Woorde

Pannekoeke, Pa’s en Tannie Poppie

Hierdie vrou skryf mens tot in die hongerte in .. goeie motivering om pannekoek te bak . Heerlik gelees. Hoop almal geniet die saamlees .

huiskok

As jy, soos ek in ‘n huis met ‘n pan grootgeword het, ken jy pannekoek, eet jy pannekoek en bak jy pannekoek.  Ek het dit aanvaar as belangrike grondbeginsels van die lewe.

Pannekoek met 'n stroopstreep Pannekoek met ‘n stroopstreep

Moederliefde = Pannekoek

Reënweer = Pannekoek

Lus vir peusel = Pannekoek

Weeksaande = Pannekoek

Naweke = Pannekoek

Olik = Pannekoek

Vrolik = Pannekoek

Met ‘n pan, ‘n vlam en met nie veel meer as meel, water en ‘n paar eiers nie word kerksale gebou,  fondse bymekaar gemaak vir  skoolbussies en geld vir kore en skooltoere bymekaar gemaak. Die kirts-kras van van kaneelsuiker en die belofte van ‘n veerligte pannekoek trek die basaargangers soos bye na ‘n blom. Ek gee eers pannekoek-resepte (afgebedel en self beproef) en daarna meer oor die  geskiedenis en herkoms van pannekoek, van die oerpannekoek tot die moderne, bekinkelde pannekoek.

My pannekoek-skepping wat ek laas Sondag op Vadersdag gemaak het is opgedra…

View original post 2,238 more words

Advertisements

4 comments on “Pannekoeke, Pa’s en Tannie Poppie

  1. huiskok
    Junie 18, 2014

    Baie dankie vir die deel van my pannekoekstorie. Ek wil help om onthoukos op ons tafels te hou. Groete, Errieda

    Liked by 1 person

  2. coetzee2014
    Junie 18, 2014

    Daar kom min dinge, seker die 2e lekkerste ding in die lewe, by pannekoek, Dan net met suiker en kaneel, met enigiets anders, is dit nie meer pannekoek nie maar ´n dis. Dankie vir hierdie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 18, 2014

      Wens jy kon Erieda se program oor RSG luister, lees gerus haar blogs, min mense laat kosmaak soos verhaal klink. Lees so met smaak.

      Like

  3. scrapydo
    Junie 19, 2014

    Beslis lees met smaak. Pannekoek het ook n belangrike rol gespeel in my jonger dae

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Junie 18, 2014 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: