Woorde

Liewe Mia

Mia,

Jou Mamma raak ronder. Oom Jan het van hulle gaan fotos neem . Van Mamma en Pappa. Skielik lyk jou Pa darem erg maer teen jou Ma, dit sal ons nou nie baie hard voor haar sê nie.

Ek het ‘n wye keuse gehad waaruit ek kon kies vir jou briefie. Weet jy ek geniet mos altyd die snaakse oomblikke wat so vasgevang word in ‘n foto. Ek dink dit sal altyd ‘n lekker storie wees om vir jou te vertel as jy nou eendag kan verstaan en lekker saam lag…

Hoekom Oom Jan nou ook die kiekie so op die grond wou neem! – ag dit is darem  mooi die gras se kleur (en Ouma is mos gaande oor mooi droë gras)  ..maar swanger mammas vind dit moeilik met die sitslag ,..

crop foto 3crop foto 4crop foto woudieEk wil darem net vir jou verduidelik.. – Mamma gaan sit… – Pappa kreun en net sy kuif is sigbaar..  – Mamma lag haar ‘n papie en toe … -oeps !!

Nou ja Mia,  eendag sal Mamma en Pappa vir jou die res van die fotos  wys van toe jy nog veilig in jou eie  binneshuise swembad geswem het.

Groetnis

Amperse Ouma

 

10 comments on “Liewe Mia

  1. rondomtaliedraai
    Mei 28, 2014

    Ag is dit nou nie die allermooiste fot’o’s nie Hulle lyk so gelukkig

    Like

  2. perdebytjie
    Mei 28, 2014

    Dis nou regtig besonders..mooie kinders wat jy het!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 29, 2014

      Dankie Perdebytjie, onverdiende grootste geskenk – hierdie kinders.

      Like

  3. Net Ek
    Mei 29, 2014

    Ag dis te kostelik!

    Pragtige foto’s! Ek dink dis baie spesiaal.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 29, 2014

      Ek moet darem byvoeg.. ons geniet vir David(skoonseun)net so baie- dankie vir die kuier

      Like

  4. rondomtaliedraai
    Mei 30, 2014

    Aha Ek het my reader ontdek Waarom leer mense nie vir ons oumense al die oulike goed nie

    Liked by 1 person

  5. Woef-Woef
    Mei 30, 2014

    Sal Mia darem eendag lekker lees – goeie idee! Geniet die vooruitsig.

    Like

  6. ddupl3ss1s
    Mei 31, 2014

    Baie dankie Woef-Woef – min dae hierdiekant.

    Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Mei 28, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 36 503 hits