Dit is nou hanekraaityd.
Ek hoor hulle so verkluimerig doer in die vêrte. (moet daar ‘n kappie op die e wees?)
Wou nou nie oor taalreëls geblog het nie, maar daar is ander reëls wat mens soms vergeet – noem dit sommer net goeie maniere.
Die ergste ellende is , jy lees nou nie eers my blogs nie, vir diegene wat my so effe bitterheid op die palet nalaat – soos iemand in die huis prontuit sou verklaar ” dis soos om teen donderweer te p …p” – (hierdie op die vingers-tik-poging)
1. As ek nou nie wil bollemakiese slaan oor Gospel nie – moenie vir my vertel ” Oeeee Noooit!!, luister jy na die gelag van Bach !! en ou Verdi nie!” Liewe Ouers, vervies ek my toe so suutjies vir daardie afdraande bekkie so asof sy ‘n reukie getref het.Nee , vertel ek toe vir die een agter die bekkie en die stem .. Händel ook maaaaar beslis nie die Cambells nie . Veral daardie nuwe ‘gat’- liedjie, ek loop en gaan maak sommer nog ‘n beker koffie . Wat is die storie dat jy nou ook knaend vir my vertel jy’s lief vir my? Se gat man! Daarvan glo ek geen jota of tittel en whatsapp hartjies werk nie vir my nie…al daardie kleine goetertjies agteraan die boodskap.. met my bril kan ek nie eens die verborge boodskap ontleed nie…
2. As ek nou eerlik vir jou vertel, ek is opreg jammer – ek kan ongelukkig nie hierdie keer behulpsaam wees nie(wil nou nie drama in die pophuis veroorsaak en dit pront uitspelle waar ek veronderstel was om te help nie ) moenie , moenie op my gevoel probeer speel nie! Luister ek is lief en dierbaar , maar o wee behoede die dag as die stoompot pieng maak en ek vererg my in die hoogste rat, dan vergeet ek ook my sedeles oor maniere en sy trawante.
3. Seuntjie, as ek ‘n afspraak maak, jy en jou jy my nie ..jy praat nie so afdraande na my met my so asof ek laer as as as .. is nie. Ek het baie lus -as ek nou môremiddag my afspraak gaan nakom- oe.. ek is verbitterlik lus en konfronteer jou met ‘ is jy die klein verwaande bleeksiel wat so met hierdie Ouma praat!?” Ag ek weet ek is nou grootbek.., gmf! Ek sal weer so verdomp vriendelik wees!
4. Jy moenie op my skree nie. Alleenlik as dit oor doofheid is, die dat jou stem paar oktawes klim . Eendag lank lank gelede het ek met ys en die winterwind snerpend in my stem vir ‘n skreestem gevra .. “Mevrou, ek hoop werklik nie jy skree op my nie, ek aanvaar U is besig om op U Man te skree!” Mevrou, toe jy nou so skree, het ek in my hart gedink indien u nie die bedrag wil, kan- of wat ook al die rede is , betaal nie dan besef jy mos nou soos hierdie heldere dag voor jou lê – jou toon gaan afvrot. Ontsmet /plak ‘n pleister , neeeee wat doen ek? ” Ai Mevrou, U weet mos oral in hierdie lewe moet mens die reëls nakom , betaal vir dienste wat gelewer word.” My sagte stem wat die grimmigheid moes afkeer, het dadels gekom, haar stem het nog ‘n paar oktawes geklim.
5. Die soet by die suur.. “Meneer , dit is nou die spreekkamer hier, wat met voete en tone werk, ek herinner net aan u afspraak môremiddag so laat..” en die steunende antwoord die growwestem wat uit ‘n oumens borskas uitbeur..” Hoenou?” en ek verduidelik met my stem bietjie harder. “O..daai een is mos vir die Tannie se ou voetjies, Ounnooi. Nee maar reg hoor , dankie dat jy vir die ou Oom onthou het!” “Plesier Oom , sien Oom môre!”
:)
LikeLiked by 1 person
Ag ek waardeer darem die vriendelike glimlag/oopbek lag – ek moes seker bygevoeg het, my ou selfoontjie kan nie eers mense se avatars by whatsapp duidelik genoeg maak nie- die dat ek nou nie die verborge boodskappies kan lees van goetertjies wat lyk soos verfkolletjies nie.
LikeLike
Oeps, mens moet ook maar nie aan jou gedagtes se verkeerde kant sit nie! Ek kan ook so in my gedagtes die vreeslikste dreigemente uitdink maar as die omstandighede opduik het ek maar n klein en ordentlike hartjie!
