Woorde

Liewe Mia

Mia, ons kom nou- nou vir jou kuier.  Oupa het te vertelle ons moet geskenk pakkies saamneem sommer ook die afspraakboek van Mamma se werk (glo om ons darem net weer alles te vertel wat te vertelle is ) ! Ek wil net vir jou saggies in jou oor vertel ..jou Oupa Doepie, hy, hy  het soos ‘n klip in die dam vir jou geval.. Heeltemal oor sy ore toe in vervoering oor jou klein gesiggie .

Self gesien hy loop weg uit die geselskap..ons dag hy   rook ‘n rokie buite… toe kry ons hom waar hy jou suutjies uit jou bed gehaal het, In sy arms. Raai wat en hy kyk en kyk… en wieg jou so saggies.. Pens en pootjies in sy hart geklim.

mia doepie 2 crop 2Nou ja vandag gaan ek jou klein handjie vashou. Jy’t darem die mooiste lang skraal vingertjies. Ek gaan maar solank begin en elke ou vingertjie vashou  en

Duimelot

Lekkepot

Langejaap

Korteknaap

Pinkie.

Eendag sal ek jou die hele rympie leer…

Tot dan moet jy snoesig toegewikkel lê en slaap ..

mia woudieLiefde vir jou

Oupa en Ouma

Advertisements

15 comments on “Liewe Mia

  1. rondomtaliedraai
    Junie 13, 2014

    Ag hoe lekker

    Ek weet ek kerm maar stel bietjie jou blog so dat mens die hele blog in die reader kan lees asb.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 13, 2014

      Tina sal net weer gaan soek.. ek weet ek het dit so gestel , nie gedink dit kom so op reader…

      Like

      • rondomtaliedraai
        Junie 13, 2014

        Dankie Ek het nounet bv Katrina se hele blog gelees terwyl by jou selfs met gister se prentjie eers ‘n nuwe skempie mot oopmaak

        Like

      • vega
        Junie 13, 2014

        Waar kry mens Katriena se blog?

        Like

  2. scrapydo
    Junie 13, 2014

    Man maar dis lekker om jou vertellinkies te lees. Dis so eg en meelewend. Danie vir die meedeel jong.

    Like

  3. Net Ek
    Junie 13, 2014

    O ek sien Mia gaan nog LEKKER bederf word!

    Like

  4. Marieta
    Junie 13, 2014

    Oooh julle almal steel my hart!!! God Bless you all xx

    Liked by 1 person

  5. vega
    Junie 13, 2014

    Ons het die rympie so geleer. Duimpie, duimpie-se-maat, langeraat, fielefooi, piepie-inniie-kooi :-)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 13, 2014

      Die rympie wat ek lank terug vir my dagkinders geleer het is oorspronklik uit Nederlandse oorsprong. So bly om jou te sien. Is Katriena agter die groen deur?

      Like

  6. perdebytjie
    Junie 13, 2014

    Ai Dirkie,jy maak my weemoedig! Miatjie moet al hierdie briefies in ‘n boekie present kry,wanneer sy mondig word.

    Like

  7. ddupl3ss1s
    Junie 14, 2014

    Dankie Perdebytjie, baie oulike idee. wonder of ek nog helder gaan wees oor 21 jaar…

    Like

  8. Bloubessies
    Junie 15, 2014

    Trane loop sommer….soveel liefde – geseend….

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Junie 13, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: