Woorde

Die stomme vrou

Die vrou met die oorgroot kamerjas en haar dik swart hondjie, loop ganglangs. Sit alarms af so vêr soos hulle beweeg.

Sy sluit die deur en veiligheidshek oop … die hond storm elke bak en blom en raak ontslae van sy nagtelike voorraad.

Sy, sy met die oorgrootkamerjas met haar insteek grys pantoffeltjies , die met liefdeswoorde bo-op geskryf in krulgeskrif en harte binne die pantoffeltjies , slof sit-tv vertrek binne.  Haar ou dikhondjie lê mos saans aan die man van die huis op die hoek,  se voete. Op ‘n vierkantmatrassie nogal met so sweedse gevoel materiaaltjie oorgetrek.

Die vrou met haar sleepvoetgang buk tel die matrassie op , dit te gaan bêre waar dit hoort. Sy, die middeljarige oorgewig vrou in haar oorgrootkamerjas , loop met die matrassie in haar hande. Elke hand weerskante die  matras hou sy  dit so knus vas. Langs die vierkantige sitkamertafeltjie verby  kom sy geslof en ..

..daar slaan sy soos ‘n dooie os neer ! Kon ‘n koei ook gewees het. Nietemin, haar volle oorgewig-dooiegewig, met die spoed van ‘n bejaarde slaan sy neer. Haar hondematras soos beskermengel onder haar gesig.(dankietog vir die klein genadetjies!)

Sy hik – (eintlik het sy geoefff)  met die valslag. Sy val plat so vêr as haar ou dae se 5voet 5 strek.Sy is in verstomming! Haar dik hondjie staan en tjwiettjwiet by haar onwaardige liggaamsposisie..haar groot slobber-Boerboelhond kom van buite af  aangewip en slobslob snuifsnuif by haar voete. Die stomme vrou met die oorgrootkamerjas, se man storm uit die kamer . Hy het die oef en slag ‘n volle 9 meter vêr gehoor.

Hy staan daar met brillose oë in verstomming.  Deur die slaap. Erg bekommerd…en hy roep ten Hemele na die Liewe Vader ” My liewe H…re,  my vrou !!!! Wat het jy gedoen?”

Sy het so met die matrassie ..regtervoet vorentoe getreë , linkervoet volg sy maat en trap toe die gryspantoffeltjie se binnesool vas iewers in die  vorentoe beweging,  weet die stomme vrou nie wat die een voet met die ander voet aanvang nie en haar val was groot. (Indien jy dit dalk wil nadoen ..jy doen dit op eie risiko, nê!)

Haar patella is seer – Linker been s’n (patella klink darem mooier as knie)

Haar linkerhand ..wel die wysvinger waar dit aan die hand heg- so poffierig blou, die handpalms rosig rooi. Brandend rooi.

Die regterhand se vingers stram, die regterknie  voel of hy ook maar met die houtvloer kennis gemaak het.

Sy, die stomme vrou , lê daar en dink “My skroewe ..my skroewe!!”  Dit is nou die voorraad in haar ou rug.. Nee wat Dr J het hul oordentlik vasgesit , niks pyn nie..alles is nog geheg.

Skielik besef sy , haar liggaam bestaan nie net uit vertrolletjies nie..daar is wel spiere wat alles aanmekaar hou.. die is skielik bewus van ‘n strekking wat hul ondergaan het..

Eintlik wil die stomme vrou met die oorgrootkamerjas net noem, sy pyn.

Hiermede gee die stomme vrou toestemming jy wat hier lees mag maar bietjie lag..

 

 

Advertisements

12 comments on “Die stomme vrou

  1. Net Ek
    Julie 31, 2014

    Ai dis darem erg!

    En nee, ek lag rerig nie. My ma het so ruk terug net orals begin rondval. Sy het twee keer ook van die trappe afgeval in haar huis, van die boonste verdieping tot onder. Geen idee hoekom nie, maar sy het haar dinges suur geval, ‘n paar keer. En dis sleg, want sy het altyd so gehuil en dan weet ek nie eintlik wat om te doen nie.

    Sy het darem intussen weer opgehou rondval! :lol:

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 31, 2014

      Ek het net gedink so is die mens – so keer mens terug weer na lompstadium soos kleintyd.

      Like

  2. Gogga
    Julie 31, 2014

    Lag is seker berter as huil. Solank mens nie te seer gekry het gaan ek dan so bietjie lag.
    Ha ha ha aha haa – –ha ha.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 1, 2014

      Ek het agterna nogal gelag, mens voel erg verleë , ai tog maar ek pyn steeds. Nou nie soveel dat ek moet dr toe nie..

      Like

  3. rondomtaliedraai
    Julie 31, 2014

    Ag nee man… mens moet regtig nie op óns’ouderdom so neerslaan nie. Bly jy is darem ok en niks is gebreek nie

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 1, 2014

      Danksy die dikhondjie se matras , anders was my wipneus definitief in ander vorm. Ek is altyd verskriklik bang vir val, veral met my rugstorie. Die pyne is nou nie dat ek hoef dr toe te gaan nie..

      Like

  4. Kameel
    Augustus 4, 2014

    Dirkie dankie vir die toestemming om so bietje te lag…. die prentjie is kostelik.
    Nee dit is nie ‘n grap om te val nie; bly jy het nie jou rug seergemaak nie. Hoop jy is kort voor lank weer reg soos ‘n roer.

    Liked by 1 person

  5. ddupl3ss1s
    Augustus 4, 2014

    Die bejaarde ou vroutjie se regterarm begin al stukke beter voel.. sien weer ook kans vir vinnig stap..het maar die simpel pantoffeltjies in snippermandjie gegooi. Ha , ek het ook maar so skeefweg ‘n simpel laggie gegee…

    Like

  6. scrapydo
    Augustus 9, 2014

    Genade mens dis n gedoente! Ek voel met jou! Het ook sulke valsessies mee gemaak. My eerste is ook is my skroewe nog vas! Laaste val was in ons winkelsentrum en het my gesig so hard op plaveisel geval dat ek uit soos n kers was. My regterarm en pols het erg seer gekry, maar nee, huistoe bestuur het ek gedoen. Moes 2x langs pad stop omdat ek wou flou word van pyn. Het eers volgende dag dr toe gegaan, Gelukkig was net gekraak en nis gebreek nie.
    Hoop jy pyne word gou beter en goed die pantoffels is weg

    Liked by 1 person

  7. Toortsie
    Augustus 3, 2015

    Gelukkig was dit ‘n jaar gelede! Als is hopelik weer op hul plekke. Fantasties geskryf.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 3, 2015

      Dankie Toortsie, wat is dat mens so lomperig raak, so asof gedagte en voete en kyk-waar-jy-loop nooit komunikeer nie, ouderdom verwante verstrooidheid, miskien.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 31, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: