Woorde

Die storie van Roselina Mokoena

My Anna Moabi vertel vanoggend vir my die mooi verhaal van die merkwaardige vrou in hul gemeente uit die Twelve Apostel -kerk.

Roselina Mokoena (uitspraak Môkwêna) reeds 96 jaar oud. Die gereelde kerkganger. Die vat-nie-twak-van-enige-een in die gemeente nie. Die Priester was glo ook lugtig vir die oue moeder.

Klokslag vyfuur Sondag oggende staan sy op , die was,  aantrek , eet,  reg vir die afspraak met die Here. Van kop tot tone blink, neem sy haar plastiekstoel in die een hand staptog kerk toe. Glo darem nie te vêr van die kerk gewoon nie.

Voor die nog geslote deur van hul kerk sit sy haar stoel neer, en wag.Gewoonlik al van 6 uur af.. Die kerkdiens is veronderstel om 8 uur te begin, stiptelik. Dit het Ou dame Roselina teen die mure uitgedryf  dat daar nooit daaraan ag gegee is nie. Ewig die Priester aangespreek ..die gemeentelede die kind(al oorlewende van haar 4) en die kleinkinders, “as die kerk sê agt uur dan moet hulle tog luister vir agt uur, agt uur is nie nege uur nie”

Anna vertel sy is ook  een Sondag aangespreek deur die  einste Roselina . Roselina vra: “Waar kerk jy nou?” Anna antwoord plegtig nederig “Ek kerk nog hier Ouma” Dit was toe wat Roselina Mokoena haar net daar vasvat..met ‘n “Waar was jy laas Sondag en die Sondag voor dit , Anna, jy moet nie mors met die Here nie!”

Roselina het glo vooraf vir die Priester vertel,” die dag as sy nou dood en haar begrafnistyd sê agtuur dan is dit agtuur ..niemand maar niemand mag laat wees vir haar service nie..”

Toe sterwe die Ouma Roselina Mokoena verlede week  in haar slaap.

“Ag siestog Anna, waarvan is sy dood? ouderdom?”

“Nooit Ma Doepie, sy’t die stres gehad oor haar kleinkind, die boyfriend het haar doodgeskiet, en sy’t altyd geraas met daai kjend , maar sy wou nie hoor nie..en kyk daar skiet die boyfriend haar dood – toe  sit die stres in die hart  van die Ouma Roselina en sy dood.”

Verlede Saterdag het hul almal van die twaalf Apostel kerk afskeid geneem van Roselina Mokoena.

Die Service was agtuur en volgens Anna was dit agtuur. Niemand maar niemand was laat nie. “Op tyd op tyd!” – benadruk Anna met haar wysvinger in haar handpalm.

“Oe MaDoepie, so mooi funeral..so groot-groot funeral!”

“Baaaie mense, van die ryk van die arm – almal  het gekom – so grooot funeral”

“Siestog Anna, en alles het mooi geloop?”

“Alles op tyd MaDoepie ..agtuur op tyd”

Ek weet van ‘n Priester wat Sondag oggend hartseer gaan wees as hy sy kerkdeur oopsluit en Roselina Mokoena is nie op haar pos nie..

kerkklok

Advertisements

27 comments on “Die storie van Roselina Mokoena

  1. perdebytjie
    Julie 16, 2014

    Sy klink na ‘n legende…so hartseer dat haar kleinkind wreedaardig moes sterf.Mooi vertel!

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Julie 17, 2014

      Soms dink ek hulle het dalk meer met wreedaardige jaloesie te doen..waarvan ons nie weet nie. Dankie vir saamlees.

      Like

  2. trynablogs
    Julie 16, 2014

    og, ons het na internasionsale kerk met heelwat Afrikane vanaf die hele kontinent, gegaan die tyd wat ons in België was. Die ding van nooit betyds wees nie, is duidelik ‘n Afrika ding en die predikant (Nederlander) het hom maar berus daarby

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 17, 2014

      Watter taal is in die kerk gebruik Tryna? Kan jy nou meer Afrika-tyd sal seker maar in die volksmond bly.

      Like

      • trynablogs
        Julie 18, 2014

        preke was in Engels
        ja helaas lyk dit my is Afrika-tyd nie meer net hier by ons in gebruik nie

        Like

  3. scrapydo
    Julie 16, 2014

    Ons het meer Roselinas nodig om ons ou omgekrapte wereld weer op tyd te laat kom. Mooi vertelling. Ek sien die hele Sondag uittog, wag en diens in my gedagtes.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 17, 2014

      Ek wens net ek het geweet terwyl sy so gewag het , waaraan het sy gedink? As die Priester en gemeente glo aangebied het om nagmaal en haar ‘confession’ by haar huis te doen, het sy geweier- glo kwaaistem gesê -niemand sê haar sy’s oud nie , sy kan self voel sy sal kerk toe loop.

      Like

      • scrapydo
        Julie 17, 2014

        Regte stoere oue gewees. Hulle is ook altyd so gesteld doorop on onafhanklik te wees.

        Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai
    Julie 17, 2014

    Ai ons het meer sulke mense nodig

    Like

  5. dolosgooi
    Julie 17, 2014

    Ag, dankie vir die deel.

    Like

  6. kellyseblog
    Julie 17, 2014

    Wat ‘n wonderlike verhaal. Haar lewe het gedraai om Sondae. Haar soort eerbied is wat ons wereld kort.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 17, 2014

      Ag ek wens ek het Roselina geken, dink net hoeveel sou mens leer uit haar wyshede.

      Like

  7. Woef-Woef
    Julie 17, 2014

    Mooi storie. Ons het meer Roselinas nodig, dit sal ons land ‘n beter plek maak.

    Liked by 1 person

  8. ddupl3ss1s
    Julie 16, 2015

    Reblogged this on Woorde and commented:

    Ek Reblog hierdieblog- vandag jaargelede se inskrywing. Facebook herinner my altyd wat ek op hierdie dag te vertelle gehad het uit die jare her. Wonderlike ou Moeder se storie oorvertel deur Anna Moabi.

    Like

  9. monicahaddad01
    Julie 16, 2015

    Mooi storie….. ons kerk klok lui nie meer nie en ek mis dit vreeslik!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 16, 2015

      Oe en Vredefort se kerkklok!! Ek onthou kleintyd het daardie kerk se klok die mense se jare afgelui met hul begrafnis!! Kan jy glo.. dan tel my Ma dit so af en sê so plegtig ‘Foeitog, so jonk!” of Die en daai het darem sy jare gehad..Jinne daardie gebruik het seker weggeval..dink net my Oupa sou mense halfdag besig gehou het 93 jaar aftellery.

      Like

  10. Toortsie
    Julie 16, 2015

    Sjoe! Fantastiese storie. Siestog, sy het haar dood getreur.

    Liked by 1 person

  11. coetzee2014
    Julie 16, 2015

    Jammer ek het hom destyds gemis. Dankie vir die weerplasing.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 17, 2015

      Ek geniet nogal die herinneringe van Facebook, selfs vir my goed om te herlees, menige dag lus en verander sinsnedes of grammatika..dan dink aaag wat maak dit tog saak, ek is geneig te skryf en nie te herlees voor publikasie nie, beplan die sinne en woorde , vooraf en tik maar so woordeliks.

      Like

      • coetzee2014
        Julie 17, 2015

        Dieselfde ding, kom my af en toe oor, as ek ‘n ou blog lees. Dink dan ook, wie lees tog nog daardie antieke blogs? Ek sukkel om my argief op my voorblad te kry. Sukkel nie, weet net nie. Het darem nou daarin geslaag om die foto’s groot te kry!

        Liked by 1 person

  12. HesterLeyNel
    Julie 17, 2015

    Ag dankie, ek het nou lekker gelees. Ek sê mos altyd: Afrika het sulke STERK vroue wat die gemeenskap aan die gang hou.

    Liked by 1 person

  13. Kameel
    Julie 17, 2015

    Was die wêreld maar vol van Roselinas, sou dit voorwaar ‘n beter plek gewees het.

    Liked by 1 person

  14. Rob Alberts
    Julie 18, 2015

    Een treurig verhaal!

    Ja, ik ben ook van het op tijd komen.
    Maar vreemd genoeg geldt dit niet voor anderen.

    Respect voor Roselina Mokoena!

    Vriendelijke groet,

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 20, 2015

      Baie dankie Rob Alberts, ek waardeer altyd jou kommentaar en meelees. Vriendelike groete ook van almal by die Hoekhuis.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 16, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: