Vanoggend het ek skielik besef Winter het sy gebied kom afbaken in ons voortuin. Ons stap hek toe sonder my dierbare boom se blare wat flierts flerts onder my en Leo se voete. Klaar verloor. Kaal staan die boom loodgrystakke ten hemele en ontvang die winter. Oop arm.
Ek’s ‘n Vrystaatboorling – plaaskind- daar is gedurende Wintertye vir my niks mooier as uitgestrekte grasvelde nie. Die kleur . Die grassade se speelse beweeg in winterluggie. Die geur van droë gras.
Kiewiete se roep wat swaarder hang in die lug . Meer hoorbaar. Die skel roep. Die kordaat stappie . Waarskuwende oopvlerkduik .
Laatmiddag, as dit stiller raak en klank trek vêr die Duiwe se gekoer. Hoog in ons Sederbome.
Winter die seisoen van klank.
Mooi geskryf!
LikeLike
Dankie Perdebytjie, ek waardeer
LikeLike
Ai, jai, jai. Eers word die Esdorings se blare geel, dan rooi, dan bruin en dan val hulle af. Dis vir my so mooit die groen, geel, dan die rooi so hier en daar. Dis al waarna ek herfstyd uitsien. Wanneer ek elke dag die vertoning geniet, weet ek egter ook die prys vir die kaartjie is lang harksessies.
LikeLiked by 1 person
Winter het sy terrein hier by ons ook kom afbaken – op die oomblik sous dit dat dit klap!
LikeLike
Hoe verlang ek nou na die Hoeveldse winter! (Maar net vir ‘n rukkie!)
LikeLiked by 1 person