Woorde

Bloguitdaging : Stokperdjies – (Pixie)

Wonder of stokperdjies iets is wat jy elke dag een of ander tyd doen , of soms so nou en dan ..dan en wan ?

As ek my stokperdjie beoefening moet vergelyk met iets, sou ek ‘n colage gebruik

stokperdjie2So iets van iets .   Is Pinterest ‘n stokperdjie daar waar jy kan plakboeke maak van alles wat vir jou mooi is en waarvan jy hou uit ander mense se fotos , idees, kuns musiek grappe. Enige denkbare onderwerp. Jy kan jou eie werk en fotos ook daar plaas. My Pinterest blad  se opskrifte is   Afrikaans . Dit begin by Boekmerke en eindig met Uilwysheid. Daar is tot 2 geheime blaaie wat net vir my oë bedoel is..so slotjie aan.

Ek het ‘n stadium gedink hekel is my stokperdjie… met sulke dun nommer 20 gare gehekel (coats)  . Later hangeroortreksels gehekel..met knopies en kraletjies   – toe ek al honderde moes maak , was dit ook nie meer lekker nie.. Klein hangertjies wat pas by klein rokkies/ denim pakkies / babakleertjies – wat mense as geskenke wou gee.

stokperdjie hangersMiskien is woorde /lees/ woordeboeke lees/ aanhalings – en notas maak daarvan ..sulke dinge dalk my stokperdjie. Of afluister  of meeluister . Meelees – iewers het ek iets gelees en afgeskryf , jammer ek weet regtig nie waar nie, dit is gemagneet teen my rekenaar se toring.

: “Moet ook nie alles glo wat jy hier raaklees nie.

Plaas ‘n wag voor jou vingers as jy tik en kyk weg van goorgoed wat ook in die www-wêreld rondsweef.”

Miskien is lees my stokperdjie?

Blog?

 

 

Advertisements

14 comments on “Bloguitdaging : Stokperdjies – (Pixie)

  1. scrapydo
    Junie 17, 2014

    Lees en blog is ook stokperdjies glo ek

    Liked by 2 people

  2. Kelkiewyn
    Junie 17, 2014

    Gee bietjie vir ons ‘n skakel na jou Pinterest-blad, ag toeee?

    Liked by 1 person

  3. Net Ek
    Junie 17, 2014

    Ai ja, ek weet ook nie wat my stokperdjie is nie.

    Ek neem graag foto’s, maar is absoluut vrot met dit – so dit tel nie. Ek karring met kwaste en verf (staar meestal net na dit) – so dit tel nie. Tik op ou tikmasjiene gedigte en so – maar dis geleende woorde – so dit tel ook nie.

    Nee a ek weet ook nie!

    Dink ek moet die een uitsit, :-)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 17, 2014

      NNeeee Net ek , jy onderskat jouself… ek gryp en los net tussen goeters waarmee ek soms mee besig is, ek dink kwaste en verf .. as jy dit doen dan doen jy dit omdat jy dit geniet, stokperdjies is daar vir geniet. en jy blog, aarde jy klink soos Tyler met die mooi dinge op ou tikmasjiene se tik en woorde.. nee wat ek is nuuskierig,

      Like

      • Net Ek
        Junie 17, 2014

        :-)

        O ek LOVE my ou tikmasjien. Gemaak in dieselfde jaar as wat ek gebore is. Dis seker nie stokhoringoud nie, maar vir my is dit maar oud genoeg!

        Ag my plan is om my hele muur vol getikte flenters gedigte en foto’s en so te maak, maar gewoonlik sit ek en staar na ‘n ruk by die venster uit! :lol:

        Eendag sal ek dalk iets wow hê om hier te kom wys!

        I just feel so uninspired! Ek koop al die goed met helse lawaai en opwinding, en dan gooi ek die sakke op my lessenaar neer en staar na dit. Ek weet nooit waar om te begin nie!

        Liked by 1 person

    • vvuureoc
      November 17, 2014

      Die nuutste een is die koue water vissies.Het dit jare terug gedoen mar die veld het so verander dat ek nou deurgaan as beginner. Ek is mal oor die vissies hule monde gaan oop en toe sonder om te kritiseer, voort te skryf of te bedel..

      Ek probeer die kos stories beperk wat ek is kapabel en eet my in ‘n nuwe wereldrekord in. Fotografie is die ander een maar my digitale kamera is effens te beperkend en films vir die ou meester {Pentax k1000} is deesdae skaars en peperduur.Gedigte is volgens die kenners te klinies so dit gebeur amper nooit.

      Like

      • Net Ek
        November 18, 2014

        O nee, ek soek asb niks meer wat asemhaal nie! Met my seuns in die huis het ons nou van rotte tot voëls al gehad, ek het genoeg gehad!

        Ja ek karring maar so rond tussen griffels en prentjies neem, al is my griffels depressing en my foto’s sleggerig! ;-)

        Dit hou my effens besig darem.

        Like

  4. perdebytjie
    Junie 17, 2014

    Jy lyk na ‘n baie handige mens,met ‘n oog vir die mooi dingetjies in die lewe.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 17, 2014

      oe ek wonder oor die handig!! Ek hou nie van kosmaak nie, ek het lank terug vreeslik koekies gebak..al wat ‘n blik was altyd vol,,,en die blikke roep my ‘proe van my proe van my ‘ naderhand hou mens op omdat daar ‘n te vooraan was..te veel van ‘n goeie ding . As ek iets graag sou wou doen..groentetuin maak , dan moet ek gemaklik buk en opstaan … nou gerbeur dit met steun en kreun. Jolige dag vir jou Perdebytjie en altyd dankbaar vir jou inloer en gesels.

      Like

  5. kellyseblog
    Junie 17, 2014

    Dit lyk en klink nice. Ek dink dis baie goed om ‘n stokperdjie te he. Iets om jou gedagtes mee te laat gaan.

    Liked by 1 person

  6. Son
    Junie 18, 2014

    Lees en foto’s neem is beslis my stopkperdjie. En swem dalk?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 18, 2014

      Son, heerlik om jou hittetjie te voel… neem deel toe, dit is altyd lekker om elkeen se verskillende stokperdjies of menings te hoor.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Junie 17, 2014 by in Bloguitdaging.

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: