Woorde

Sy wou eers aspris ‘n ouderdomsbeperking bysit ..

.. toe dink die vrou  die rowwe nag is so oordentlik rof ,  los maar die ouderdomme.

Wintertyd is maar moeilik vir die twee mense wat woon in die huis op die hoek. Hulle kry swaar en klae hul klae teenoor mekaar, oor die winterluggie wat soos spookasem jou in die lang gang bekruip.(Hy sê : Blerrie ou koue gat! Sy sê : Kom ons verkoop die kasarm”

Gisteraand het hulle twee probeer om die koue te besweer met geurige sop. Die broodjie in  vingers gesny dik geplak van die smeersel wat darem waarborg dit sal nie die bestaande cholesterol vererger. Hulle sit en blaas rookwolkies oor die sop bakhand vasgehou, nou en dan doop hul die broodjie en smak hul lippe.

Sy  gaan vroegaand al kamer toe ..sit so regop en kyk TV in die kamer. Ag en sy verlustig haar in PG du Plessis en sy manier van praat   en sy vertelllings  en haar hart is seer oor die uitsaaiings wat hy so ewe-ewe oor vertel, so vredig.

Later loer die man in die huis om die deur.. en vra of hy die gewone moet bring, die laaste bekertjie koffie met een sirkel koekie so volgestop van sjokolade brokkies.

Sy was al driekwart aan die slaap. Eintlik aan’t snork , sy het dit so in die agtergrond geluide waargeneem. Hy klim in die bed , nie saggies versigtig soos sy ou vrou nie..nee! met mening! Toe begin die probleme. Die bed. Skielik begin die bed (nuwe kooitjie) te tjierie. Roer die man sy voete- tjierie!! Draai hy om ..tjierie tjierie.

Snaaks toe kom daar so kortstondige déjavu van destyds met die Datsun 160USSS.(die stomme kar het ook ‘n tjierie gehad in die dashboard(paneel!! ) Die man vervies hom in die vinnigste hoogste ratversnelling en met die tjierie-tjierie moer hy die onskuldige kopstuk- DWARRR!! in die donkerte van die nag.Hy het nog die f-woord ook bygesit  Vir diegene wat wonder ..daai tjierie is regtig nie van speletjies speel nie..

Nietemin , die tjierie verdwyn. Sy begin net insluimer . Gaan die ou alarmpie daar in die diepte van die huis af en die dik Hondjie Buks gaan droewig aan’t ween. Die man staan op. Skakel alarmpie af..laat die hond sy pirts buite pirts. Die man gaan ook maar sy pirts pirts..skakel alarm aan ,klim terug in die bed. Die bed! Nee, die tjierie is stil. Maar hy ruk daai lakentjie so styf om sy ou blaaie dat dit snaarstyf span om die ou vrou se gorrel.. Sy’s wakker..staan op loop ganglangs kombuistoe. Sy verwonder haar aan die helder verligte kombuis..maan sit nie daardie kant nie nog minder straatlig.. dit is die Ingelse skuinsoorkant hul huis. Skerp buitelig wat deur murg en been en skuldige gewete sy strale laat skyn. Sy drink haar watertjie. sit kombuislig af. Draai regs , loop sy haar toe vas in die ander vrou. Duidelik afge -ets teen Klein Mia se kamerdeur. Sy skrik ‘n skrik trek haar asem op en voor die gil kon uit..besef sy die is die Ingelse lig en logies word die vrou afge-ets die skadubeeld teen die deur..sy loop bewend van koue en skrik kamertoe.

Sy klim terug in haar bed. Hy slaap . Sy slaap. Sy word wakker..hy’s wakker..hy is weer in toilet. Hy klim weer in die bed. Die bed tjierie..hy se saggies ‘fok’ hy slaap..sy snork haarself wakker. Sluimer in. Steun om op die ander sy. Sy hoor hom weer in die toilet.

Vroegoggend word die twee ou mense wakker . Sy vra oor die knaende gepirts. Hy sê : :Weet jy, jy drink kanne koffie en dit is nie krisis, maar wragtag ek drink 2 bekers sop en 1 beker koffie en my miniskus loop oor..!”

