Met die dat Mia voortydig gekom het.Met dié dat sy skielik beperkte voorraad klere het , loop Oupa en Ouma in winkels rond .
Nogal prettig. Voorheen het ons 0 tot 3maande so bekyk en “Newborn” se uitkentekens maklik kon sien, dan pak jy in winkelwaentjie. Nou sien jy skielik 2 ou mense grawe tussen babaklere.
Ons soek, ek staan by een rak .”Doepie , kyk of jy by die vests iets kry? Ek sal hier by die Babygrows loer” Jul gaan my nou wragtag nie glo nie.. daardie Oupa wat my voorheen net aflaai in winkelsentrums en verdwyn het Hardeware winkel toe.. hy luister vir my en soek-soek.
En ons buk flink. en ons strek tot doer op die hoogste rakkies..sonder moeite met sagte gloed op ons gesigte. Ek lieg nou nie!
Nie dat Mia vreeslik bekommerd sal wees oor kleur nie (buiten nou Blou) ag ek het dit ookal oorweeg..maar die kode woord PREEMIE.
Skaars soos hoendertande in die Vaaldriehoek. Met die stêre in die ligposisie(goeie oefening ..trek maagspiere saam) sien ek uit dié ongemaklike posisie, iemand se stewels met ‘n waentjie wat lyk soos 4×4 stootkarrretjie. Ek loer . Sy staan ook maar en loer. Ek kom steunend regop. Sy kry so skewe glimlag. Sy sê nie woord nie, ek ook nie.
Volgende rak. Juig ek amper toe ek iets teëkom met kodewoord Preemie. Die steweltjies met die 4×4 stootkarretjie glimlag mooi breed. Ek glimlag soos ‘n oorwinnaar terug.
Ek fluister “Doepieeee! waar’s jy ek het darem 2 wollerige goeters gekry” Voordat hy nog kon reageer, hoor ek die steweltjie een seg ..”Check daai twee ou mense” ..en ons word gecheck.
Ek stap toe maar na haar en koetsjiekoe oor haar 4×4 waentjie se inhoud en vertel haar ewe sedig, “Jong ek het mos my baba te vroeg gekry!” ag ek was sommer bietjie laf, dit is wondermiddel vir spanning. Haar gesiggie..sy’t darem lekker saam gelag…en vertel waar mens nou kan gaan kyk..
Nee, jong en toe ek nou met die jonge Moeder per selfoon kommunikeer of altans probeer… met haar- deur die apparaat wat ewig in handpalm was,- moet ek hoor nee ek kyk nie eens daarop nie ek het ander prioriteite. Ek wou Amen daarop ..net stilgebly , soos dit ‘n goeie Moeder en Ouma betaam.
En daardie trekkie om die mond en oë van die Ouma.. skielik stoot daardie trane toe in haar oë .
Hoeveel weeg sy – dalk het ek die inligting gemis!
LikeLike
iewers vorige blog iewers 2 blogs terug .. het ek die statistieke gesit, maar sy weeg 2,4kg met geboorte.. het intussen bietjie gewig verloor, wat glo normaal is.
LikeLike
Ag ek tjank sommer weer saam
LikeLike
Ek sluk maar voor die Ma , iewers gaan sy begin huil oor alles.. oor mooi musiek oor Mossies op die teerpad oor moeite wat mens doen.. ai toggie
LikeLike
hehehehe … en ek sit hier aan die ander kant van die land en is net so broers en broos oor elke dingetjie!
LikeLiked by 1 person
Broeis
LikeLike
Dis ongeveer soveel dan soos my eerste dogtertjie geweeg het. Baie Klein!
LikeLike
Dan is jy ‘n kenner .. breekbaar fyn ou babatjie.
LikeLike
Daardie trane was postnatal trane… Hoeveel te vroeg is Mia gebore?
LikeLike
ag eks nou nie goed met weke nie… datum was einde Junie – tot 5 Julie – haar geboortedatum 5 Junie.
LikeLike
So dis omtrent ‘n maand.Gaan dit darem goed met jou dogter?
LikeLike
Die Bloeddruk ry wipplank.. ons is maar besorg daaroor. Hul is nog in Hospitaal. Mia kry ligterapie vir geelsug.
LikeLike
Sterkte vir julle!
LikeLike
dankie
LikeLike
Baie, baie geluk Ouma (en Oupa)! Dit is so ‘n spesiale tyd en sulke klein mensies groei soos kakiebos. Voor jy jou oë uitvee gaan sy hoërskool toe. Geniet haar!
LikeLiked by 1 person
aaa, dit is nou oulik ‘groei soos kakiebos’ . Baie dankie.
LikeLike
Weet nie of ek nou net broeis is of nie, maar stories soos die maak my sommer hartseer op ‘n goeie manier.
Sterkte en geluk, Ouma!
PS: Is julle ook Valies? Trots Vereeniging myself…
LikeLike
Ons bly in Vereeniging vanaf 1984. Gebore Vrystater. Plaaskind Vredefort daar waar die mooi koepel is.
Die Mamma en kleinste is darem uit en tuis..Baie dankie Skeletor, ek neem aan jou longe is deesdae skokbestand..as mens hier gewoon het.
LikeLike
Baie geluk Ouma! Lyk my ek het weer blogs by my laat verbyglip. Sy gaan julle sommer nog baie vreugde gee.
LikeLike
Baie dankie Woef-Woef, nogal gister aan jou gedink(avatar) een van haar Pasiente wat so raser (rattle) gebring hondjie gesig bo met sulke sagte oortjies.
LikeLike
Ooo dis darem lekker as Oupa ook saan soek! Ai dit klink te heerlik. Stuur baie liedetjies vir Mia en die moeder wat nog maar sukkel. Ek weet ook van die na geboorte in hiospitaal bly omdat ek nie kon regkom in die begin nie.( Nie heeltemaal so erg nie hoor, het dit op end goed hanteer)
LikeLike
Siestog gister het sy(Ma) begin huil oor alles wat mooi is en mossie wat koud kry in winter en so aan.. dit gebeur ook mos maar.
LikeLike
Ja, eintlik voel mens se hart so groot van trots dat hy kan bars en dan voel mens so klein oor die wonderlike ervaring van geboorts!
LikeLiked by 1 person
O ek het simpatie met julle!
My oudste seun is net na 30 weke gebore en het maar 1,9kg geweeg. My tweede seun is net so rapsie na 32 weke gebore.
Die klere was maar ‘n gesukkel!
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Hy verdwyn nie meer hardeware winkel toe nie? Dit wil gedoen wees! Pleks die malls besef hulle moet sulke manne-winkels insluit by hulle mengsel.
LikeLike
dit is wat die eerste klein- klein kleinkind aan ;n man doen ..weet jy dit is nou die waarheid,die meeste hardeware winkels is in elk geval Franchises , hul sal winkelsentrumhuur kan bekostig.
LikeLike
Oupas met kleindogters kan begin kyk na haelgewere.bofbal kolwe en wolfslagysters (gie gie)
LikeLike
Ai tog ek glo nie ons gaan daardie stadium oorleef nie – nietemin dit is vreeslik die jongman sal moet verduidelik ..duidelik en helder in Afrikaans en Engels …
LikeLike