LikeLiked by 1 person
Stel jy dalk belang om deel te neem aan “Virtual Blog Tour”? Jy mag dit beslis in Afrikaans doen. Ek sal die reels vir jou in Afrikaans gee as dit is. Dit is n een dag blog. Dit sal vir Maandag die 11de Augustus wees. Jy kan bietjie kyk by die volgende plek .Ek gaan myne die 4de Augustus opsit. Dit sal nogal lekker wees as ons dit in Afrikaans kan voortsit ook. http://nowathome.wordpress.com/2014/07/21/virtual-blog-tour/
LikeLike
Ek gaan sodra ek kans kry ..daar lees scrapydo. Dankie hoor.
LikeLike
die gister klink my nie was n goeie dag nie :-) skuus
LikeLiked by 2 people
Ag wat en vandag verloop seepglad alles voor die wind ..altyd iets om voor saligheid oor die gesig te kry! Dankie vir die saamlees.
LikeLike
Om met mense te werk is nie aldag vir sissies nie, daarvan kan jy getuig Dirkie. Laat my sommer hier sê ek is bly ek is nie elke dag met die buitewêreld in aanraking nie.
Ek wou nou ‘n glimlag gesiggie opsit…. maar sal dit maar nie waag nie, of ag wat kom ek glimlag vir jou :)
LikeLiked by 1 person
Hallou Kameel, ag nee wat met liefde kan en mag jy my maar ‘n wye bek smile gee.. ek klink maar net so soos ‘n vroeë somerreën ..dit dreun soms bo verwagting erg en trek weg… (die donderweer nie ek nie !)
LikeLike
Ek stem saam met jou oor die Campbells…elke keer as ek daai gat-liedjie hoor,jeuk my voet om iemand se gat te skop…Ek is nou self lekker kras hierso.
LikeLiked by 1 person
jimmel ek kan nie daardie liedjie hanteer nie..verdomp en dan sit daai simpel wysie knaend in my kop en verpes my!! Ha Ha!!
LikeLike
Dan is daar nog die rasperstem van Arno (nie seker van die sanger se naam nie..dit wys hoe dit my irriteer)wat sing hoe hy verlang na die draadloosdae. :lol:
LikeLike
en hier ken ekke nie eers die gatlike lied nie!! :D toemaar ek wil dit ook nie ken nie
LikeLike
Bwahahaa!Hulle adverteer dit ad nauseum op KykNet al die laaste drie weke!Jy wil dit nie hoor nie!
LikeLike
Dit was nou omtrent ‘n gesukkel om jou te kry, maar hier is ek ook nou :-)
LikeLiked by 3 people
Hallou Monica, seker oor my blogkliesjee!! Dankie vir die kuier op die stoep.
LikeLike
ooooo nee maar die Ouma is woes kwaai vandag….
LikeLike
amper amper of so byna byna !!
LikeLike
Die gevoel-spelery kan ek ook nie hanteer nie. Dit maak my onmiddellik opstroppelis. So asof ek vir ‘n idioot gevat word, want dis so duidelik soos daglig.
LikeLike
Eintlik het ek regtig nie die’guts’ om die persoon met ‘n teenvraag te konfronteer nie of stelling ‘wil jy nou vir my eintlik dit of dat sê?” ag en dan laat ek dit daar en troetel my wrewel ..ai toggie tog!
LikeLike
Ai ja, die Campbells en diesulkes! Het ook al gestrip oor “Bach se gelag”, komende van so ‘n ploert, asof hy nou daaroor kon oordeel met sy Lianie May en Jay -mentaliteit.
LikeLike
dit was ‘n vrou wat my so gepynig het …ag maar miskien moet ons bly wees mense luister musiek ..ag ek probeer kliphard dierbaar te wees.
LikeLike
ek stoei ook so in my gedagtes maar kom selde daarby uit om dit hardop te verwoord
LikeLiked by 1 person
Uit blote nuuskierigheid het ek die gatliedjie gaan soek en daarna geluister. Ai, nee! Ek kyk eerder die OLX-advertensie wat voor die video op YouTube wys vyf keer na mekaar. Sulke musiek maak my hartseer. Afrikaans is so ‘n mooi en lewende taal en dan moet ons na dinge soos gat, patat en borrelbad luister. O, en ek dink ek laat hopeloos te maklik toe dat mense op my gevoelens speel.
LikeLiked by 1 person
Gatliedjie
Vertaal ‘n paar engelses en hyk hoe breed jy kan glimlag
Bv Moer my baba nog ‘n slag (Britney Spears)
Oproepers
vir 95 uit die honderd “Kan jy Afrikaans praat” ..”No”… “dis al taal wat my tjekboek ken totsiens
Vir die ander 5% Verstaan jy nie nee nie …. wat van aikona
LikeLike