Woorde

Mia

Oe en daar vergeet hierdie Ouma , Maandag is Mia se briewe dag.

Liewe Kindjie, ek hoop dit gaan sommer klopdisselboom met jou. Snaakse woord nê!

Die tyd raak al hoe korter wat Mamma by die huis kan bly. Siestog, dan moet jy ook vroeg opstaan , amper soos skooltoegaan.

Moenie bekommerd wees nie.. daardie veterhondjies kom saam , hul maak my net so effens vies. Het jy gesien hoe kyk hulle vir my, staan so waarskuwend my en aankyk ..ewe kwaai- as jy huilerig raak, so asof ek nou iets daarmee te doene het dat jy huil.

Ek en Oupa was nou die dag by die Kies en Betaal winkel. Deesdae loop ons, wanneer al ons kosgoeters gekoop het , eers ‘n draai in die kinder gangetjie af. Daar waar speelgoed is .  Kyk net wat het Oupa vir jou gekoop

mia album karKan jy glo? Jou eerste kar nogal so sportmodel. Ja , ek weet dit is net ‘n Dinkietoypieperige klein speelgoedkarretjie… maaar dit is jou eerste kar. Oupa sê ”n Meisiekind moet ‘n kar hê.”  Jou Mamma sê  sy sal onthou- as jy begin werk of Universiteit toe wil gaan-  van die storie dat ‘n Meisiekind ‘n kar moet hê, dalk raak Oupa weer vrygewig.

Mia, as jy nou na hierdie Ouma van jou aard, gaan jy nie vreeslik beïndruk wees met poppe nie.. Ouma kon nooit verstaan wat is lekker om hulle aan te trek en praatjies met hul te maak nie..dit was vir my altyd vreeslik lekker om  darem  vir die poppe stories te lees. Ek belowe jou ek sal maar sedig sit en help poppe aantrek die dag as jy nou begin popspeel.

Liefie , toe Mamma nou vir my hierdie foto stuur .. toe wonder ek oor jou glimlagdrome. Slaap lekker liewe kindjie.

Ouma is lief vir jou.

mia album lag

 

18 comments on “Mia

  1. coetzee2014
    Julie 14, 2014

    As jy gaan aanhou met hierdie briewe, ek glo jy sal, gaan Mia eendag ‘n wonderlike boek hê van haar vordering deur die lewe.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 15, 2014

      Ek dink dit sal makliker begin raak as ons met mekaar begin gesels…maar ek hoop ek kan darem altyd ietsie vir haar te vertelle hê oor alles en nog wat. Dankie vir die saamlees Danie.

      Like

  2. trynablogs
    Julie 14, 2014

    eindelik maak ek dit tot hier

    Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    Julie 14, 2014

    *drukkie* jy maak my hart lekker warm voel

    Like

  4. perdebytjie
    Julie 15, 2014

    Sy word net mooier by die dag!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 15, 2014

      Sy verander vreeslik..sommige fotos wat ek kry is so van naby af ..dat sy amper reg is vir skooltoegaan maar sy was Saterdag hier..toe sien ek ag sy’s nog maar klein ou mensie.

      Like

  5. scrapydo
    Julie 15, 2014

    Ai dis te lekker. Hoop ek kan ook darem n kleine kindjie eendag he!(daar word darem nou al bietjie gesels oor die vooeruitsig!)

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 15, 2014

      Dit is groot voorreg, maar mens troetel sommer die kennisse se kleinkindertjies ook – dit bly wonderlik.

      Like

  6. Zeppie
    Julie 15, 2014

    Klopdisselboom….jip lekker woord…als is reg geolie en die wiele draai

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 15, 2014

      Dink nogal sy gaan wonder oor hierdie woordeskat !

      Like

      • Zeppie
        Julie 15, 2014

        Maar dis goed om al die ou woorde en woordeskat van Afrikaans te gebruik…

        Liked by 1 person

  7. Net Ek
    Julie 15, 2014

    Jy moet eendag al die briewe druk en dit mooi laat bind en vir haar as geskenk vir haar 21ste verjaarsdag gee, dit sal so spesiaal wees. Jy moet net nie ophou skryf nie hoor!

    Ek is mal oor jou briewe aan Mia. En sy is die oulikste ou dingetjie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 15, 2014

      Ag ek geniet dit om praatjies met haar te maak, ek kan nie wag vir die terug en saamgesels stadium, nie. Ek waardeer jou mooi woorde Net Ek

      Like

  8. Lewies Mymer
    Julie 15, 2014

    hehehe! Die ouma het die ouma-skoot hoog deur! Te lekker! Ek het Vroukie altyd geterg dat ek ‘n hofbevel teen haar gaan aanvra om haar te verbied om kinderklere in Woollies te koop.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 15, 2014

      Oe Lewies , lekker lag ek oor daardie Woolies.. ag mens dit is erg die versoekinge so uitgestal.

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Julie 14, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 36 509 hits