Woorde

Die ark is oop

Die wat nou  op my Faceboek blad kuier … daar het ek met groot fanfarre  die jongste se aanlanding aangekondig.

Ek ken nou nie die statistieke nie..eers gou David se lysie in potloodgeskrif gaan haal.

  • Al is die klein gesiggie en lyfie te vroeg gebore, weeg sy 2,4kg. (Dit is nou al wanneer vroumense dankbaar is oor elke kilo)
  • Lengte 48 cm (darem bietjie langer as ou dae se liniaal lengte)
  • Kopgrootte 34 cm (dit kom nogal handig te pas vir mussie grootte.)
  • Daardie eerste toets  Apgar (foeitog dat mens met die intrap al moet getoets word ) is glo 9/10 en 10/10. Almal is vreeslik bly daaroor veral oor sy vroeg gebore is.

Die Mamma het,  toe ek haar besoek het, ‘n vreemde gesiguitdrukking gehad- ek het vir haar aflos Locum vertel,  lyk of die kind ‘n alkohol probleem het (grappie). So effe  van ‘n ander planeet – wimpers papnat van die trane. My hart!

Wonder hoekom soek mens altyd tekens van die Ma en Pa  in so klein fieterjentelkie mensie. Moet darem inlig – duidelik het die Habgood familie- voorkoms inslag gevind.

Ma se ore ( daaroor het ek nogal geglimlag – wie ore het ….)

Ma se neusie, haar ken , haar frons ( toe Mia so ten hemele geskree het)

Definitief pappa se groot wye vriendelike mond, die oogvorm daardie slanke hande en vingers(gaan seker klavier speel of soos haar Tannie Woudré voorspel dalk kunstig verf)

Die groot voete .. (sy  het te vertelle  – saam met Mamma en Pappa staproetes stap ) ek het net gedink stomme David, hier begin die Moeder van kwaad ..skoene seun skoene!!

Sy is klein  maar sit groot in ons harte, lewe is kosbaar. Ons is nederig dankbaar .

O en die ark? Die een wat skielik oop is  by my opskrif?

My jongste Boeta,, hy verwag ook mos sy eerste kleinkind. Mia en hul verwagting sou so week verskil. Met die vroeë aankoms van Mia, sê Henco nogal so ewe ” tipies vroumens – ek wil eerste ek wil eerste!”

Gister kry ek die sms ook heeltemal skoon uit koers van verstomming , daar is krisis dalk word hul baba ook vroeër gebore.

Laasnag toe hoor ek die Jongman is gebore.

Nou spog ons twee(ek en my boeta) maar  teen mekaar.. ek wen darem met ‘n kort kop..ek’s eerste ek’s eerste.!!!

Vrolike ysige dag vir almal..en baie dankie aan almal se boodskappe en opwinding oor ;n nuwe lewe.

Die kiekie  is nog so voordat ons kon ‘make-up’ aansit , nie die Ma nie- die baba, man.Woudie & Mia

 

Advertisements

23 comments on “Die ark is oop

  1. newsferret
    Junie 6, 2014

    Oor 18 jaar mag jy steeds brag, dis ‘n Ouma en Oupa se onvervreemdbare reg.

    Liked by 1 person

  2. melouisef
    Junie 6, 2014

    Baie geluk, dis wonderlik!

    Like

  3. Flenters
    Junie 6, 2014

    Oe, dis lekker!

    Like

  4. Net Ek
    Junie 6, 2014

    Ag baie geluk!

    Pragtige ma en klein bondeltjie mens!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 6, 2014

      sy lyk darem intussen soos babas moet lyk pienk.. dankie Net ek

      Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 6, 2014

      Baie dankie Net ek, dit gaan darem vandag heelwat beter met die Mamma

      Like

  5. dalenatjie
    Junie 6, 2014

    Baie geluk!**

    Like

  6. rondomtaliedraai
    Junie 6, 2014

    Baie geluk nogmaals Ek soek al kleuterskole/skole/universiteite … Geniet elke oomblik

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 6, 2014

      Ha ha , oor die skole dit is nogal iets om oor te dink. Ons kan nie glo ons het nuwe rang gekry.

      Like

      • rondomtaliedraai
        Junie 6, 2014

        Onthou dit moet maklike parkeer plek hê sodat ouma haar kan rondry… Ballet, klavier, netbal, tennis, biblioteek…ens ens

        Like

      • ddupl3ss1s
        Junie 6, 2014

        oegg, kan die ouma kies?

        Like

      • rondomtaliedraai
        Junie 7, 2014

        Nooit!!!!!

        Like

  7. perdebytjie
    Junie 6, 2014

    Pragtige foto! Ouma,jy gaan jou titel waardig dra.

    Like

  8. kellyseblog
    Junie 6, 2014

    Ai, dis so fantasties. Dit gee sommer hoop vir die lewe, vir die toekoms, so nuwe bondeltjie net liefde. Baie geluk.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 7, 2014

      Baie dankie kellyseblog..gister weer gedink liewe ouers daar is darem baie babas wat gebore word as jy so ganglangs stap..en nie een baba se êêêh klink dieselfde …

      Like

  9. Kelkiewyn
    Junie 6, 2014

    Wat ‘n groot oomblik!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 7, 2014

      Ons het mos skielik sommer oornag ‘n ander uitdrukking/voorkoms- om die mond gekry , so teder aaaa en ag moeder , tot die sirene afgaan vir melk…

      Like

  10. scrapydo
    Junie 7, 2014

    Al wat ek kan se : te dierbaar vir woorde

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Junie 6, 2014 by in Nuut ..splinternuut.

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: