Woorde

Musiek

As mens se oor die dag nie meer hoor wat hy moet hoor nie..al wil jy , hy luister nie!

Kompleet soos ‘n ongehoorsame kind/tiener/grootmens… dié nie horende oor. Dan is klank kosbaar .

Nietemin: –

Alles gaan oor Beethoven . Ludwig von Beethoven.

Ludwig van BeethovenDie man met die onweerswolke op sy gesig .

Ek sou graag Für Elize wou aflaai.. maar het toe op hierdie flertsie afgekom

so klein stukkie kreatiewe intrada.

As ek aan Beethoven dink, buiten nou sy pragtige musiek .. onthou ek altyd my oorlede neef se reaksie/skrik/skok,  toe hy eendag by sy suster gekuier het. Slaapkamer deur toegemaak, so met rugkant na die deur begin hy al sy broek uit te trek . Met die omdraaislag kyk hy vas in Beethoven se lewensgrootte plakaat agter die deur.

Ek hoor hom nog so met sy rol erre : “Oom Hendrgik, ek het so groot geskrgik , die man wat my so beneuk aankyk ..mens kan nie eens in vrgede mens se bgroek uitrgek nie..!”

Klein dingetjies wat mens altyd iemand sal laat onthou .

Advertisements

12 comments on “Musiek

  1. scrapydo
    Junie 27, 2014

    Sal goed glo dat so n uitdrukking mens sal terug bring aarde toe!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 27, 2014

      Daardie neef is lankal oorlede .. en die onthou so tesame met Beethoven sal seker bly. My Niggie se dogter het destyds so Beethhoven manies gewees.Alles van themde en potlode en papier alles is versier met die stug gesig van Beethoven..

      Like

  2. rondomtaliedraai
    Junie 27, 2014

    hehehehe ek moet ook ‘n kwaai oom agter my kamerdeur plak.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 28, 2014

      Ek kon nie weerstaan het om te lag nie … hoekom ? O nou is ek so nuuskierig.

      Like

      • rondomtaliedraai
        Junie 28, 2014

        Dis beter as die dik lyf wat ek nou in die spieël sien

        Like

      • ddupl3ss1s
        Junie 29, 2014

        Jy moet weet my selfbeeld het so terug aarde toe een gekry – een van Kinta se pasiente wat so ewe drogies vir my vertel ek’s lelik..net so- nie so mooi soos die Kinta een nie… eish. Nee wat voorkoms is alles net tydelik..dit wat in die oë sigbaar is() dit is wat tel. Die dade en hartsdinge

        Like

      • rondomtaliedraai
        Junie 29, 2014

        Dankie vir die preek!!!! :) Ek moet egter binnekort iets aan my gewig doen wan my gebeentes kan nie alles dra nie. Ek het ‘n fancy broodblik vir my verjaardag gekry en die sal binnekort leeg moet bly.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Junie 29, 2014

        linseed broodjies ..maak nie vet nie…dit kan in daardie broodblik inpas.

        Like

      • rondomtaliedraai
        Junie 29, 2014

        Ek koop dit …maar dis wat ek daarop sit wat die slegte goed is … ek beweeg ook heeltemal te min …sug…

        Like

  3. perdebytjie
    Junie 27, 2014

    Ek dink Beethoven was uiters depressief oor sy doofheid,vandaar die stuurse gesig.My ore suis weer soos die see tydens springgety.Voel soms of ek mal gaan word…ek soek net stilte,stilte,al is dit net vir een minuut.Gelukkig kan ek darem nog hoor tussen die sonbesies deur.

    Like

  4. ddupl3ss1s
    Junie 28, 2014

    Het jy tinitus of Meniere’s sindroom? ..ek het ook die see in my oor , gelukkig net die een oor. Die oor-neus-keel dr, het vir my destyds vertel mense met so probleem moet mens maar waak teen depressie- daardie ewige klank. Ek hoop jy luister spesiaal vrolike musiek vandag om die suising weg te jaag..

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Junie 27, 2014 by in musiek.

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: