Woorde

Liefste Mia

Mia Liefiekind, jy word vinnig groter. Ek hoor jou Mamma vertel dat die Preemie kleertjies  al knap raak. Ek is baie bly daaroor.

Ek wou jou eers  jammer kry.. jou Ma wat so ewe vir my vertel sy  trek jou al groter klere aan, volgens haar sal dit ook nie lank pas nie, want sy sien dit aan jou torso! Siestog om te dink jy met jou ou fyn lyfie ..daar word van jou torso gepraat… Jou Ma praat maar so. Jy sal nog agterkom, dink teen jy twee jaar is ken jy seker elke liggaamsdeel se fênsie naam.

Ek kry mos van haar ‘n whatsapp boodskappie.. (eendag as jy groter is sal die tegnologie seker iets anders gebruik) nietemin my Kindjie  vertel jou Ma so ewe vir my , en ek haal aan want eendag het ons nie bewyse nie nê :

” ..ek gesels lekker in haar oor . Vertel vir haar lekker stories. Het haar ook vertel ons praat nou hieroor en dan vir jare sal ons dit nie weer ‘mention” nie en as sy eendag groot is – kan ons weer hieroor gesels.”

Mia, nou wonder ek wat se diep gesprekke is jou Ma besig om met jou te gesels? Ek’s nuuskierig , maar sy rep niks nie.. glo net julle twee se geheim …

Ouma is baie bly oor jy en jou Ma nou al lekker gesels, ek hoop julle twee sal ook eendag sulke lekker maats wees – soos ek en jou Ma.

Liefde vir jou Kinnie..

Mia en MammaVan Ouma

Advertisements

10 comments on “Liefste Mia

  1. Woef-Woef
    Junie 29, 2014

    Geniet die klein dingetjie – daai grootword en nuwe dinge waarmee hulle later na vore gaan kom, gaan julle nog soveel plesier gee.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 29, 2014

      Baie dankie Woef-woef, ek sien nogal uit na die praatjie stadium..

      Like

  2. Rosa
    Junie 29, 2014

    :D

    Liked by 1 person

  3. scrapydo
    Junie 30, 2014

    Ooo dis te lekker as die mamma sulke geheime besprekings het met leifkind. Dis nou om te “bond” wat baie belangrik is. Dis hoekom jy en jou doggie ook mekaar verstaan. Pragtige foto

    Liked by 1 person

  4. ddupl3ss1s
    Junie 30, 2014

    Oee Scrapydo ..die woord doggie, ai ai ..my Pa het my altyd so genoem. Gelukkig vergeet mens al die opdraandes en onthou gewoonlik net die mooi dinge van kind grootmaak en grootkry.

    Like

  5. perdebytjie
    Junie 30, 2014

    Ai dis die mooiste twee doggies op die foto!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 30, 2014

      Baie dankie Perdebytjie.. weet nou wraggies nie wie geniet ek die meeste nie, ek geniet my Kinta baie, sy kan soms so vrek snaaks wees…

      Like

  6. kellyseblog
    Junie 30, 2014

    Die is so kosbaar. Wat ‘n wonderlike gedagte vir eendag se onthou.

    Liked by 1 person

  7. ddupl3ss1s
    Junie 30, 2014

    Dankie Kelly – en vir die saamlees

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Junie 29, 2014 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: