Woorde

Liewe Mia

Hallou Liefiekindjie

Ouma kon nie glo dat jy binne een week  pofwangetjies gekry het nie.. jy is nog bitter klein – maar ek is bly oor die vetjies al is dit nou net aan jou wange.

Ek sien so klein fyn swartstrepie wimpers..dit is ook al besig om meer sigbaar te raak. Dit net in een week… en jy wip soos jy skrik vir die veterhondjies se naeltjies op die vloer..

Ai ek is jammer oor die krampe en lugborrels wat knaend pla. veral as jy so hik en dit klink soos ‘n fluitjie ag toggie ! Toe onthou Oupa die dae toe ons jou oom Pieter (ook op 8mnde swanger gebore) so op die knie laat wiip het , tot die hik saam gaan perd ry het die vlakte in

Hurte hurte perdjie

met jou stompe stertjie

kyk hoe ry die menere

met hul bonte klere

kyk hoe ry die vroutjies

met hul wye moutjies

kyk hoe ry die Konstabel

met sy

groot blink sabel..

..en daar is die hik weg, en jou Mamma en Pappa dink ons is so oulik en slim.. hmm.

Ons twee het darem bietjie alleentyd gehad. Net ons twee . Jou klein handjie in my hand.

Ouma is lief vir jou

mia album 3 a

 

21 comments on “Liewe Mia

  1. Skeletor
    Junie 23, 2014

    Awwwwwww… shame! Dis so cute… :)

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 23, 2014

      Ek is gaande oor jou .. ek hou van manne wat broeis raak !

      Like

      • Skeletor
        Junie 23, 2014

        Wag! Stop die lorrie die drywer is dronk! Ons sal nou nie sê ek raak broeis nie! Daar moet nog BAIE ponde afgeskud word voordat DIE Skeletor pa word…

        Like

      • ddupl3ss1s
        Junie 23, 2014

        ha ha … heerlik lag ek vir jou !! Toemaar ek geniet altyd jou kommentaar.. daardie stokperdjie wat jy be-oefen is daar nie babatjie modelletjies nie.. (ek’s aspris skeletor)

        Like

      • Skeletor
        Junie 23, 2014

        Ha ha! Nee. Geen babas waar ek betrokke is by nie. Maar ek sal erken: Ek sal dit nou nie as die grootste ongerief verklaar as ek wel Pa sou word nie. My grootste probleem tans is die misdaad en dat kinders net nie meer veilig is vandag nie.
        Ek wil nie ‘n kind in die wêreld (Suid Afrika) in bring nie. Mense kan my seker haat hiervoor en dit is okay. En hulle kan my ‘n miljoen redes gee waarom ek verkeerd is. En dit is ook okay.
        Ek wil graag maar net hê my kind moet dieselfde grootword soos wat ek groot geword het.

        Liked by 1 person

  2. perdebytjie
    Junie 23, 2014

    Ai dis mooi!Daardie rympie neem my vêr terug..my pa het dit altyd vir my opgesê!Mia is pragtig en daardie handjies!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 23, 2014

      Perdebytjie ek weet nie waar het ek daardie rympie geleer nie.. of liewer gelees nie, ek het dit altyd vir my dagkindertjies opgesê – toe my knieë nog hul wip gewip het..ek het lêer met al die gediggies van my Dagmoedertyd , sal moet gaan uitgrawe..

      Like

      • Olga
        Junie 23, 2014

        dit sal ‘n fees wees Dirkie. Ek geniet die ou rympies soooo baie. Jou Mia kindjie is pragtig.

        Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    Junie 23, 2014

    Ooooo ons sal ‘n hele uitdaging oor die klein goedjies moet doen. Mens kan sommer sien jy geniet die Oumaskap gate uit! Dankie vir die deel

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 23, 2014

      slim idee … ek het intussen slim geword, baba grootmaak verskil vreeslik teen 32 jaar gelede ..

      Like

      • rondomtaliedraai
        Junie 23, 2014

        Dit glo ek baie goed. Daar is nou soveel meer goeters en hulpmiddels

        Like

  4. scrapydo
    Junie 23, 2014

    Ag dis te pragtig! Mia is darem maar nog vreeslik klein Ouma! Dis vreeslik om dan nog so vol ongemaklike winde te wees. So bly daar is n oupa en ouma om alles beter te laat voel Ek geniet dit saam met julle

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 23, 2014

      Ek weet nie waar het my antwoord op jou kommentaar beland het nie… die probleem met vroeggebore babas die natuurlike instink van drink moet soms bietjie aangehelp word, die ritme van sluk en asemhaal moet ook maar gebeur wat soms gepaardgaan met winde sluk en stik .. alles dinge wat met tyd ontgroei word. Ons is amper nog net in toesighoudende hoedanigheid ..ha ha , maar ons geniet die nuwe status, dankie vir jou saamlees.

      Like

  5. Net Ek
    Junie 23, 2014

    Ah is dit nie die mooiste foto nie!

    Ag dis so lekker en spesiaal dat jy dit hier kom deel met ons klomp!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 23, 2014

      Ek maak almal broeis … nou die dag vir my vriendin vertel ek is al bang ek spog te veel …

      Like

  6. Kameel
    Junie 24, 2014

    Sy is te pragtig, en geniet elke oomblik want voor jy jou oë uitvee is daardie mensie groot.
    Dit is anderste om ouma te wees Dirkie, asof ‘n mens se hart te sag en jou knieë lam geraak het. Jy wil net toevou en beskerm, en die lewe van hulle af weghou.

    Like

  7. pienkpantoffels
    Junie 25, 2014

    So oulik Ouma! Laat my dink aan my kleinkinders wat so oulik ôma sê.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Junie 23, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 36 513 hits