Toe lag hul heerlik. Hul onthou van die Datsun160USSS ,die tjierie in die dashboard, die vuishou teen die dash – die Datsun wat  se diff ge-humm het en die raat druk ‘n piesang in ratkas(!!) virrie hum..Die aaklige spotlights aan daardie kar , wat sy vrou haar dood wou oor skaam..en haar vreugde toe dit een nag afgesteel is..en hul lag oor vervloëe jonkheid.

Sy staan op. So met die opstaanslag  gee sy kennis :”Sal maar more vir jou afspraak maak by die dokter – die een wat werk met met die blase en kliere – ” en hy klink soos ‘n lam ter slagting “Ja.. Hier kom dit!”  en sy kon dit nie weerstaan nie en sit so stertjie by ” Môre is jou verjaarsdag, goeie geskenk, dan is jy sommer gediens vir die nuwe lewensjaar!”

Sal nie sy reaksie opskrif stel nie..dit is waar die ouderdomsbeperking ter sprake kom..

Advertisements

15 comments on “Sy wou eers aspris ‘n ouderdomsbeperking bysit ..

  1. scrapydo
    Julie 10, 2014

    Ooo dis nou te lekker gewees om die twee ou siele se slaaptyd omstandighede te lees. Jy is darem n verteller duisend. Ook heel eg soos dit regtig is Het lus en “like” nog n keer

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 10, 2014

      Dankie Scrapydo.. raak so half nostalgies die ouer word . Bly jy het dit geniet en dankie vir die like , ek waardeer dit.

      Like

  2. rondomtaliedraai
    Julie 10, 2014

    Heheheh… siestog die ouerword vat maar aan die gewoontetjies ook… ek het ook ‘n sleg nag gehad Het voor 2 maar Kokkedoor klaar gekyk maar toe vanoggend ingelê

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 10, 2014

      ..as jy nou kokkedoor kyk, slaan die hongerte jou nie? Ag jong ek is maar slegslaper, het my al probeer leer..soos jy inklim in die bed so moet jy stil slaap want omdraaislag sit die wakkerte op jou skouer.

      Like

      • rondomtaliedraai
        Julie 10, 2014

        Ja ek weet ook dit help nie om te lank te lê en die gedagtes oor en oor maal nie. Ek ky iets om te eet en drink kyk TV tot ek regtig weer vaak is nie As mens egter ‘n bedmaat het is sake baie erger. Sterkte

        Like

      • ddupl3ss1s
        Julie 10, 2014

        Nee man..die groot storie is..mens ken mekaar en het empatie met mekaar se skete en geite…

        Like

  3. perdebytjie
    Julie 10, 2014

    Jinne jy skryf lekker!Dit klink presies soos wat dit hier by ons gaan.Ek sou dit net nooit so oulik kon vertel nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 11, 2014

      So bly dit gaan in menige huishoudings so… My Ma het het geneigdheid gehad om storie te vertel en so met ‘n draaaaaai te komm, miskien het ek darem iets van haar ge-erf .

      Like

  4. katrina
    Julie 10, 2014

    Lekker gelees hier! Ek het ook ‘n tjierie bed, maar dis omdat dit van daai katels is en hoe losser die skroewe raak, hoe harder kier dit! Hoor dit sommer tot doer in die gang af :-)

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 11, 2014

      As jy kuiergaste het gee die geute die skuld wat kier-kier, dit is vrek snaaks vir my !

      Like

  5. coetzee2014
    Julie 11, 2014

    Baie lekker gelees. Maak tog seker dat die besoek wel plaasvind by daardie dokter. Daardie skrik vir die man wat van vooraf kom, ook al gehad in ´n vreemde huis, maar toe was dit gelukkig ´n spieël.

    Liked by 1 person

  6. ddupl3ss1s
    Julie 12, 2014

    Dankie vir die saamlees Danie. Ek het net gedink waarheen hardloop mens ..so met die mens in die gang!! Ai toggie.

    Like

  7. Lewies Mymer
    Julie 10, 2015

    Baie lekker gelees, dalk omdat ek aanklank vind? Hoe het ek dit die eerste keer misgeloop?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 10, 2015

      Jy weet , ek neem my voor om sekere dag agterstallige leeswerk in te haal(blogs) en tjoef tjaf verloor ‘n mens soms inskrywings. Minstens het ons gedeelde ouderdomme, jongelinge besef nie, voor jy jou oë uitvee, staan jy skielik ook met paaiemente op. Dankie vir lees,, toe onthou ek dit was die begin voor die Kanker diagnose. Jaar al verby.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 10, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: