee, ek’s nie so boffin soos jy nie… het vir Mia sulke handskoentjies(moffies sonder die duimpies) gebrei – ek wat nie eens kan nie – so leer die klein mensie my wraggies op oudag van regs en aweregs.

        Like

      • Olga
        Mei 23, 2014

        Dis soms net so ontspanned. plein en simpel, nes ek. :lol: Die rokkie lyk dan so so stunning.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Mei 24, 2014

        doer by die skouer gate in ..mens kry nie meer van daardie gare nie..hekelwerk is darem nou hoog mode jong , mense hekel tot juwele , hekel versoek aan my -ek moet glo ‘n vintage kleur (roomkleur maar die regte room – (!!!!) na 3 tolle se keuse – rokkie en die patroontjie van rompgedeelte moet sodanig wees dat die glaskraletjie genoeg wys. Daardie kraletjie ! eish – die regte grootte die regte kleur die regte glans – nee gits , voel kompleet weer soos Matriekafskeid rok se dejavu.

        Like

  4. newsferret
    Mei 23, 2014

    Ja, bederf, bederf, verdomp – en as jy Ouma (met hoofletter O) is, dan verdomp hoekom nie bederf nie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 23, 2014

      Ag News jy is so oulik..!!! Nou so lekker gelag…ek hou van daardie Ouma met die hoofletter O

      Like

  5. perdebytjie
    Mei 23, 2014

    Daardie kleine Mia kan van geluk spreek oor so ‘n Oupa en Ouma!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 23, 2014

      foeitog ..ons het alles vergeet die Ouma sal maar sing ..wiegeliedjies – ons geniet die idee van die kuier hier .

      Like

  6. kelkiewyn
    Mei 23, 2014

    Dis nou sommer baie spesiaal.

    Like

  7. scrapydo
    Mei 23, 2014

    Die skryfwerk, gedagtes en fotos van bedjie is te pragtig. Nou begin ek ook sommer knopkelig en oogtranerig raak van pure lekker. (fluister: my seun trou 2 Aug so daar is darem n vooruisig vir uitbreiding!)

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 24, 2014

      Ag ek is bly oor jy saamlees en die troue het ook ‘n neukery om mens se oë se miniskus te laat oorloop..

      Like

      • scrapydo
        Mei 24, 2014

        Beslis, ek is gladnie iemand wat emosie wys nie! so dis vreemd om so te voel

        Like

  8. Toortsie
    Mei 24, 2014

    Te mooi.

    Like

  9. frandr
    Mei 24, 2014

    So ‘n vertelling maak hierdie ouma se hart sommer bly.

    Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Mei 23, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 36 503 hits