Woorde

Epos

idee eposEk dink mens hoef nou nie juis net te begin van geboortedag af nie. Dink dit is  ‘n slim plan.  Ek sal selfs so epos waardeer as ek oppad ouetehuis toe is.

Dink net hoe lekker gaan so ‘n epos lees, soos ‘n lewensverhaal. Moderne dagboek.

Liewe Ma ..Liewe Pa..

Lukrake praatjies.

Onthou jy lank-lank gelede was daar ‘n boekvoorlesing in die aande op die Radio .:Briewe van Tant Magrieta.” Voorgelees deur Jan Schutte. Of dalk  was dit deur hom geskryf.( Hierdie onthou sal vir  mense wees  60 en ouer)

Ek onthou net ek het dit vreeslik snaaks gevind..nooit gedink ek sal eendag ook met ouderdom en skete te kampe kry nie. En met ander mense se snaaksighede nie- toe het ek gedink hul leef net in stories oor die Radio.

Ek lees in Rapport die Kalaharie July stories, die mense se uitdrukkings, net gedink dit sal my groot vreugde verskaf om in ‘n tehuis te wees waar die mense op die stoep sit en gesels, Enig in hul soort.

Advertisements

9 comments on “Epos

  1. scrapydo
    Julie 14, 2014

    Stoepstories!Ek het vir hele aantal jare die biblioteek na die oue- te- huis geneem, of te wel ek het die bib in ouetehuis Woensdae oopgesluit sodat die ouens kon boeke uitneem en omruil. Dit was die lekkerste 2 ure in die week gewees. Heerlik, al die verhale gehoor van almal.Dit was vir hulle netso lekker om te “skinder” as vir my om te luister na alles.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 14, 2014

      Mens! Jy praat.

      Like

      • scrapydo
        Julie 14, 2014

        Bewaar jou siel as jy die storie oorvertel vir die verkeerde persoon. Hul het soos familie geword deur die jare. Ek het as hul siek was selfs in hul kamers boeke omgeruil of gaan haal. Ai dis lekker tye gewees

        Liked by 1 person

  2. perdebytjie
    Julie 14, 2014

    Ou mense het ‘n lewe se wysheid en ervaring,wat heeltemal te gering geskat word.

    Like

  3. rondomtaliedraai
    Julie 14, 2014

    hehehehe… jy moet ook bereid wees om 20 of meer keer na dieselfde storie luister

    Like

  4. vvuureoc
    Oktober 28, 2014

    Ek het die voorreg gehad om oom Eric Diener te ken. Hy kon vir jou die wonderlikste stories oor die tweede wereld oorlog vertel. Op 54 het die spoorwee hom laat aftree oor ‘n lekkende hartklep. Weens sy ondervinding met chemie (lees plofstof) kry hy toe die tydelike pos om die reuse afdruk masjien by Lennoxstraat sentrale Kimberley se tekenkantoor. en die sentrale se vloeistof batterye se kondensator te werk. Die 240 selle moes die sentale aan die gang hou vir vyf minute sodat die bystandkrag opwekker kon aanskop en op spoed kom.Na ses jaar kon ons met gloeiende verslae en spesiale goedkeuring regkry om hom permanent aangestel te kry. Op 75 wou hoofkantoor niks verder hoor nie en is oom Eric vir die laaste maal op pensioen. Jare daarna kon jy nog vir oom Eric raakloop met sy inkopiesak op wiele. Hy het van die OK na Shoprite na Checkers en Pick & Pay geloop met sy inkopielysie en dan weer al die pad terug om sy aankope by die goedkoopste winkel te doen. Die ou Rover se battery is net een keer per jaar gekoppel en dan het sy van die bokkies afgekom sodat hy en Tant Mossie kon gaan vakansie hou.

    NS Die afdruk masjien is afebreek die laaste week wat oom Eric op kantoor was en is weggestuur na die telekommunikasie museum.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 14, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: