Woorde

Liewe Mia

crop foto 4Liefie,  Ouma is nou nie snaaks nie, maar met die grootskrik het ek besef , hierdie briefskrywery tussen my en jou gaan van more af heeltemal anders verloop.

Jy weet seker jy moes eintlik so enige dag van die 5de  tot 7de Julie hier gewees het( soos jou Oom Henco sou sê op dese  ondermaanse) – Duidelik is jou Ma se tydsberekening heeltemal omvêrgegooi deur haar bloeddruk. Nee, ek het haar nie de vieste in gemaak nie, sommer so voordat jy jou klein vingertjies kan klap.. toe is daar drama in die huis op die hoek en daardie huis waar die veterhondjies saam met jou Ma en Pa bly..

Weet jy,  jou Mamma –  as sy skrik.. dan skrik sy baie dramaties . Met byklanke. Huil . Dan laat sy hierdie Ouma van jou ook skrik ..haar ou hart se hart klop soos jongperd s’n in haar kuiltjie..

Nee stuur mos so boodskappie “Ma bel my”  ek moet bieg my hande het soveel gesukkel om die regte telefoonnnommer  te druk dat Oupa moes oorneem . Bewe jong ..vreeslik soos in geen winter nie. Skrik is ‘n lelike ding of jy nou oud of jonk is.

Lang storie kort.

Môre word jy gebore.

Mia, klein ou baba dogtertjie  wat groot spasie in ons almal se harte gaan inneem.

Slaap rustig. Ouma en Oupa sien jou more.

Liefde

Ouma Dirkie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

26 comments on “Liewe Mia

  1. newsferret
    Junie 4, 2014

    Ek wag in spanning vir daardie wonderlike Mia nuus môre.

    Like

  2. rondomtaliedraai
    Junie 4, 2014

    My hart word sommer week vir julle Dis darem ‘n wonderlike voorreg om so klein mense te kan kry Ek is sommer jaloers!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 4, 2014

      Tina ons is nederig dankbaar oor die ou Mia kindjie. Eerste keer wat ek so na aan swangerte was, ons ..ek en Mia se Ma het darem lekker al die maande van swanger geniet. Dankie vir saamlees.

      Like

  3. perdebytjie
    Junie 4, 2014

    Hei Ouma Dirkie….proe daardie titel so op die tongpunt!Sterkte vir more!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 4, 2014

      Ouma se wasgoeddraad het vanmiddag vreemd gelyk met so piepklein babygrowtjie aan die draad..

      Like

      • perdebytjie
        Junie 4, 2014

        Ag jinne,ek kan dit voor my sien.Ek is skoon senuweeagtig vir jou ontwil.

        Like

  4. kellyseblog
    Junie 4, 2014

    Dis so wonderlik!

    Liked by 1 person

  5. coetzee2014
    Junie 4, 2014

    Ek dink ons wag almal in spanning om daardie eerste foto van ouma en die kleinding te sien.

    Liked by 1 person

  6. Net Ek
    Junie 5, 2014

    O dis wonderlike nuus! Ek wag in spanning!

    Geluk Ouma Dirkie! En sterkte!

    Sit ek alweer en grens. Jinne.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 6, 2014

      Net Ek , ek darem gou-gou die nuus gedeel , lees gerus die blog wat op hierdie een volg..

      Like

  7. perdebytjie
    Junie 5, 2014

    Vandag is Ddag.Ek hou styf duim vas dat alles goed afloop!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 6, 2014

      Oe perdebytjie.. ek het op my faceboek geskryf, die Ouma het gisteroggend van 4 uur af in kraam gesit..papnat gesweet tot in die oksels in.. harde stresvolle werk , ek vertel jou..! Gaanlees gerus oor die Baba by volgende blog. Sal darem later met Mia gesels.

      Like

  8. scrapydo
    Junie 5, 2014

    Kan goed glo dat jou senuwees gedaan was met die oproep. Alles sal goed gaan. Sien al uit na die nuwe gesiggie en ouma sn ook

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 6, 2014

      Ouma is Ouma – 4 letterwoord met groottellingwaarde op my skrabbelbord ! Ai man.

      Like

  9. Olga
    Junie 5, 2014

    Is jou Mia”tjie al by jou Dirkie? Baie sterkte. Die wag kan erg wees.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 6, 2014

      Miatjie is reeds opgetel deur hierdie Ouma , en genadiglik was dit ‘n piepie doek, die omruil dit het ek darem ook gedoen…

      Like

  10. Kelkiewyn
    Junie 5, 2014

    Ai man, wat ‘n groot gebeurtenis.

    Liked by 1 person

  11. Lewies Mymer
    Junie 6, 2014

    Bly klein Mia het veilig gearriveer!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Junie 4, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: