Woorde

Die Boek uitdaging – Bloguitdaging Tina van Rondomtraliedraai & Kie

Was so effe ongesteld, wou darem deelneem aan die boekstorie.

Gisteraand was die krag af. Slaat die duisternis vir jou binne sekondes vas . Ons twee speel toe maar so soek-soek ganglangs na die die glasblakertjie met kortkersies  en flitsliggie.. kort kersies maak klein ligkringetjies. Drie word soos trappe van vergelyking op die kombuistafel gepak. Op oorle Ma se Balls inmaakfles , daardie groot bottels waarin jy omtrent ‘n hele vyeboom se heelvyekonfyt kon insit- op omgekeerde koekblikke. Sit ons twee toe weerskante ons groter ligkring . Sulke dae steek ek ook Woudre se troukers aan – in die gang. Dan vertel ek haar sommer so gedagtelangs , jy’t ‘n onthoukers – ek dink aan jou.

Gaan haal ek toe maar boeke.

Ek het sopas Wilna Adriaanse se Dubbelspel klaar gelees

boek wilna adriaanseEk is altyd vreeslik bly as ek sien daar is van die skrywer iets nuuts op die rak. Ek geniet haar skryfstyl ek geniet haar boeke – hierdie boek het ek vir Iemand in die huis  aangegee, “lees asseblief hierdie boek- want dit was vir jou bekende werksomstandighede”.

Ek het nou die tweede boek van Rudie van Rensburg aangeskaf .

boek rudie van rensburgboek rudie kopskoot  Ek is op die oomblik nog besig met die eerste een, dit is die probleem as jy nou nie jou wag, kan wag nie,  dan begin jy twee verskillende boeke te lees. Nietemin ek geniet hierdie nuwe skrywer se boeke.

Ek lees graag Deon Meyer .. ek lees darem nou nie altyd moorde en verwurg boeke nie. Hans du Plessis Abraham de Vries. Harry Kalmar.Marita van der Vyver.Ek lees graag bundels met korterverhale/prosa –  van Riana Scheepers /Annelie Botes /Dot Serfontein /Audrey Blignault … en  ek staan voor my boekrak en voel vreeslik omdat ek die ander daar moet los en  nou nie almal se name verewig in die uwe se bloggeskriffie nie..Daar is Andre P Brink en Etienne van Heerden boeke en Francois Bloemhof ook… miskien is ek nie slim genoeg vir hulle en Karel Schoeman nie.. maar soos ‘n erg verslaafde  het ek hulle en ek hoop eendag sal ek hul almal op die tehuis van bedorwe brokkies se stoep sit en lees.

Daar is ook boeke wat ek ook bloot gekoop het oor goeie resensies. Ek het vir Steve Hofmeyer se boek aangeskaf, bewaar die siel as sy boek nie goed is nie(grappie). Die Man praat net soms vir my te veel. Aanhoudend en met spoed. Soms is ‘n goeie boek een wat jou sommer so met intrap laat weerlees en agterna herlees.  Sulke boeke het ek ook.. die weerleesboeke. MER, haar sal ek altyd weer lees.

boekmerk draadEk lees my boeke altyd met ‘n boekmerk. Ek is gaande oor mooi boekmerke. Onthou tog as ek verjaar …(boeke sal ek maar self koop ..ha ha)

Hierdie het ek gedink is dalk goed genoeg om die Boekblog mee af te sluit

boeke

* …ek het vergeet ek lees graag kinderboeke ook.. groot vreugde om deesdae vir Mia in wording boeke te koop. Mooi geillustreerde kinderboeke wat die wêreld oopmaak vir kinders en hul voorlesers.

* O ja en ek het digbundels. Ek lees ongelukkig nie genoeg gedigte nie. ENNNN aanhaling boeke ..

* Kort en kragtig ek lees. Ek koop my boeke, sedert ons Biblioteek soos vele ander  , in duie stort. Ek streel my boeke. Ek praat met my boeke. Daarom is ek steeds hartseer oor ‘n boek wat verlore is.

Ek het vergeet … Ek lees Afrikaans.

22 comments on “Die Boek uitdaging – Bloguitdaging Tina van Rondomtraliedraai & Kie

  1. newsferret
    Junie 2, 2014

    Onthou as jy ‘n boek vir iemand leen verander die boek se titel na “kom terug!”

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 2, 2014

      jimmel jong… ek pyn in my siel in , ek ken iemand wat sommer die lener in ‘n oefeningboek laat teken ..ontvang datum en telefoonnommer en teruggee datumpie de lot.. boeke is vir my kosbaar. een van Kinta se pasiente het eenkeer gesê dit is soos mes wat in hart gedraai word as iemand haar vra om haar boeke te leen.

      Liked by 2 people

  2. melouisef
    Junie 2, 2014

    Interessant, hou altyd daarvan om te weet wat ander lees. Vandat ek n Kindle het raak ek stadig ontslae van my paperboeke, dis moeilik maar ek sal nog daar kom!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 2, 2014

      ek het nog nie ‘n Kindle nie. Ek weet my boeke kan nou nie saam met my begrawe word nie.. maar sal darem bly wees as dit aan iemand gegee word wat wil lees. Ergste my kinders lees nie soveel as wat ek wil hê hul moet lees nie.. maar hul ore is oop en hul lees Google en neem in en daaroor is ek nogtans bly.

      Like

      • coetzee2014
        Junie 2, 2014

        Wou nog byvoeg. My kinders lees eintlik nie,hoewel hulle in ‘n huis grootgeword het, waar baie gelees is. Dit is vir my jammer, maar daar is seker vandag te veel ander dinge te doen en ook die Smart phones wat te veel tyd neem.

        Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    Junie 2, 2014

    Heerlik soos altyd Hoop jy voel gou beter

    Like

  4. scrapydo
    Junie 2, 2014

    Jy is n boeke mens so na my hart. Dit klink amper of jy my beskryf. Selfde titels wat hier ook op my rak nog stan. Mis net die afrikaanse boeke!

    Liked by 1 person

  5. ddupl3ss1s
    Junie 2, 2014

    srapydo … ander komplikasie is ..koswat ewig verbrand, Iemand hier wat my bed deel , is soms onweerswolkerig as kos in brandoffer verander… Mooi dag en dankie vir die saamlees.

    Liked by 1 person

  6. coetzee2014
    Junie 2, 2014

    Baie lekker gelees. Ek sou deesdae meer Afrikaans wou lees. Kan mens Afrikaanse boeke op ‘n ipad laai? Ja, daardie uitleen, was altyd ‘n probleem. My naam altyd voorin èn op bladsy 100geskryf. Dankie vir die deel.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 2, 2014

      oor kinders se lesery ..ek het gevind hul lees meer werkverwante goed..my google hier by Kinta se werk wys ewig goeters oor mediese dinge.. en die ander een vertel vir my lees hier oor rekenaardinge dit en dat en kyk hier en lees daar..dan is alles so tegnies… so daaroor is ek werklik dankbaar dat hulle darem lees .

      Like

    • Kelkiewyn
      Junie 2, 2014

      Danie, download gerus kalahari.com se eReader. Ek lees alte lekker Afrikaanse boeke daarmee op my iPad. Vir Afrikaanse tydskrifte kan jy My Sybs+ of Zinio download.

      Like

      • ddupl3ss1s
        Junie 2, 2014

        Dankie Kelkie . bly jy kan Danie help.

        Like

  7. ddupl3ss1s
    Junie 2, 2014

    Danie ek het nou nie kindle nie, maar jy kan beslis Afrikaanse boeke op jou ipad laai en lees. Dink al D Meyer se boeke is eboeke en deur Kalahari.com sal jy ook Eboeke kan koop en natuurlik Maankind se Boekemakranka ..google gerus en loer in. Hoop jy gaan al die boeke lees wat jy graag wou so op ereader. Dankie vir die inloer.

    Like

  8. Kelkiewyn
    Junie 2, 2014

    Sterkte met Steve Hofmeyr se boek. Vir daai een sien ek nie kans nie.

    Ek het ook altyd ‘n hele spulletjie boekmerke gehad, maar met die dat ek nou net eboeke lees het hulle hul nut verloor.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 2, 2014

      Kelkie, is dit die Laaste dans Drienie- die boek van Steve Hofmeyer?

      Like

  9. perdebytjie
    Junie 2, 2014

    Jy het dit nou so mooi beskryf.Ek lees graag hier.

    Like

  10. Woef-Woef
    Junie 2, 2014

    As ek so na al jou gunsteling skrywer kyk, besef ek dat ek dalk maar baie selektief lees, Deel van die probleem dat ek nie graag storieboeke koop nie en ons bib het nooit die boeke wat ek soek op die rak nie, help ook nie eens om te bespreek nie. Nou lees ek maar Kindle en hoofsaaklik Engels. Mal oor Annelie Botes se boek, maar kon ook nog nie almal in die hande kry nie.

    Liked by 1 person

  11. ddupl3ss1s
    Junie 3, 2014

    Nee man , lees is lees, almal hou ook nou nie van Moord en verwurg nie ( ek lees alles soms sit ek boek sommer neer ook )..maar ek wag vir die dag wanneer daardie wulpse tonele in die kooi (dit gebeur deesdae in moord en verwurg boeke ook) -ook deur plooi strammerige ou mense gedoen word..het jy gelees dis altyd sulke gladdevelspitstietie mense .. wat woelig raak.. Ha ha , nou ja hierdie was absoluut asprissss!. Mooi dag Woef-Woef , dankie dat jy hier gelees het.

    Like

  12. Toortsie
    Junie 3, 2014

    Ek lees ook Afrikaans en soms engels. Ek is mal oor Chanette Paul.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Kelkiewyn Kanselleer antwoord

Information

This entry was posted on Junie 2, 2014 by in Bloguitdaging.

Blog Stats

  • 36 520 hits