“Ag Moederrr, dink jy sy slaap? Jy moet stilsit, nou-nou val jy hier af!”
“Ag man, Ek het nie so lank nek soos jy nie… kyk net hoe lekker slaap sy!”
“Sy’t darem vet wangetjies gekry hê! …het jy gehoor hoe gesels Mia se Ouma met haar , siestog die ouma klink of sy haarself moed inpraat.”
“Gie,gie – ek het gehoor, ‘ oeg, Mia jou doek pong!’ ... enne ‘Mia,ek belowe as jy nou nie skree nie, sing ek vir jou ..tjoeke paf paf paf/ kom ons ry op die babatrein/opdraand op/ afdraand af tjoeke paf paf op ‘n stywe draf..’ Siestog die ouma moet skielik weer baie leer nê!”
…met liefde van ons twee so neffens jou kombersies..in die rakkie, in jou kamer by Ouma Dirkie se huis… op die hoek .
Oooooo dis te pragtig. Ronde wangetjies beslis! Dis die mooiste twee diere wat so soet sit en wag dat Mia moet wakker word.
LikeLiked by 2 people
Jy moes my gesien het… ek het die heeltyd met hul gesels..’nee man draai so sit so ” was half bang Iemand in die huis kom in die babakamer in..terwyl ek met selfoon die twee kiekie!
LikeLike
Dis regtig kostelik. Ek dink dit moet heerlik wees om so inte leef in die omstandighede. Geniet dit terwyl jy kan!
LikeLiked by 1 person
Dankie, hoop die kragte hou!! Ha , klink ek nou wraggies soos stokoumens!! Nee wat, solank die grysstof nog sonder obstruksies hou- gaan ek en Mia jollie tyd belewe. Dankie vir jou saamlees , ek waardeer dit opreg.
LikeLike
:D
LikeLike
Ooo,sy word mooi!
LikeLike
Die kindjie Mia se gesiggie verander so.. sy groei duidelik haar maerte in .
LikeLike
Ek is terug … nou kan ek lekker weer saamkuier
LikeLiked by 1 person
Jitte, amper soekgeselskap vanuit die huis oppie hoek gestuur..
LikeLike
Sy is dir prsgtigste ou engeltjie!
LikeLike
Oe ek wonder oor daardie engeltjiesindroom…ha ha vir Ouma en Oupa sal sy natuuuurlik so naby die hemeltrans rondbeweeg . Dankie vir die lees.
LikeLike
Dis so ‘n wonderlike ding wat jy hier vir Mia doen. Ek het so aan en af vir my seuns (met die tweeling was dit veral moeilik om tyd te kry of selfs net te onthou) ‘n joernaaltjie gehou. So ‘n week gelede sê my oudste (hy is nou 26) dat hy weer deur sy afskrif gaan lees het en hoe hy dit geniet het. Dis so maklik om dingetjies te vergeet of om bloot net nie by iets uit te kom nie.
LikeLiked by 1 person
Dit doen mens se hart so goed as kinders(grootmense) dit graag wil herlees, ek is baie spyt oor ek nie in my kinders se kleintyd blogs gehad het nie, dalk sou ek meer gereeld daagliks notas gemaak het. Dankie vir jou saamlees Katrina.
LikeLike
Sys pragtig. Geniet haar
LikeLike
Dankie Toortsie.
LikeLike