Woorde

BEEP BEEP BOOP ?

Beep beep boop…?

Verandering van spyse?

Nou nie dat ek bollemakiese slaan oor die verandering op julle spyskaart nie.

Dit is duidelik dat ek ‘n persoonlikheid het wat hou van ou geykte gewoontetjies..en as jy nou verander na beep beep boop .

Hoekom?

Alles wat helder was is skielik wasig bleekblou met simbooltjies…

Hmm, miskien moet ek ernstig met myself begin gesels oor veranderinge en verbeteringe en uiteindelik die plusse – minstens kry ek ‘n blog geplaas .

Iemand in hierdie huis vertel altyd “As jy lees kan jy presteer. ” Net toe ek oor die gebeep klaar gekla het ..sien ek die kennisgewingkie ..mens kan kies . Keuse , ou styl of die nuwe beep en bop !!

Ag wat …mooi Saterdag vir almal hier teenwoordig…

 

Advertisements

17 comments on “BEEP BEEP BOOP ?

  1. scrapydo
    Augustus 16, 2014

    Het presies soos jy gevoel toe hy sommer hier op n vreemde manier vir my wys waar om my pos te skryf. Brom brom het ek so twee keer dit gedoen en sie daar daar ontdek ek ook dat mens net kliek op oue en woerts weg is die ge – beep en wat ook al

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 16, 2014

      Ek het sommer so sit en lag vir myselwers… maar ag wat toe het ek klaar my woorde gebeepbop , toe laat ek dit maar daar as bewys van my Man se geliefde spreuk van lees en presteer…

      Like

      • scrapydo
        Augustus 16, 2014

        Is nie te erg nie, ek hou egter daarvan om te weet wat gebeur en die nuwe een het so skielik op my afgekom dat dit my onkant gevang het. Was bang ek pos hom na n plek waarheen ek nie weet waar nie, Ha ha!

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 16, 2014

        Laank terug in my beginjare van blog ..het ek menigmaal goeters geblog en geplaas wat nou nog iewers in die kuber rondswewe- ek mis daardie blogs soos vriende !! Ha.

        Like

      • scrapydo
        Augustus 16, 2014

        Ja, die lewe is interessant en die bloggery daarmee saam

        Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    Augustus 16, 2014

    Ek wonder ook maar net. Lekker naweek

    Liked by 1 person

  3. dolosgooi
    Augustus 16, 2014

    Ek het nie eens die keuse raakgelees nie, maar is darem die beep-bop gewoond nou.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 16, 2014

      ..miskien moet hulle so jollie musiekie saam met die bop plaas.. dink net so entrada tot ‘n blog!

      Like

  4. melouisef
    Augustus 16, 2014

    Blykbaar as jy na jou dashboard gaan en afscroll na Posts kry jy nog die ou een sonder al die geraas?

    Like

  5. kellyseblog
    Augustus 16, 2014

    Nog nie ondervind nie, maar nou is ek gewaarsku vir wanneer ek weer post!

    Like

  6. perdebytjie
    Augustus 16, 2014

    Ek kry lankal die beep beep boop gedoente.Waar verander mens dit?

    Like

  7. Kameel
    Augustus 18, 2014

    Klink asof ek na ‘n gesprek uit .n vreemde land luister. Ek weet nie van beep of ‘n boob nie; is hulle susters :lol: Miskien loop ek hulle ook iewers raak.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 18, 2014

      Nuwigheid by Wpress, as jy ‘new post’ wil maak kom daar sulke beep beepboop woordjies sirkeltjies en draai so asof dit ‘n trom geroffel is ,, dan eers open die plek waar jy kan blog.. maar so bo aan die skryfdeel is daar so kennisgewing wat jou keuse gee .. vorige stelsel kan jy kies…

      Like

      • Kameel
        Augustus 21, 2014

        Dankie Dirkie. Sal beter moet blog sodat ek ook die gebeep en geboop kan ondervind. Hierdie draai van die weer het my vas aan die slaap; net te veel moeite om my breinselle te laat werk.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 22, 2014

        Nee wat …die Lente loer .en ek wag .

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Augustus 16, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 16,972 hits
%d bloggers like this: