Woorde

Borduur

Modes in klere kom en gaan net soos  modes/giere- met stokperdjies.

Hierdie Blog – Borduur stokperdjie tersprake.   Ek is nou nie ‘n borduurder nie. Al waaraan ek  my moontlik skuldig aan mog maak,  is die geborduur met woorde. My Ma was lief om die uitdrukking te gebruik veral as jy nou iets wou mooipraat wat nou nie eintlik mooi klink nie-“watse geborduur is dit nou weer met woorde?”

Ek glo nie daar is jongelinge wat nog ‘n huweliksuitset maak nie- daardie lappies borduur/tafeldoeke . Meisiekinders is geleer om te borduur – te brei – te hekel, met die idee van voorraad   vir die Trouseaukis.  Siestog, met dié dat oorle Ma se oë so swak was , het sy altyd gevoel sy het haar plig nou nie nagekom nie- om die uwe al die kunsies te leer nie.. al het ek haar vele kere verseker ek hou g’n van naaldwerk nie. Miskien moet ek dalk nou begin leer.. waar ‘n wil is …!! Wil darem my stomme Moeder die krediet gee – sy’t altyd daardie liefde gekweek om meer van iets te wete te kom al het jy dit nou nie self beoefen nie ..kennis is mag sien!

Miskien het jy al van die 39 dae projek gehoor. Hierdie voorbeeld is van Pinterest af:

borduur3Jy borduur 39 vierkante vir elke jaar van jou lewe.  Sommige vierkante  sal seker groter wees , die idee –  dit moet 39 vierkante wees. Ek het nou nie gegoogle nie  – dalk is daar iets te vinde oor so ‘n projek.

Die ander borduur storie is die Sampler  –

borduur 2Gewoonlik ‘n liefdesboodskap  met goeters vasgeborduur  en woorde van liefde en mooi herinneringe… (Pinterest voorbeeld) Hoewel ek al voorbeelde van Samplers gesien het, wat meer bestaan uit voorbeelde van verskilende  borduursteke. Ek sien deesdae word woordborduur weer modeneiging.

borduur1..Jy kan natuurlik ‘n tongknoper ook borduur

of

van knoop gepraat – kortpad vat met ‘n knoop :

borduuren iewers so spinnekoppie optower…

 

Vrouedag strek genadiglik weier as om te borduur – nogtans, geseënd is die vrou wat so handig is met naald en gare .

 

*Vrouedag 9 Augustus 2011

Advertisements

9 comments on “Borduur

  1. rondomtaliedraai
    Augustus 9, 2014

    Ek hou van borduur Maar die bloggery maak mens se tyd aansienlik minder

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 9, 2014

      Neeee Tina – terwyl jy blog ..dink jy sommer klomp onderwerpe uit — soos ek met strykery doen /woorde/sinne/idees/temas… alles dit terwyl jy satynstekies borduur/of lang en kortsteke en dan kan jy ‘n hele blog skryf so saamgeflans met borduursteekname = hele storie op doek.

      Liked by 1 person

  2. Lewies Mymer
    Augustus 9, 2014

    My voorsate aan vroulike kant was hekelaars, nie soos in koggel nie!, en in ons huis is tallose lappies, runners, doilies, tafeldoeke en andere .Daar was ook ‘n geraamde Onse Vader wat genadiglik elders ‘n tuiste gevind het.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 9, 2014

      Hekel is deesdae vreeslik mode… blokkies hekel, maar ek kom nooit by 4 blokkies uit nie dan is ek al moeg vir die patroontjie…

      Like

  3. scrapydo
    Augustus 9, 2014

    Ek het ook al miljoene (dis hoe dit vir my voel) gehekel, gebrei, geborduur. Nou rus ek en voel gladnie sleg daaroor nie. My seun verjaar op vrouedag. Ons het altyd gese toe hy nog in die skool was dat Mr Mandela spesiaal die dag as vakansiedag vir hom gemaak, ha ha

    Liked by 1 person

  4. ddupl3ss1s
    Augustus 10, 2014

    Ek weet nie wat is dat ek so spartel om tog gemotiveer te word net om enige naaldwerkerige ietse te maak , nie. (Hopelik is my dubbel-nie regggeplaas) Dink dit was Henry van Litnetblogs wat gepraat het van’ skoon uit sy sin ge-nie…’indien nie – maak ook nie saak nie!

    Like

  5. Kameel
    Augustus 11, 2014

    Ek sou sowaar nie omgee om allerhande mooi dinge te borduur nie, maar wat gemaak as ek nou klaar is daarmee? In my jongerdae was dit lappies, en spieëlrame, en kussings en, en en totdat almal keelvol was daarvan. Ken was tot “bang” sy overalls loop deur :) Nou lees ek maar en laat sak my kop as die Spreuke 31 vrou my byval.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 11, 2014

      Ek hou net van klein goedjies maak ..so afrondingkie..klein blommetjie in die hoek van waslappie vir iemand in die ouetehuis..of so ietsie

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Augustus 9, 2014 by in Stokperdjies.

Blog Stats

  • 17,699 hits
%d bloggers like this: