Woorde

14 Julie Ta Nelsie se Verjaarsdag

Ta Nellie het nooit haar telefoon anders geantwoord as “Jaaa?” niks verder nie- nie met ‘n dit is Nellie wat praat nie, niks,  net die stem Jaaaa!

Nou ja as ek kon,  het ek haar vanoggend gebel. Net om weer haar telefoon antwoord te kon hoor. Sy sou dalk vir my gepreek het, ‘mens pla nie mense in die hiernamaals nie’

By haar het ek hierdie telrympie gehoor:

TelrympieBy haar het ek ‘n Hart Kastrolletjie gevat..so uit haar huisie se goeters na haar afsterwe. In hierdie huis word steeds gepraat van Nelsie se kastrolletjie- mens maak die mooiste springmielies in daardie kastrolletjie. Jy moet hom so effe bo die hitte van die stoofplaat hou dan pof elke springmielie soos ‘n wolkie oop.

Hierdie is net ‘n briefie vir Tannie, ek hoop dat die hele Schoeman familie(en die aangetroudes)  sit vandag saam en tee drink en Handtertjies en Jode tert  eet.

Van :

Wouda se Kind.

 

Advertisements

10 comments on “14 Julie Ta Nelsie se Verjaarsdag

  1. scrapydo
    Julie 14, 2014

    Dit is nou pragtig! Kan har in my geagtes sien ook die kuier om tafel met tee/koffie en JODE TERT. Wow lanklaas dit geeet en raakgeloop!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 14, 2014

      Ek het nog nie weer Jodetert te ete gekry buiten by my Tannies nie. Dit was altyd met spesiale geleenthede gebak.

      Like

      • scrapydo
        Julie 14, 2014

        Dit was beslis so heerlik en smelt in jou mond, mmmm lekker

        Liked by 1 person

  2. perdebytjie
    Julie 14, 2014

    Klink na een van daardie sout-van-die-aarde-mense!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 14, 2014

      Ek het twee oujongnooi tannies gehad.. ons het hul geniet en hul het seker ook ons baie geniet. Die een Tannie het ons altyd spesiaal by die Dorp se Biblioteek ingeskryf. Ek dink ek sou hul dalk nou meer waardeer het.

      Like

      • perdebytjie
        Julie 14, 2014

        As kind waardeer mens nie altyd sulke dinge nie,maar eers wanneer dit te laat is.

        Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    Julie 14, 2014

    Ek sou ook met ‘n paar geselsie in die Hiernamaals word begin

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 15, 2014

      Jinne dink net hoe besig sou daardie lyn wees.. ek dink daar sal afdelings moet wees.. die lyne vir ek is so jammer , en lyne van ek verlang vreeslik .. nee wat die stomme mense sal nooit rus nie!!

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 14, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: