Woorde

Blog uitdaging nr 42 -Gunsteling sitplekkie – @perdebytjie

Die Witstinkhoutboom   staan met wye takke-arms uitgestrek by die Huis op die Hoek Derdestraat links.  Nou is die boom kaal en grys teen die blou Hemel afge-ets.

witstinkhout a b

Nogtans   sit ek graag  vroeg soggens in die wintersonnetjie op my spesiale sitplekkie.

witstinkhout duif2Ek sit en kyk vir die vrou met die oorgrootkamerjas deur haar kombuisvenster. Ek kyk hoe haar ou Kat opspring en gulsig katpille eet. Die groot Boerboel al slobberrend sy  blaf halfhartig blaf en sy straaltjie pirts teen die Boom se stam. Ek sit en kyk vir die bure . Vir mense wat kom en gaan werk toe en terug . Ek kyk hoe hul krom-krom stap, hande diep in broeksakke -skouers ingetrek teen die ysige luggie.

witstinkhout nesbAs jy mooi kyk, sien jy dalk my en my vrou se huis. Kyk mooi , daar in die mik ons takkiesnes.

Soms sal die vrou met die kamerjas hek toe stap  sleepvoetend , sy en haar honde . Sy gesels  soms met my. “Kry jy nie koud nie?” Dan kyk ek maar  skeefkop na haar. Sy sal nie verstaan nie al koer ek – al pof ek my vere op – sy sal nie  regtig verstaan nie  dat hierdie spesiale sitplekkie  tog my Hemel op aarde is.

As haar Dierbare Witstinkhoutboom Lentetyd begin bot en Somer groen lafenis gee..dan sit sy soms tot laat op haar groen stoel onder die boom . Doodstil.. dan wonder ek waaraan dink sy?

.

 

* Ek wou nog vertel.. die vrou van die huis het vanoggend sommer met haar selfoontjie my privaatheid binne gedring met haar gekiekie nemery..

Advertisements

13 comments on “Blog uitdaging nr 42 -Gunsteling sitplekkie – @perdebytjie

  1. kellyseblog
    Julie 8, 2014

    Dit was nou lekker leesstof! Baie nice.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 8, 2014

      Dankie Kelly, danksy die duif wat vanogggend vir my sit en loer het, met koffiemaak , het die idee sy sitplek gekry.

      Like

  2. perdebytjie
    Julie 8, 2014

    Dis nou baie oulik!

    Liked by 1 person

  3. ddupl3ss1s
    Julie 9, 2014

    Nogal gewonder oor jou tema! By die see kry mens mos sulke bankies met herinneringe plaatjies aan .. ek het nou nog nie so ‘n sitplek nie! of in ou Kerke sien jy so onthou plaatjie aan kerkbank ..toe kies ek maar vir Duif. Hy sit soms op die groenhek met die nommertjie op..skeefkop kraalogies .

    Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai
    Julie 9, 2014

    Die inskrywing maak die uitdagings vir my die die moeite werd

    Liked by 1 person

  5. ddupl3ss1s
    Julie 9, 2014

    Die uitdagings is die kabel wat die ou tjorretjie se battery aan die gang kry! Ek sienuit na die onderwerpe ..

    Like

  6. Net Ek
    Julie 9, 2014

    Ag dis sommer oulik!

    Like

  7. scrapydo
    Julie 9, 2014

    Oooo dit was nou n besonderse sitplek wat jy voor my oopgemaak het. Jy moet groete stuur vir meneer en sy vroutjie ook. Ek loop juis die hele middag en broei oor n “pos” wat ek wil doen oor geveerde vriende wat ek hier mis. Wraggies toe ontmoet ek sommer een van my vriende hier by jou! Baie dankie hoor!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 9, 2014

      Plesier, ek sien uit na geveerdes ..jou fotos is darem nie soos myne met ‘n bewehandjie en selfoon nie..is maar koud hier by ons!

      Like

      • scrapydo
        Julie 9, 2014

        Hier het dit verlede week op berge gesneeu.Wind is ysig. Dis egter nodig voordat ons weer na die warmer deel van jaar oorskuif

        Liked by 1 person

  8. Lewies Mymer
    Julie 9, 2014

    Baie oorspronkilik! Daar in Klerksdorp het ons drie witstinkhoute in die erf gehad–nou hoor ons die nuwe eienaar het een afgekap.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 9, 2014

      Dan huil ek sommer..laat my dink aan my skoonma wat so verontwaardig was toe nuwe eienaar van haar huisie in Vredefort haar tuin se bome of struike(?) uitgehaal het, was vir haar vreeslik ontstellend..Ek wonder die dag as ek hier uittrek gaan die ouens seker al die Sederbome afsaag. Hoewel dit nie inheems is nie.. is dit heerlik in Somer.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 8, 2014 by in Bloguitdaging,Uncategorized.

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: