Soms sien ek dinge padlangs wat my dae laat wonder en dink, die onthoubeelde wat ek nie uit my geheue uitgevee kry nie .
Oppad kies en betaal winkel toe – die man met die randsnyer wat ‘n klein oppervlak skoon zirr rondom ‘n gedenkkruis. Die bykomende struik wat geplant is. Die blomme . ‘n Klein gedenktuin. Ek wou al gaan kyk, daarteen besluit , voel soos iemand se privaatheid betree.
Sommer net nou die dag oppad , staan n vrou en ‘n man langs die pad. By ‘n ander gedenkkruis. Hy hou sy arms om haar skouers, sy staan vooroor krom en huil. Dae lank as ek aan die vrou dink, kom trane in my oë. Ek wou al gaan kyk , daarteen besluit, voel soos iemand se privaatheid betree.
Ry ons bo-oor die bruggie DrieRiviere toe. Die maer vroutjie met afkleur rooitrui- met haar rug na aankomende verkeer, staar sy oor die brug na die rivier se vloei. Doodstil. Ek hou haar dop so vêr soos ons ry in motor se kantspieël. Arms styf gespanne teen haar maer lyf. Ek wou graag dat ons stilhou en vra , daarteen besluit voel soos iemand se privaatheid betree.
Weke later ry ons op verskillende stadia op dieselfde roetes.
Ek sien die man en die randsnyer, ek sien ‘n vars blommekrans by die plek waar die vrou geboë gestaan en huil het en ek sien weer die vroutjie op die brug …. die onthoubeelde van mense wat emosioneel so bitter swaarkry.
Ek wonder- as ek langs húl pad in húl skoene sou staan , sou ek dat dié vrou in die kar wat so omkyk-omkyk verby ry – sou ek met haar my smart wou deel, of sou ek my smart, dalk (ook soos die verbygaande motoris dink) – as privaat wou toe kokon.
Sjoe ja, sulke dinge laat mens wonder.
My een vriendin het ook so gedenktuin met ‘n kruis langs een van ons paaie, vir haar kind. Dis hartverskeurend.
LikeLiked by 1 person
Miskien verstaan ek nie heeltemal hoekom hul die onthouplekkie oprig nie. Dalk is dit maar soos begraafplase waar mens soms deurstap en onthou.
LikeLike
Nee ek dink ook nie ek verstaan dit so mooi nie Dirkie.
LikeLiked by 1 person
Soveel seer laat mens sonder woorde… dankie vir die omgee…
LikeLiked by 1 person
Miskien voel ek skuldig oor ek nie daadwerklik uitreik nie..
LikeLike
Sommige goed moet mens alleen dra
LikeLiked by 1 person
Stem nie heeltemaal met my se suster dat sommige goed moet mens alleen dra… Sodra daaroor gepraat word word dit tog makliker om te laat los en dan te berus. Vreemdeling wat net n oor gee om te luister is baie belangrik
LikeLike
Ja. Mens weet nie wat jy moet doen nie. Dalk wil die persoon alleen wees. Dalk sou hul bly wees as iemand wat ‘n tydjie te spaar het, hul motor stop en net uitklim en langs hul kom staan?
Mense rig deesdae hierdie kruisies op omdat daar nie ‘n begraafplaas of ander plekkie is waar die persoon se oorskot is nie. ‘n Mens het ‘n afskeidplekkie nodig.
LikeLike
Net Donderdag toe ons oppad na my dogter daar tussen die mielielande toe is, het ek oor die kruise langs die pad gepraat. Dit lyk nie verwaarloos nie, daar is altyd blomme – al is dit ook plastiese blomme. Dink daar lê baie seer, en baie trane om daardie kruise.
Ek het twee vriendinne wie se seuns oorlede is. Met die een kan ek oor hom praat al besef ek sy gaan huil. Met die ander een durf ek nie waag om sy naam te noem nie. Sy het vir hom ‘n gedenktuintjie in haar agterplaas gemaak. Dit voel na ‘n plek waar die engele bang sal wees om te trap.
LikeLiked by 1 person