Woorde

Liewe Mia

Mia , Dit is Maandag . Vandag is my briefie ene fotos. Vandag gaan ek jou vertel van jou Tannie Ria. Sy’s Oupa se sussie.

SAMSUNG CSC

Sy en jou oom Nico bly in Swellendam in die blou huis :SAMSUNG CSCLank terug het hulle in Deneysville gewoon, langs die Vaaldam..mens kon so deur haar kombuisvenster  kyk vir die klein golfies op die dam. Die kleur van die water wat so van diepblou verander na gryserig.  Tannie Ria het daar in hulle tuin altyd bome en struike geplant vir almal wat lief en dierbaar was . Almal wat  al ophou leef het. (dood- klink vreeslike woord) . Mens kon so kuier-kuier by  Oupa Pieter en Ouma Johannatjie se struik of boom, en nog ander familie  s’n .  Ta Ria vertel nou die dag.. nee gits nou gaan sy vir die wat nuut is en lewe begin bome plant. Dit is toe waar jy en Haike nou die eerste twee word om in Ta Ria se Blou huis se tuin ‘n eie boom te kry.

Ek wil jou darem eers voorstel aan Haike, jou niggie. Dit is Tannie Mirna(ta Ria se dogter)  se dogtertjie.

haike blogDie boom  wat sy vir kleine Haike uitgekies het is ‘n Huilboerboonboom..allerpragtige blomme – so lyk die prentjie as die boom nou vrolik blom. Ek kan nie wag wanneer julle daardie naam gaan na-praat nie- so tongknoper.

huilboerboonboom Haike

Mia, ek is darem so jammer julle twee bly so bitter vêr van mekaar ..jy  hier in Gauteng en Haike doer vêr in die Kaap – julle sou darem lekker kon saamspeel. Miskien boomklim- wonder of dogtertjies mag boomklim – ek sien al hoe staan die Mammas en Pappas onder daardie bome met ‘n “Passop! Mooi trap! Versigtig ..nee klim liewer af!” of so iets ..

mia album 8Nie dat jy nou al kan speel nie.. maar moet darem sê jy suig darem lekker aan daardie foppie (die een wat nou danksy oom Danie Coetzee ‘n ander naampie gekry het – ‘n droë prampie!!) ..en die kleur pas nogal by jou gekose boom se blomme…

Ta Ria het besluit jou Boom gaan ‘n VanWykshoutboom wees. Te pragtig kyk net die blomme..vanwykshoutboomIs dit nou nie wonderlik nie , twee dogtertjies met bome in die die Blouhuis se tuin.

Nou wonder ek ..ek het gehoor Oom Johan-hulle gaan volgende jaar trou…oe jong sal dit darem nie lekker wees as hulle ook  ‘n boom in Ta Ria se Tuin kon naamgee nie!

Mia Kindjie, vandag se brief was nou ‘n lekkerste lekker foto briefie. Eendag kan jy sommer self vir Ta Ria ‘n groot drukkie gee  vir haar liefde vir bome en tuin en om julle daarvan deel te maak..(Spesiaal dankie van hierdie Ouma Dirkie aan daardie Ouma Ria- dit is kosbaar)

Ons is lief vir jou

Ouma en Oupa.

 

Advertisements

7 comments on “Liewe Mia

  1. perdebytjie
    Julie 7, 2014

    Wat ‘n oulike idee om die lewe met bome te vier.VanWykshout is een van my gunsteling bome!

    Liked by 1 person

  2. ddupl3ss1s
    Julie 7, 2014

    Ouma Doep het darem vooraf in Deneysville haar roos gekies .. en dit het geblom en sy kon dit nog geniet – sien nog hoe sy haar hande so oophou die roos binne die handpalms. Mooi herinnerringe.

    Like

  3. Lewies Mymer
    Julie 7, 2014

    Slim plan om bome vir die nuwe aankomelinge te plant!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 9, 2014

      Wonder of sy (my skoonsus ) dalk ‘n plaatjie gaan aansit.. dink net eendag as iemand anders daar sou woon .. die wonder oor ‘n boom met ‘n mensnaam !

      Like

  4. rondomtaliedraai
    Julie 7, 2014

    Lekker boommense is gelukkige mense

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 7, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: