Woorde

Hierdie blog is vir hom op 11 Julie

Op jou verjaarsdag dink ek altyd aan Ma.

Met ons saamgesels vertel ek dit weer , “ek kry  Ma altyd  jammer so kramery en dit in die winter, en dit nogal in Vryburg ” en jou teen antwoord..”toe het ek al ‘n knou weg , so kaalgat en dit in die winter!”

Jy kan so verskriklik ernstig wees en tog so verskriklik snaaks.

Die man met die ernstige oë en die vriendelike stem. Soms  kwaai oë en  ferm stem.

Die Pa van ons kinders die uwe se Geliefde.

Vir my sal jou Geboortedag altyd ‘n viering wees van jou lewe.

Jy hou nie van klomp onnodige woorde nie, dus-

Baie geluk , ons is almal so oneindig dankbaar vir die voorreg om hierdie dag nog saam te geniet.

Sing? Nee Doepie, ek’s bevrees  ek sal nie eens  die eerste reëltjie van-Laat Heer U seën-  kan sing nie , dan sal my stem breek..

Vreugde en liefde vir jou, jy’s vir ons kosbaar.

 

 

 

 

Advertisements

17 comments on “Hierdie blog is vir hom op 11 Julie

  1. coetzee2014
    Julie 10, 2014

    Wat ´n mooi getuigskrif!

    Liked by 1 person

  2. scrapydo
    Julie 11, 2014

    Veels geluk met wederhelf se verjaarsdag mag daar nog vele wees vir julle saam.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 11, 2014

      Baie dankie ..sal boodskap oordra, jy en Tina is nou al deel van vriende hier in die huis op die hoek ons gesels oor julle soos kennisse.

      Like

      • scrapydo
        Julie 13, 2014

        Lekker man. Ek het juis gister vir my seun vertel van die huis op die hoek en die boom met meneer en mevroutjie duif wat wonder wat alles aangaan in die hoekhuis.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Julie 13, 2014

        Ha ..! lankterug het ek eendag geblog hoe ek my amper selwers uitgesluit het (dink dit was nog by litnet) uit daardie einste huis oppiehoek. Probleem wk was gekamerjas.

        Like

      • scrapydo
        Julie 13, 2014

        Oh no! Wonder wat pappa duif daarvan gese het .. In haar kamerjas en pantoffels ou vrou jy sal my nie glo nie. Ai dis n storie!

        Like

  3. Net Ek
    Julie 11, 2014

    Ag dis sommer mooi!

    :-)

    Liked by 1 person

  4. dolosgooi
    Julie 11, 2014

    Mag die wens bewaarheid word.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 11, 2014

      Baie dankie.Eerste jaar na sy aftrede , hy hoop die volgende jaar loop stadiger..

      Like

      • dolosgooi
        Julie 11, 2014

        Dit blyk die jare loop al hoe vinniger soos mens ouer word.

        Liked by 1 person

  5. perdebytjie
    Julie 11, 2014

    So mooi!Baie geluk!

    Like

  6. rondomtaliedraai
    Julie 11, 2014

    ooooo amper mis ek die heuglike dag… hehehehe ek loop heeldag en dink dat en soos hy heelnag moet gaan prrrts en as dit so koud … wel terug by die onderwerp Baie geluk hoop die nagte sal en die dae sal sommer baie lekker wees. Waar is die koek?

    Liked by 1 person

  7. ddupl3ss1s
    Julie 12, 2014

    Dankie Tina..

    Like

  8. vvuureoc
    Oktober 28, 2014

    Iemand wat my verjaardag deel !!! Hoop hy is nie helfte so bemoerd soos ek kan word nie.

    Ek was Kimberley maar het so koud gekry hulle moes my uitsit!!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 10, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: