Woorde

Slaapkamerpraatjies vir Mia

mia speelgoed“Ag Moederrr, dink jy sy slaap? Jy moet stilsit, nou-nou val jy hier af!”

“Ag man, Ek het  nie so lank nek  soos jy nie… kyk net hoe lekker slaap sy!”

“Sy’t darem vet wangetjies gekry hê!  …het jy gehoor hoe gesels Mia se Ouma met haar , siestog die ouma klink of sy haarself moed inpraat.”

“Gie,gie – ek het gehoor, oeg, Mia jou doek pong!’ ... enne   ‘Mia,ek belowe as jy nou nie skree nie, sing ek vir jou ..tjoeke paf paf paf/ kom ons ry op die babatrein/opdraand op/ afdraand af tjoeke paf paf op ‘n stywe draf..’ Siestog die ouma moet skielik weer baie leer nê!”

mia slaap 2

…met liefde  van ons twee so neffens jou kombersies..in die rakkie, in jou kamer by Ouma Dirkie se huis… op die hoek .

 

 

Advertisements

15 comments on “Slaapkamerpraatjies vir Mia

  1. scrapydo
    Julie 29, 2014

    Oooooo dis te pragtig. Ronde wangetjies beslis! Dis die mooiste twee diere wat so soet sit en wag dat Mia moet wakker word.

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Julie 29, 2014

      Jy moes my gesien het… ek het die heeltyd met hul gesels..’nee man draai so sit so ” was half bang Iemand in die huis kom in die babakamer in..terwyl ek met selfoon die twee kiekie!

      Like

  2. scrapydo
    Julie 29, 2014

    Dis regtig kostelik. Ek dink dit moet heerlik wees om so inte leef in die omstandighede. Geniet dit terwyl jy kan!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 29, 2014

      Dankie, hoop die kragte hou!! Ha , klink ek nou wraggies soos stokoumens!! Nee wat, solank die grysstof nog sonder obstruksies hou- gaan ek en Mia jollie tyd belewe. Dankie vir jou saamlees , ek waardeer dit opreg.

      Like

  3. perdebytjie
    Julie 29, 2014

    Ooo,sy word mooi!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 30, 2014

      Die kindjie Mia se gesiggie verander so.. sy groei duidelik haar maerte in .

      Like

  4. rondomtaliedraai
    Julie 30, 2014

    Ek is terug … nou kan ek lekker weer saamkuier

    Liked by 1 person

  5. Net Ek
    Julie 30, 2014

    Sy is dir prsgtigste ou engeltjie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 30, 2014

      Oe ek wonder oor daardie engeltjiesindroom…ha ha vir Ouma en Oupa sal sy natuuuurlik so naby die hemeltrans rondbeweeg . Dankie vir die lees.

      Like

  6. katrina
    Julie 30, 2014

    Dis so ‘n wonderlike ding wat jy hier vir Mia doen. Ek het so aan en af vir my seuns (met die tweeling was dit veral moeilik om tyd te kry of selfs net te onthou) ‘n joernaaltjie gehou. So ‘n week gelede sê my oudste (hy is nou 26) dat hy weer deur sy afskrif gaan lees het en hoe hy dit geniet het. Dis so maklik om dingetjies te vergeet of om bloot net nie by iets uit te kom nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 30, 2014

      Dit doen mens se hart so goed as kinders(grootmense) dit graag wil herlees, ek is baie spyt oor ek nie in my kinders se kleintyd blogs gehad het nie, dalk sou ek meer gereeld daagliks notas gemaak het. Dankie vir jou saamlees Katrina.

      Like

  7. Toortsie
    Julie 30, 2014

    Sys pragtig. Geniet haar

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 29, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: