Woorde

OOR BLOGS…

OOR BLOGS

“Ten slotte:

Blog vir jou eie genot en nie omdat jy honderde volgelinge wil werf nie.  Volgelinge is goed, maar as jy so ‘n groot behoefte daaraan het… begin ‘n kerk!”

Direkte aanhaling uit Beatrix Roux se – Die ABC van 123 blog myself. op Litnet Blogs. Dit klink darem vir my so nodeloos om te blog en jy sit in jou eensaamheid en woorde tik en niemand lees wat jy wil deel nie.. volgelinge is belangrik . Dit is hoekom mens blog.

Ek het so deur my lys gegaan van blogs wat ek volg , ek glo nie ek word vreeslik gemis  as volgeling nie maar ek mis die blogs. Sommige bloggers blog net minder .

Hoop beskaam nie , dalk is dit Winter in blogland..

 

22 comments on “OOR BLOGS…

  1. rondomtaliedraai
    Junie 24, 2014

    Ek is nukkerig hieroor. Waarom gebruik hulle nie mense wat bloggers in murg en been is Wat gereeld blog en die ordentelikheid het om hulle kommentaar te antwoord.

    http://blogs.litnet.co.za/tina/?p=3808

    Like

  2. Woef-Woef
    Junie 24, 2014

    Ek stem! Vir my is blogging ‘n vorm van “ontlading” en wie dit wil lees is welkom en as niemand belangstel nie, het ek darem my pret ook gehad.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 25, 2014

      Soort van terapie… geen Sielkundige kom naby blogging nie en niemand praat terug nie ..buiten natuurlik die kommentare en dit kan mens antwoord al dan nie… Maar ek is seker vreeslik eerlik – my ou selfbeeldjie gaan een hewige knou kry as niemand my goed lees nie…

      Like

  3. melouisef
    Junie 24, 2014

    Yes!

    Liked by 1 person

  4. melouisef
    Junie 24, 2014

    Blogs is goed wat kom en gaan. Ek het n paar baie goeie vriende gemaak op die blogs. Ons drink saam koffie net hulle blog nie meer nie. Miskien het FB oorgeneem?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 25, 2014

      Ek kry sulke buie ..sluit my blog en dan is ek agterna spyt.. jare se goed weg. – maar ek erken ek geniet mense se kommentare , sal darem nie vir my lekker wees is daar nie ‘n snarts te prate word nie…

      Like

      • ddupl3ss1s
        Junie 25, 2014

        Wou nog byvoeg melouisef, ek het by my ander blogs baie keer sommer oor die wel en weë in hierdie huis op die hoek geskryf,, fam wat vêr is het dit altyd geniet bloot oor dit naderhand al kontak was… mense is nie op my facebook so geselserig nie.. ek beter met die siele praat…

        Like

      • melouisef
        Junie 25, 2014

        Ek het my adage blog gesluit a g v mense wat my eenvoudig netnie kon uitlos nie, dit het net te onaangenaam geraak as Elke woord verdraai word.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Junie 25, 2014

        My mens Kind… was jy Adage !! Aangenaam nê…ek moet ruiterlik erken niemand was nog lelik met kommentare op my blog nie.

        Like

      • melouisef
        Junie 25, 2014

        Ja dit is terapeuties en soms is dit nodig om ou wonde weer te verbind. Ek het n paar lesers wat n obsessie het met wat ek blog en tog is dit nie persoonlike dagboek inskrywings nie. Vreemd ja!

        Like

  5. scrapydo
    Junie 24, 2014

    Dis waaroor dit gaan – GENIET – nie hoeveel “likes” daar inkom nie. Dit se gladnie of jy gewild is en of mense lees wat jy se nie. Baie kliek net en dis dit. Ek hou van n “gesellige” hoekie om te kan deel.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 25, 2014

      By lit is daar nie like sterretjie nie..en dit laat mens tog meer saampraat. Ek het al self gewonder hoveel lees werklik .

      Like

      • scrapydo
        Junie 25, 2014

        Ja, ek hoor maar dat t maklik is om te like en verder niks. Ek like die wat ek lees en antw nie regtig as daar baie reeds al geantw het nie. Ek voel dis n herhaling van woorde.

        Like

  6. perdebytjie
    Junie 25, 2014

    Mens wil nie op ‘n eensame blogeiland sit nie.Die interaksie maak dit vir my eintlik die moeite werd om te blog.Dis veral lekker om mense wat jy nog nooit ontmoet het nie,te probeer opsom en ‘n indruk van die persoon te vorm.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 25, 2014

      Jy vertel my… ek kan nogal baie uit ‘n persoon se stem agterkom maar by blogland is die avatar en die blog al handleiding.. ag ek moes jou nog gevra het hoekom het jy perdebytjie as naam gekies?

      Like

      • perdebytjie
        Junie 25, 2014

        My Nederlanse nooiensvan klink baie soos perdeby en as kind het maats my soms so genoem.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Junie 25, 2014

        ooo !! dit is slim

        Like

  7. murphy
    Junie 25, 2014

    Ek moet sê, ek lees meestal alles, en “like” om te sê ek was daar en “hallo”, al het ek nie altyd ‘n kommentaar om te lewer nie. WordPress maak dit moeiliker, dit was meer interaktief op Litnet, maar ek het ook uitgekuier geraak met die trolle en blog-fights. Soveel so dat ek ook ‘n hele twee jaar se blogs net eenvoudig delete het, tot my groot spyt.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 25, 2014

      Ek ken daardie spyt… ek is nietemin bitter bly (bestaan daar so bittere vreugde?) dat jy weer begin blog het.

      Like

  8. Wietz Marais
    Junie 25, 2014

    P.G. Du Plessis het eenkeer gesê om te skryf sonder ‘n gehoor is soos om te…
    Uhm…Wag. Liewer nie. Ek is mos in damesgeselskap hier! ;-)

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 25, 2014

      hmm en ek kan dink wat sou hy sê .. hy bly pittig met so bietjie brand soms onverwags oppie tong , nietemin dankbaar die uwe vir die saamlees .

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Junie 24, 2014 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 519 hits