Woorde

ILLUSTRASIES

Ek het nog altyd verskriklik baie van Kinderboek-illustrasies gehou. As ek moet uitkies tussen  Kinderboeke , kyk ek eerste na die illustrasies.  Die lekker van –  kom ons kyk eers wat ons alles op hierdie bladsy raaksien voordat ons begin lees – dit   maak die opwinding soveel lekkerder. Bladsy vir bladsy. Kinta het egter die probleem gehad ,  sy het  droewig geraak  oor ‘n eensame Liewenheersbesie aan’t stap oor die bladsy ,  klein enkel spoortjies agteraan     ” Waar is sy Mammie ? Waar is sy Pappie ? Hoekom is hulle nie hier op hierrrie bladsy nie?” dan druk die voorleser maar haar duim voortydig op die stomme Besie.

piet grobler 4Aangesien ek nou Babatjiekoors ervaar, is hierdie illustrasie van Piet Grobler van toepassing . Nie dat ek of die jonge Moeder in boomtakke kan sit nie, kyk net die Liewenheersbesie links onder op die tak. Die skets so fyntjies , en ek kyk altyd na die voëlnessie..Duifnessie en indien jy nie weet nie so lyk Piet Grobler pietgrobler1Ek het op ‘n ander Ilustrasie kunstenaar afgekom. Olivier Tallec. ‘n Fransman. Hy het al meer as 50 kinderboeke geillustreer. Hy vertel dat ‘n illustrasie moet op sy eie ‘n verhaal kan vertel. (Jammer ek sal seker eendag kalmeer ) , toe ek hierdie illustrasie sien , sien ek iemand in ons huis.. die verwondering

skilder olivier tallec…en ek sien ook nogal iemand in hierdie huis  in hierdie posisie

skilder olivier tallec 2Albei Illustrasies deur die Fransman Olivier Tallec. Google gerus  vir nog voorbeelde van sy sketse.

olivier tallec illustrasies skrywer

Ek dink dit moet die wonderlikste talent wees om te kan skets. Ek kan net stokmannetjies teken , so grootogig en wye monde met mieliepittande..

Om voor te lees het ek   graag gedoen/gelees  -vir my My Ma (oorl) (sy het  baie swak oë gehad), tot vir my kinders en dagkinders(dagmoeder)

Ag ek hoop ek  word deur Mia as Ouma Boek en as ouma met die stemme onthou . ‘n Kriek en ‘n Padda  klink mos nooit dieselfde nie…jy sit en huiswerk doen, besluit hoe jy jou stem gaan verander.. heerlik!!

Hoop almal het nou sommer lusgekry om kinderboek te koop en te lees of as geskenk te gee.

Advertisements

3 comments on “ILLUSTRASIES

  1. rondomtaliedraai
    Junie 14, 2014

    Baie dankie nou kan mens alles met een slag lees.

    Ekis ook dol veral oor kinderillustrasies Ek het op ‘n stadium handboeke geskryf en was meer opgewonde oor die illustrasies as my eie werk

    Liked by 1 person

  2. scrapydo
    Junie 14, 2014

    Dis te pragtig. Die tekeninge vertel die hele storie! Was in die bibliteek die persoon wat oor die kinderboeke besluit en mee gewerk het. Het my gate uit geniet. Ook oggend lees sessies gehad vir die kleintjies

    Liked by 1 person

  3. perdebytjie
    Junie 14, 2014

    Ag die illustrasies is pragtig!Ek het ook rakke vol kinderboeke wat wag om vir kleinmannetjie gelees te word.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Junie 14, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: