Woorde

Liewe Mia

Liefste Mia , ek kan steeds nie glo jy is al ouer as  twee maande  nie.Skielik het jou wasige baba ogies glans gekry. Blink blou. Kwaai blou soms traanblou.

Ek het nou die dag vir Oupa geroep , hy moes kom kyk. Jy’t mos weer daardie styfskop met jou bene geskop … toe roep ek hom ‘kom kyk, kom kyk!’ Net so blou soos Ouma se Woolies Koffiebeker se blou – so middernag blou. Mensig, ons kon ons oë nie glo nie – so klein mensie met ronde wangetjies  wat so blitsblou ogies kry en dit oor ..oor … ek weet wraggies nie, maar jy was vies. Hmm, ek sien die oorerwing van twee mense se persoonlikhede in een klein sagte lyfie vasgevang… ai ai!!

Ek dink wat ek en Oupa uit ons nate wou laat bars het.. was jou eerste breë glimlag ..en soos Oupa bygesê het ” ..en die glimlag het ‘n klank ook bygehad!”  Toe beleef ons twee oumense waarvan alle oumas en oupas ons van vertel het , daardie tedergevoel oorweldigend in ons harte. Liefde .

mia e Ouma het net gehoor daar word kliphard gesels toe loer ek so suutjies om die kamerdeur. Ek wonder waaroor het julle twee so lekker gesels?

doepie en MiaAg en toe daardie drukkie…

doepie en mia2..Mia, ons is bitter lief vir jou …

 

Liefde

Van Ouma en Oupa.

 

Advertisements

14 comments on “Liewe Mia

  1. perdebytjie
    Augustus 12, 2014

    Wat ‘n ou skatjie!Sy is bevoorreg om so ‘n oupa en ouma te hê.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 13, 2014

      Dankie Perdebytjie, ons kom agter die wakkerbly ure raak langer en dit is nou waar al die praatjies gemaak word.

      Like

  2. rondomtaliedraai
    Augustus 13, 2014

    Ag dis te wonderlik… sy kry haar persoonlikheid

    Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    Augustus 13, 2014

    oooooo nou het ek ‘n laaaaannggg kommentaar verloor

    Liked by 1 person

  4. monicahaddad01
    Augustus 13, 2014

    ….en sy is in die mooiste kleertjies uitgedos!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 13, 2014

      Wens ek het haar klerekas gehad… so lekker bederf deur almal lief en dierbaar

      Like

  5. Toortsie
    Augustus 13, 2014

    Ons verstaan…. sy’s pragtig!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 13, 2014

      Ek dink alle babas is alte dierbaar … mens sien darem die geaardhede raak van die ma en pa en dit in so klein mensie.

      Like

  6. Net Ek
    Augustus 13, 2014

    Ag is sy nie te pragtig nie! Ek sal daardie wangetjies opsoen. Pragtige foto’s van haar en oupa!

    Daai drukkie maak sommer my hart warm en snoesig voel!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 13, 2014

      Die Oupa kry die mooiste oopbek glimlaggies .. ek en Mia se Ma voel so half afgeskeep… die Oupa smelt(so kwaai soos wat hy was so verteder hy by Mia)

      Like

  7. Lewies Mymer
    Augustus 13, 2014

    Hehehe! Regte oupa- koetsjie-koe!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 13, 2014

      “Oupa wil jou sommer doooood-druk!!” hmm die klein meisiekindjie gaan Oupa om die pinkie draai.

      Like

  8. scrapydo
    Augustus 16, 2014

    Pragtig! Dis darem maar n wonderwerk on so n klein mensie daagliks te sien verander

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Augustus 12, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: