Woorde

Mia

Liewe Mia

Ek het vroeg vanoggend in die trommeltjie gaan grawe.

Daar waar lank terug se dagkinders se rympies gebêre is. Ek het gesoek na ‘n gesig rympie. Daardie soort wat Ouma met jou kan speel.

mia gesig crop fotoEk gaan met my wysvinger so saggies saggies raak aan –

Dinker  (voorkop)

Blinker  (regterogie)

Traneskinker  (linkerogie)

suiker  (regteroor)

ruiker (neusie)

Kussingduiker (linker oortjie)

Kuller (bo-lip)

Smuller (onderlip)

Harde bruller  (tong)

Kinneke – kennetjie -tien!

So saggies-saggies sonder dat jy nou jou slapie onderbreek, kielie ek jou  onder jou kennetjie.

Vandag was ons twee se eerste dag van gesels en slaap en winde uitvryf en ..so aan .Ouma dink ek het darem my eerste toets geslaag. O en daardie FAK wiegeliedjies- ag ek het sommer net vir jou ge hmmm en ge haaamm so neurie neurie, mens hoef nie eens woorde daarvoor  te ken nie, en wie het nou ‘n wysie nodig ?

Ons gesels weer môre.

Liefde

Van Ouma.

 

 

 

Advertisements

13 comments on “Mia

  1. perdebytjie
    Julie 22, 2014

    Ai te mooi!

    Like

  2. rondomtaliedraai
    Julie 22, 2014

    Ag dis mooi! Eerste keer wat ek die rympie hoor!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 23, 2014

      Ek het dit iewers uit ‘n rympie boek gekry maar ek kan onthou my Pa het dit ook geken, dit moet uit Nederlandse oorsprong wees, wat ver Afrikaans is.

      Like

  3. scrapydo
    Julie 23, 2014

    Pragtig! As my kinders sover is dat daar n kleinding is sal ek by jou kom aanklop om allerhande lekker goedjies te kry

    Liked by 1 person

  4. ddupl3ss1s
    Julie 23, 2014

    Ek kan nie wag dat Mia al kan oe en aaa nie..hierdie stadium drink en slaap sy . Wil ook die ou kleintjie te vinnig groot kry. Sal maar so nou en dan rympie plaas.

    Like

  5. Gogga
    Julie 24, 2014

    Die slaap deuntjies is net so mooi soos die woorde. My klein snip het nou die dag my so in die middle van ‘n liedjie tydens slaaptyd liedjies, gestop met ‘n handjie in die lug en die woorde: that’s enough now mammie. En toe aan die slaap geraak.

    Like

  6. Gogga
    Julie 24, 2014

    My FAK werk ook baie hard hier in die verte met die klein engelsman.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 24, 2014

      Ek wonder of Mia ook tweetalig grootgemaak gaan word, die Pappa is die Engelse een hier.

      Like

  7. Lewies Mymer
    Julie 24, 2014

    Ek het die rympie gegaps vir onse Mia en haar sus Kara.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 24, 2014

      Oe jy maak my hart baie bly. Ek neem aan jy het getel al die gesig goeters eindig in totaal van tien. Mens moet dit so jollie opsê – geniet dit Lewies.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 22, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,699 hits
%d bloggers like this: