Woorde

Liewe Mia

Mia,

Ek het wraggies nog nie met jou gesels nie..ek bedoel so op papier nie. Jammer ek het nie woorde gehad nie.

Ons  almal het  net in verwondering gestaan en kyk na jou gesiggie. Toedraaigoeters oopgemaak en gekyk na jou maer lyfie, fyn fyn vingertjies.

Ek wil darem net vir jou vertel in Mamma en oom Pieter se kleintyd , was hul nogal woelig..onnutsig (mooi woord nê) toe het ek eendag vir hul vertel  veral as ek my so vervies, “al oefening wat ek deesdae (destyds) kry is as my bloeddruk so  op en af gaan”. Tot jou mamma eendag sien hier kom drama en so plegtig vir Oom Pieter sê ” Pieter, ons beter gaan speel ..Ma se siel is besig om op en af te gaan!” Natuurlik verkeerde woord op regte tyd ..dit het ons lekker laat lag..    Ek wil eintlik vir jou vertel Bloeddruk is vreeslik belangrik ..maar bloeddruk wat wipplank ry is gevaarlik. Mamma en haar bloeddruk het ons suutjies laat bloedsweet…

Ek het hierdie colage fotos van jou Pappa gekry. Ons het lekker gelag vir daardie gaapslag by Mamma -so asof  die ewige kiekie neem jou begin verveel.

Ouma moet darem sê daardie brilletjie(toe jy ligterapie vir geelsug gekry het ) .. jy lyk so  so   so   ‘coooool’

Ons liefde vir jou

Ouma en Oupa

mia

 

Advertisements

13 comments on “Liewe Mia

  1. coetzee2014
    Junie 9, 2014

    Mia, jy is baie bevooreg om hierdie ouma te hê!

    Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    Junie 9, 2014

    Mmmm ek bly maar tranerig … dis sooo mooi!

    Like

  3. Net Ek
    Junie 9, 2014

    Ek sit ook lekker en grens saam Tina!

    Kosbare klein bondeltjie mens!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 9, 2014

      In die bitter koue is mussies darem snoesig..sy is so klein Ouma sal kleiner moet brei…julle moenie huil nie hoor, ons gaan nog lekker grappies maak.

      Like

      • Net Ek
        Junie 9, 2014

        Ag maar alles is SO mooi, die dat ons so sit en grens!

        Liked by 1 person

  4. scrapydo
    Junie 9, 2014

    Pragtig gestel Ouma! Mia gaantrots op jou wees

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 9, 2014

      Dankie scrapydo… ek hoop ek oorleef dit, kinders raak eers laat in hul lewens trots, maar dat ons gaan pret hê , dit is ‘n feit.

      Like

  5. perdebytjie
    Junie 9, 2014

    Ag jy klink na ‘n wonderlike ouma.Ek hoop jou dogter se bloeddruk is gou beter.

    Liked by 1 person

  6. ddupl3ss1s
    Junie 10, 2014

    Dankie Perdebytjie .

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Junie 9, 2014 by in Nuut ..splinternuut.

Blog Stats

  • 17,699 hits
%d bloggers like this: