Woorde

Liewe Mia

Mia kindjie,   weet jy wat het ek agtergekom?  Die oomblik as mense  hoor die babatjie wat die belangrikste deel van ons huisgesin geword het, het koliek(!) … my Liefie dan stroom die rate in.

Ek wil jou vertel van die algemeenste raad .. die ‘Lennon” raad. Glo my en dit het nou niks met John Lennon te doene nie hoor ! (oor hom sal ek eendag vir jou vertel as ek dit enigsins nodig ag..) Ek vertel vir jou Mamma , hier is een van haar kennisse wat vertel koop  Behoedmiddel.. jou Ma was weer pittig met haar opmerking “is voorbehoed nie  effens te laat nie ?”   (toemaar Mia , dit is ‘n storie wat jou Ma eendag aan jou kan  verduidelik )lennon behoedmiddelSo lyk die bewysstuk. Ek weet as jy nou so steun en kreun raak mens desperaat, genadiglik lees Ouma mos alles op houertjies. Ek wens tog jy kon jou Oupa se gesig sien met die lees van die inhoud van die Behoedmiddel.  Ouma kan regtig nie herhaal wat hy gesê het nie.. maar met die persentasie etenol en alkohol wat in daardie botteltjie se inhoud is, het Oupa gewaarborg mens kan defnitief ‘n vliegtuig opstuur maan toe.. Toemaar ons het liewer ander druppeltjies  gekry..veilig .

Baie dankie dat ek vir die paar dae vir jou kon kuier . Die vashou. Die saggies streel teen jou wangetjies , die raak aan jou fyn neusie, die stipkyk tussen ons twee .  Ek en jy en jou Mamma , het lekker gesels oor haar kosbare kleintyd. Oor mooi maniere. Oor liefde. Oor respek   oor vriendelikheid oor minsaamheid en ons het saans saam-saam drome gedroom.

Ouma is baie lief vir jou

mia album 7

 

Advertisements

10 comments on “Liewe Mia

  1. newsferret
    Julie 3, 2014

    Prag kleinkind vir heerlik brag – jy mag hoor!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 3, 2014

      Ek het so ander foto wat sy rooi gesiggie skree – vuis in die lug … maar sal maar ydel wees en die mooi een kies. Gesiggie verander so vinnig.. Dankie News, haar Ma het onthou hoe ek haar kleintyd gesede preek het voorkoms is handig maar die innerlike , so verskriklik belangrik.

      Like

  2. scrapydo
    Julie 3, 2014

    Die voorbehoedmiddel het my menigmale gehelp om my klein “mannetjie” te kalmeer. Was nie Lennons sn nie! Dit help beslis. Dis n pragtige foto te dierbaar vir woorde. Ek is so bly julle geniet mekaar so vreeslik baie

    Liked by 1 person

  3. ddupl3ss1s
    Julie 4, 2014

    Dankie scrapydo, ek hoop die koliekerigheid a.g.v. vroeg geboorte , se ontgroeiing is vinnig oppad. Die kuiers raak al hoe lekkerder ..

    Like

  4. rondomtaliedraai
    Julie 4, 2014

    Ag baie sterkte… Julle gaan nog ure se plesier met die klein ding kry

    Liked by 1 person

  5. perdebytjie
    Julie 4, 2014

    Wat ‘n dierbare ou poppie!Sterkte met die koliek…dis maar beter om wetenskaplik getoetste medikasie te gebruik.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 4, 2014

      angswekkend as mens kyk hoeveel alkohol is in oor die toonbank medikasie… dokters se voorgeskrewe doepa meer haalbaar.

      Like

  6. Net Ek
    Julie 7, 2014

    Ag kyk net daai bekkie! Vra mos om opgesoen te word!

    Liked by 1 person

  7. vvuureoc
    Oktober 28, 2014

    Sterkte ons mannetjie het ook geskree asof hy betaal word. Drawiegie op die Mini se enjinkap terwyl hy luier of op die outo wasmasjien as hy loop (gedurig met ‘n kleinmensie in die huis)
    Telament (spelling?) druppels
    Sojamelk
    Twee druppels pepperment olie in ten minste halwe botter melk of water
    Geduld GEDULD en gebede!!!

    Vandag as ek bulder in plaas van roep gebruik ek die verskoning “Jy het ses maande lank op my geskree!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 28, 2014

      ons en die Ma en Pa , is nou deur al die meds. beleef nou die geduld en snags die gebede fase.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 3, 2014 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 16,972 hits
%d bloggers like this: