Woorde

Buks du Plessis

Buks woon saam met twee ou mense -die man , die vrou- , Lilly die Kat en Leo die Boerboel, by die huis op die hoek derdestraat links.
Buks is veronderstel om ‘n miniatuur Doberman te wees – hy het intussen ontpop in ‘n miniatuur Rotweiler (ag eintlik dink net die ou man van die huis so).
Buks is die ou mense se alarm.
Buks is die sensitiewe siel wat droewig aan’t ween gaan as die telefoon lui of as die alarmpie in die nag skree. Hy’s bitter sensitief vir hoë klanke, dit maak hom emosioneel onstabiel.
Buks is die Beskermheer van die oue Lilly die kat.As sy haar stert lig is hy langs haar om haar by haar..tot sy hom blasend hierjy toe blaas…
Buks is die agressor van Leo die Boerboel.Buks gaan nog sy gat sien by Leo (so ligte vresie van die ou vrou by die huis op die hoek).
Buks is die pister teen elke grashalm op die werf.
Buks dryf die ou vrou van die huis soms teen die mure uit. Die mure van die huis op die hoek met drie buitedeure.Plus nog ‘n buitedeur van Garage. Plus Veiligheidshek/deur.
Buks tjweet tjweet eers soggens by die ou vrou se bedkant.
Sy “agg toggie Buks!” maar sy staan maar op.
Sy stap sleepvoet klerekas toe, haal haar oorgrootkamerjas uit. Buks staan met sy voorpote teen haar knieë en tjweet tjweet.
Sy “agg wag bietjie Buks!” hom ..hy wil nie wag nie, hy wip op en af hap na haar kamerjaspante..
Buks wip en die ou vrou sleepvoet gangaf. Hy tjweet by die skuifdeur. Sy skuif die deur oop .
Buks begin met sy ontleding van die werf beginnend by punt a eindig by punt z. Blaas heeltemal geledig(slegs ‘n gedagte van die ou vrou met die kamerjas).
Skuifdeur toegemaak.
Vlieg Buks met die spoed van witlig agterdeur toe. Staar hy na die ou vrou. Tjweet hy , wippend op en af. Sy maak die agterdeur oop..sy stap tot by die buitedeur..maak dit oop. Buks het intussen teen die ou man van die huis se kar- al vier wiele bepirts.
Buitedeur oop..Buks storm die Mossies en blaf sommer die niet in. Hy bepirts elke hoek en draai. Kom hy blinkoog wippend by die agterdeur in.
Tjweet tjweet weer by die ou vrou by die koffieketel.
Sy mor.
Hulle twee stap..liewers sy stap, hy wip vrolik voordeur toe.
Sy maak deur oop sluit veiligheidshek oop ..Buks het waaragtig nog ‘n voorraad druppels oor..hy pirts teen die ou vrou se dierbare Witstinkhoutboom en teen elke hoek en blomblaar en moontlike plek waar Leo dalk sy pirts gedurende die nag gepirts het..
Dan tjweet Buks by die hek – sy sluit oop hy kom die huis binne soos ‘n oorwinnaar.
Hy gaan sit soos uitgedroogde pruim op kombersie versigtig, versigtig langs Lilly voor die verwarmer.
Dit was die opwindende lewe van ‘n dik hondjie met die naam Buks.buks en lilly

Advertisements

15 comments on “Buks du Plessis

  1. kellyseblog
    Julie 17, 2014

    Ai, mooi storie!

    Like

  2. scrapydo
    Julie 17, 2014

    Oooo ek het my nou weer verkneukel aan jou lekker beskrywing. Sien die brak wat nog altyd n laaste druppel oorhou om sy eiendom af te merk. Het juis vanmiddag vir my seun gese dit is presies hierdie gepirts oral van die “man”brakke wat my sommer heel m…..ig maak. Dis hoekom ek eerder my “vrou” brakke wil he. Ongelukkig het ek toe tog n mannetjie gekry 4 jaar gelede omdat daar nie n tefie beskikbaar was. Ou Trompie bly steeds die appel van my oog

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 17, 2014

      oe en daardie Trompie het sulke dadelpit ogies ..te fraai. Dankie vir die lees.

      Like

      • scrapydo
        Julie 18, 2014

        He he dis nou ngoeie beskrywing van sy oe

        Like

  3. Net Ek
    Julie 17, 2014

    Ag kostelik!

    :lol: Emosioneel onstabiel!

    Ek het drie Boston Terriers, en hulle is al drie so mal soos hase. ERG stout (die kreepy verwelkom my soms by die hek as ek van die werk af kom!), maar net so oulik! Ek dink ek moet hulle Ritalin voer, hulle is erg besig ook (en ek is lief vir hulle, maar verkies eerder katte).

    Lilly is pragtig, so regte huiskat!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 17, 2014

      Lilly is al 18 jaar. Loop nes ek, so stram. Sy het nog al haar tande en eet nog heerlik, – ek kom net agter die bejaarde kat sindroom van piepie in die huis begin. Oe daardie honde van jou klink mooiste goed!! Weet nie mooi van daardie Ritalin nie..ha ha !! Dalk kry hul teenoorgestelde effek ..meer energie.

      Like

  4. Zeppie
    Julie 17, 2014

    Ons het so ‘n mal labrador

    Daai tweetjies op die foto geniet daai heater

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 17, 2014

      Buks maar versigtig vir die dwars klap/blaas. Labrador honde is verskriklik aktiewe honde ..weet van ‘n kennis se Labrador wat sommer buiteband van hul voertuig begin kou het.

      Like

      • Zeppie
        Julie 17, 2014

        Ja myne het al sy hout hondehok half opgeeet

        Like

      • ddupl3ss1s
        Julie 17, 2014

        hoekom word Labrador honde vir blinde mense as geleiers gebruik? Aarde ..klink vir my hul het groooot eetlus.

        Like

      • Zeppie
        Julie 18, 2014

        Omdat hulle sulke goeie geaardheid het

        Baie liefdevolle honde

        Like

  5. rondomtaliedraai
    Julie 17, 2014

    Mens sien duidelik wie is in beheer.

    Like

  6. perdebytjie
    Julie 18, 2014

    Ag dis ‘n lekker storie!Buks klink na ‘n besonderse karakter.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 17, 2014 by in Gedagtes vir die dag.,Uncategorized.

Blog Stats

  • 17,699 hits
%d bloggers like this: